Dagse.
Ek kom verlede sondag na n 5 dae jag op Northam, moeg en met n departure agrettion babbie na saterdag aand se groot kuier, rustig oor die treinspoor by Bloubul, tussen Thaba en Brits, koeltrailer agter die Sani, toe so duk verkeersman die vinnigste beweeg wat hy seker in jare gedoen het en my aftrek.
Eks haastig, daars manne wat 12h00 wild inbring, en dis klaar laat! Ek bly sit, sit flikkers aan, briek, en toe wink die meneer van agter af dat ek moet kom. Ek klim uit, maar hou my kalm. Sir the trailers licence where is it? Ek stap trug, en kry die lisensie in die konsole en gee dit vir die meneer. Toe begin die drama.
You fail to display it sir, but the fine is just R100.00. Ek weet toe klaar die soek nou daai R100.00, en besluit net daar en dan ek sal dit nie gee nie. Ek se skryf pappa, skryf.
Hy laat staan my toe wragtag 35 min daar, en die ergste van al, sy mooi nuwe bakkie staan en idle die heel tyd, en sy net so duk sussie sit binne in met die aircon aan!!
Ek wi, nou n vertoe na die aanklaer skryf. Dit help nie mens sit die lisensie op die trekstang as jy so baie grondpad soos ek ry nie. Die klippe slaan die glasie stukkend en dans die disk in elk geval in sy mikke met die water.
Ken iemand dalk n aanklaer op Brits?
Ekt nou besluit ek gaan die lisensie op die agter kant van die koeltrailers sit dat die ape sommer in hom vaskyk as hulledie flikkers chek!!
Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Gewoonlik is dit net een van die aanklaers wat met verkeerssake werk. Vra daar by die hof, hulle sal jou in die regte rigting wys. Rig skriftelikke vertoeë, in ingels. Hou die betoog kort, so 3-4 sinne. Vra dat die klagte teruggetrek word. Gaan handig die briefie in en vra wanneer jy 'n beslissing kan verwag. Wees maar beleefd... Dit werk gewoonlik.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Robbie ek dink jou lisensie moet vertoon word dieselfde as nommerplate.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Ja nee ek weet dit Jake, maar die klippe moker die houer stukkend, ekt al hoeveel keer duplikate moes gaan kry. Toe besluit ek ek hou hom in die bakkie. Seker al 10 keer gestop, en as ek hom wys en se hoekom ek hom nie opsit, verstaan die beampte heeltemal. Die dikgat het net n bribe gesoek.
Ek het maandag een van daai lisensie houers wat die grootmtrokke op hulle trailers het gaan kry, en hom agterop reg langs die nommerplaat vasgesit.
As die meneer my geskryf het vir my veiligheidsgordel wat ek ook nie aangehad het nie, was dit n ander saak.
Ek sal ma n mooi briefie skryf en as ek weer Brits toe ry die aanklaer gaan sien.
Hier staan hy met die lisensie in sy regter hand.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Robbie ja, hulle soek bribes, ek verstaan jy wil dit uit beginsel nie betaal nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Robbie jy kry lisensie houers wat hulle op die groot trailers gebruik. Hulle is baie sterk en jy kan die houer aan die kant van jou sleepwa monteer. Ek het dit gedoen en nog nooit probleme gehad nie. In van der Hoffweg is daar 'n plek met die naam van Henred Fruehauf wat die houers verkoop.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Ken iemand die staatsaanklaer op Brits?
Ek het so een opgesit sommer reg langs die nommerplaat.