308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Hein M. »

308-manne

Help asb. Ek het 'n baie ou blik S321 (Lot 75) en wil 'n begin -en maks lading hê vir 'n 143gr FMJ (Magnus-koeël), om kolganse mee te looi met my RSA. Die gewig is nie in Somchem se boekie nie.

Laat hoor gou asb.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3612
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Fanta300 »

Volgens generiese syfers in QL begin so by 45gr en maks 49 gr.

Ek aanvaar geen verantwoordelikheid nie. Bly jou besluit.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by tripodmvr »

Fanta se 45gr is 'n gemiddelde lading met berekende 50K psi druk. Met 'n 24 duim loop moet jy nie sommer 2900vps oorskry nie. Dit begin hier by 47gr reeds gebeur as die' Lot dryfmiddel reg is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Plaashaas »

Val ek amper uit my bed uit..... 308 met n 43gr FMJ! Klink vir my na 3400fps+
Laat my weet waar kry jy .30 43gr's ek wil hul deur my crony gooi
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Hein M. »

Plaashaas wrote:Val ek amper uit my bed uit..... 308 met n 43gr FMJ! Klink vir my na 3400fps+
Laat my weet waar kry jy .30 43gr's ek wil hul deur my crony gooi
Ek het 'n paar 000 ;) Paashaas... Maar dis onder die kombers 8)

Die ladings lyk hoog. My broer skiet jakke met 125gr Nosler met 45.5gr S321 as die wind effe stoot die aand. Stilaand pomp hy hom met die 243 en 70gr. Nosler BT's.
Het gedog my lading sal dan ietwat laer wees. Gaan dan wel met 43.5gr begin en kyk hoe die dinge loop.

Dankie pelle! Mooi aand!
Gerhardus Nel
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Wed Mar 12, 2014 6:06 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Gerhardus Nel »

Ek skiet 55gr Nosler BT met 45gr S341@3980FT/s op .243
-------------------------------------------------------
CZ 455 .22 Lam/Thumbhole
Musgrave Littleton RSA .243 Ackley
Winchester Supreme O/U 12Ga
Sako a7 Roughtech 7mm Rem Mag
Mauser M03 458 Lott
PSE Full Throttle
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Gernie »

Standaard 243?
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by tripodmvr »

Kêrels, hierdie post rafel nou uit. Kom ons hou by 308 en 143gr koele.

Johannes, afhangende van looplengte en werklike patroon wat jy gebruik kan dit nogal fris drukke wees wat jy by uitkom. Maak 'n nuwe post as jy wil hê ons met daaroor praat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
WILDCARD
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Thu Oct 30, 2014 8:34 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by WILDCARD »

Ek herlaai vir my FN FAL (R1) met S321. Ook 143gr FMJ punte. Moet se die R1 se loop is 21" lank en ek skiet net teikens vir sport doeleindes.
Ek laai 42.5 gr S321. So spoed is nie n vereiste by my nie maar met daai laading is ek tevrede en akuraatheid is goed genoeg vir my.
Hecklor & Koch USP Compact 9mm (The best you can get-Blood diamond)
Vektor Z88 (Old faithful till death do us apart)
FN FAL (Die BAAS en klaar.)
Musgrave 12 (Musler) Pomp aksie
Vektor LM5 (LIW gemaak)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by tripodmvr »

Dakie gee 'n idee - ek neem aan dit het genoeg druk om die aksie se heraaisiklus te voltooi Hein sal sekerlik bietjie platter wil skiet synde kolgaanse soms wyd kan sit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Gerhardus Nel
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Wed Mar 12, 2014 6:06 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Gerhardus Nel »

Ek het n vriend se .308 CZ gelaai met 150gr SST's en S341 kryt, groepings was baie goed alhoewel ons nooit spoed gemeet het nie.
S341 is net bietjie geniepsig as die dag temperature aan die warm kant is.
-------------------------------------------------------
CZ 455 .22 Lam/Thumbhole
Musgrave Littleton RSA .243 Ackley
Winchester Supreme O/U 12Ga
Sako a7 Roughtech 7mm Rem Mag
Mauser M03 458 Lott
PSE Full Throttle
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by william007 »

As ek mag vra sal julle reken S321 is better by 308 as S335 kom ons se met 150gr punte of reken julle dit eerder vir ligte punt op 308.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Hein M. »

william007 wrote:As ek mag vra sal julle reken S321 is better by 308 as S335 kom ons se met 150gr punte of reken julle dit eerder vir ligte punt op 308.
Jy kry uitstekende akkuraatheid met beide poeiers. S321 is egter baie herlaai vriendelik - maar ongelukkig temperatuur sensitief. My broer, Mossie, ook daar in Vredendal laai net met 321. Ek laai weer net met 335, behalwe nou - want ek het 'n ou blik 321 persent gekry.

Die 308 kaliber is so lekker om te laai, so jy kan kies en keur tussen poeiers en punte - en hy bly super akkuraat.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Gernie »

Dink ek gaan S321 ook probeer in 308, dalk met 125gr punte.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Hein M. »

Gernie wrote:Dink ek gaan S321 ook probeer in 308, dalk met 125gr punte.
My broer het by Wildman 'n pakkie Nosler BT 125gr gekoop (moer duur) en ladingontwikkeling met 321 gedoen. Die lading wat die beste groepeer het was 45.5gr.

Hy wil op winderige aande dit as 'n alternatief op die jakke gebruik.

Ek sal voorstel dat jy op 44gr begin en met inkremente van .3gr opwerk. Laai 3 patrone van elke ladig en kyk hoe dit groepeer. Die langer jump van die korter 125gr koeëls het nie 'n erge effek op akkuraatheid nie.

Hou maar die patrone in 'n droë koelsakkie, want 321 en hitte is nie pelle nie...
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308: Hoeveel S321 agter 'n 43gr. FMJ

Post by Hein M. »

Ek het toe vanmiddag met my Plank gaan ganse en wildemakoue looi. Ek het die lading mooi uitgewerk vir 200m (45.5gr S321 agter 'n 143 Magnus). Daar is geen druktekens op die PMP 8) doppe nie ;D
Klap darem toe 2 ganse op 180m en 220m onderskeidelik. Ek is nogal verbaas met PW se koeëls ;)
Post Reply