Page 1 of 1

Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 7:57 am
by vratvark
Die mediese prof stap saam met 'n groep studente deur 'n hospitaalsaal en toets hul diagnostiese vermoe. Hy peper hulle met quickfire vrae en verwag onmiddelike antwoorde.
By een van die beddens verloop die toets so:
Professor: Simptome?
Student: Hoofpyn, seerkeel en hoe koors, professor.
- Diagnose?
- Verkoue, professor.
- Behandeling?
- Disprin, professor.
- Dosis?
- Koning, professor

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:03 am
by Jake1
;D

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:18 am
by VdWalt
Waar is die dae toe baas nog baas was...?

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:47 am
by Gawie(13mm)
"......,maar brandewyn, hap, hap so aan sy gat!" >:D

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:16 am
by JacquesT (Stompe)
;D ++>: ++>: ;D

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:29 am
by Finfan
Het nou lekker gelag!

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 12:11 pm
by Jake1
Storie gehoor iemand was op n groot jagplaas paar jaar terug, hulle sien toe die Amerikaners van voor af kom met n Cruiser, toe skree die amerikaanse vroutjie vir hulle vuis in die lig: "dous ies koning." Die storie kom toe uit die Amerikaners het die vorige aand saam met die boertjies gebraai, die boertjies het haar toe so lelik geleer en vir haar gesĂȘ dit beteken heel iets anders...... ;D

Re: Diagnose

Posted: Tue Mar 17, 2015 2:32 pm
by wlm
'n Pel van my neem 'n Aussie en sy vriendin saam op 'n voorsitjag. Toe ons die 3 by hulle sitplek aflaai skree die een man vir hom dat hy moet onthou as die meisie "No" skree beteken dit "stop" en nie "dadelik" nie. Nodeloos om te se^ het almal op die bakkie hulle geskeur van die lag, hy het bloedrooi gebloos en die Aussie en sy meisie was clueless.