Page 1 of 1
Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 4:13 pm
by Kolhasie
Dag almal.
Ek wil so roep stok koop vir baber hengel.
Wat kos die stokke min of meer? Dis hoef nie die beste te wees nie maar net vir speel in die water..
Groete KH
Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 4:15 pm
by DWB
Ek het myne lank terug gekoop, maar hulle moet seker nou al amper R1500-2000 wees?
Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 4:16 pm
by Geno
Blue Marlin 8'6" roepstok kos nou R1450.00
Ekself soek een.
Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 4:17 pm
by DWB
Daai is van die grootste pret wat 'n man met jou broek aan kan hê.
PS dit sal riskant wees om dit sonder jou broek te probeer

Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 6:40 pm
by Frederik
Verskoon die dom vraag maar wat is 'n roep stok?
Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 6:46 pm
by henried
Re: Roep stokke
Posted: Wed Mar 18, 2015 9:14 pm
by DWB
Hel Henrie, ek het daai stukkie laaaaank terug geskryf
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:35 am
by Kolhasie
Dankie aan almal.
Ek gaan die naweek loer vir so stokkie. Is daar enige katrol wat julle voor stel?
Watse lood koppe gebruik mens?
Groete KH
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 9:46 am
by Jake1
Katrol is penn tipe lekker dik lyn of groot baitcaster met dacron/gevlegde lyn so swaar as moontlik. Groot loodkoppe by plekke waar babers sku is of punkinseed waar hulle op karpies jag soos bloemhoff dam. Ek maak sommer self my punkinseeds, in plekke soos bloemhoff is groter beter. Bernard Venter, President of skakelbeampte vir kunsaashengel SA se seun Ruldolph vervaardig die loodkoppe en bemark lume mad pumpkins, hulle sal jou ook kan help met n roepstok. Ons wil binnekort weer n klomp ouens Bloemhoff toe gaan om babers te roep, julle is vry om ons te join dan kan ons n lekker kompetisie hou en tips bymekaar kry. Ruldolph kan jy hier kontak.
https://m.facebook.com/groups/267892229 ... mail_notif . Ons het sommer al met gewone stokkies ook geroep. Ek dink DWB is die pro op hierdie gebied?
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:19 am
by Frikkiedbr
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:28 am
by Jake1
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:43 am
by henried
Heng, dit lyk na pret!
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:44 am
by Eugene
Ek onthou die eerste keer wat ek gaan babers "klop" het.....
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:51 am
by Jake1
Eugene wrote:Ek onthou die eerste keer wat ek gaan babers "klop" het.....
Klop met .22? ........ in ons plaasdam

Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 10:58 am
by Jake1
henried wrote:Heng, dit lyk na pret!
Henried dit is n extreme sport. In bloemhof loop mens lekker ver in om te roep, dan swem hy sommer van agter tussen jou bene deur en gryp hom. In bloemhoff kry mens hulle maklik oor 15kg. Ek het gesien hoe pluk n 18kg baber een van my pels se voete onder hom uit met die grypslag.

Hulle pluk die ouens baie keer van die bote ook af.
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 11:25 am
by Eugene
Ek het dit maar geleer as "klop". Ons doen in meestal in die Vaalrivier van 'n kanoe af en ek was al self een keer amper in die water! My grootste so was 21kg en daai perd het my besig gehou met die klein stokkie. Ons gebruik sommer Bass stokke daarvoor en Shimano Kulkatta katrolle met braided lyn. Toe daar nog baie hiasinte in die rivier was, was dit maklik om net op die rand 'n bietjie te klop, deesdae moet mens mooi kyk onder die bome met voëlnessies in.
Baie lekker tydverdryf hierdie!

Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 11:29 am
by Jake1
Hier is een wat ek met roepmetode gevang het, lekker gestoei
http://s1087.photobucket.com/user/jake1 ... 1.jpg.html
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 11:44 am
by Kolhasie
Manne dit lyk heel gaaf. Ek kom ook agter die stokke is nie so baie beskikbaar nie? of kyk ek verkeert?
Sal ek in upington reg kom met so stok of daar rond?
Groete KH voel soos n klein kind met nuwe speelding wat opad is!
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 11:53 am
by Eugene
Jy kan eintlik met enige stop roep/klop, die regte stokke maak dit net makliker, want die lyn koek nie om die voorste ogie nie. Ek gebruik lekker sterk bass stokke, maar klop meestal uit 'n kanoe uit...
Re: Roep stokke
Posted: Thu Mar 19, 2015 7:42 pm
by Frederik
Jaco, daardie olifants by julle behoort vet pret te wees op die metode.
Re: Roep stokke
Posted: Fri Mar 20, 2015 7:08 am
by Jake1
Frederik ja dit werk, in die olifants moet mens baie sagter roep en loodkoppe gebruik. Wat lekker werk is as mens n boom oor die water kry met baie voëlmis op of rots in die water met voëlmis dan doen mens buddy casting by dit met wit pumpkinseed, hulle gryp hom dan soms terwyl hy sink en dan skrik jy jou self in n ander geloof in......

Loskop dam se bome in die water werk veral beste vir hierdie metode.
Re: Roep stokke
Posted: Fri Mar 20, 2015 10:29 am
by Rasmus
" en dan skrik jy jou self in n ander geloof in......"
Ek kan net dink! Kyk hier is groot babers in die olifants. Ek het toegang tot een of twee mooi plekke waar daar nie baie mense kom nie ( eintlik niemand) dit is ongelukkig net bitter vêr en moeilike stap om by die spots uit te kom!
Sal self die storie wil try.