Dankie Geno
Plaashaas, nie om lelik te wees nie maar het jy my post gelees? Dit is so goed my vrou vra my om melk te gaan koop en ek kom met 'n coke by die huis aan ... mens kan tog altwee drink?
Met 'n red dot en magnifyer raak selfs 'n 2 MOA dot moer groot en gaan beslis nie vir my werk nie. As dit moet sit ek eerder vir my 'n aparte RDS op 45 grade, maar dan sal die spesifikasie van die scope ook verander en hoef die laagste vergroting nie meer 1 te wees nie.
Op die stadium lyk die Vortex Strike Eagle 1-6x24 na 'n baie goeie opsie (en hulle behoort beskikbaar te wees teen die tyd wat ek my geldjies reg het)
http://swfa.com/Vortex-1-6x24-Strike-Ea ... 79101.aspx
Ander scopes waarna ek gekyk het is soos volg:
Sightron 1-7X24, die oop turrets pla my op die scope.
http://swfa.com/Sightron-1-7X24-S-TAC-3 ... 75482.aspx
Die SWFA SS HD 1-6x24 lyk ook goed maar die field of view is bietjie kleiner en hy kos bietjie meer. Ek hou van die reticle en hy is FFP.
http://swfa.com/SWFA-SS-HD-1-6x24-Tacti ... 53845.aspx
Die Vortex 1-6x24 Razor HD is maar dieselfde as die goedkoper model, maar hy sal beter lense en meer betroubare verstelling hê.
http://swfa.com/Vortex-1-6x24-Razor-HD- ... 67733.aspx
Trijicon 1-6x24 VCOG
http://swfa.com/Trijicon-1-6x24-VCOG-Ri ... 70218.aspx
In terme van prys sal die March 1-10x24 seker op die punt inpas en dan kom die S&B 1-8x24 PM ShortDot teen amper $3600
Watter ander 1-6x(of groter) scopes is daar nog? (nie Leupold nie asb, hulle val bietjie uit die bus in die katogorie en die VX6 is meer gemik op jag)