Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Wat is die verdict op herlaai van Hornady doppe? Meer spesifiek vir die .243 en .22-250. Gee die doppe redelik konstante performance of wat is julle ondervinding?
Ek herlaai meestal PMP doppe maar ek het die laaste tyd redelik baie Hornady ammunisie geskiet en Hornady doppe is ook redelik beskikbaar hier rond te koop. As hulle goed genoeg of dalk beter is as PMP doppe is dit dalk eerder die moeite werd.