Die Army is lekker!

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Die Army is lekker!

Post by Williel »

Die Army is Lekker
Liewe Ma en Pa,Dit gaan goed met my en met julle?Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf. Nikse gevarke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks! Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water.Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterkop steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffieleef, gaan sit. Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse,wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie myplek om hom reg te help nie. 'n Roetemars is omtrent so vêr soos totby ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almal ry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor.Ek bly medaljes kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai bliks% # seVenters van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training". Jy stoeimet die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want hulle kry maklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe virGroot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik150kg, droë gewig.Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouensuitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom! Julle liefdevolle dogter,Ester Swart
Groete, Willie
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Die Army is lekker!

Post by Finfan »

Het nou lekker gelag. :laugh: :laugh: :laugh:
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Die Army is lekker!

Post by Heinz Petersen »

Ja, dis n lekker een.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Die Army is lekker!

Post by Supacow »

Ester was seker ook n rekkie?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Post Reply