SUV

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

SUV

Post by Danie01 »

Hallo manne

Ek wil vir my n voertuig koop vir werk doeleindes. Ek gaan langafstande ry wat swak en grondpaaie ook insluit. Sal nie baie grondpad ry nie maar wel soms nodig. Ek is n bourekenaar en het elke maand een of twee vergaderings per "site" en afstande wissel van 50 tot 1000km van my kantoor af. Ek werk meestal in die Noordkaap so die afstande is wyd.

Ek het gedink die SUV / crossover tiepe karre sal goed werk, alhoewel 'n dubbelkajuit bakkie ook sal werk. Ek het na die volgende gekyk:
Ford kuga
Tiguan
Mazda CX5
Rav4
Ford 2.2 DC
Mazda BT50DC
Isuzu 2.5DC

Ek ry baie vir die staat wat jou 'n tarief per km betaal gebaseer op jou engin grootte (cc) en dis hier waar dinge my kop n bietjie laat krap. Ek hou baie van die kuga, maar hul het die 1,5L engin waarvoor ek minder betaal word en dus duurder aan die einde van die dag uitwerk, so dat die 2.2 ford DC met laer brandstofverbruik my goedkoper uitwerk, maar dis dan die goedkoper een met omtrent niks ekstra's nie.

As ek na die suv's alleen kyk werk die Rav4 en Mazda CX5 my die goedkoopste uit per km, maar ek ken nie regtig die karre nie. Het julle ondervinding met hul?

Watter SUV sal jul manne kies en hoekom? of sal jul eerder n dubbelkajuit bakkie ry voor SUV. Is daar dalk ander opsies wat ek miskyk en beter vir my doeleindes sal werk?

Groete
Danie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: SUV

Post by PWV »

Danie, het jy al na die Nissan X-Trail gekyk (diesel)?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: SUV

Post by Lamtjop »

Danie, jy kan gerus die mazda cx5 gaan bestuur, sy binneruim is Vêr beter as die ford's sin en hy ry bitter lekker. Ook is sy prys nou baie kompeterend, die 2L auto kos nog net soveel soos 3 jaar terug. Gee so 12Km/l. Maar nou is die diesel ook in SA beskikbaar as jy diesel wou gaan. Plus hy is die mooiste van die lot. Groete
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: SUV

Post by ruaanb »

Die diesel kuga is n fantastiese motor
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: SUV

Post by VdWalt »

Ek het 'n Tiguan TDi vir 4 jaar gery. Ek het hom verlede jaar Augustus verkoop en mis hom elke dag. Ek het lekker grond pad gery en paar keer het sy 4x4 vermoë regtig verbaas. Op die long pad het ek as ek mooi ry. 140kph so 6l per 100km gekry. Van Jhb tot in PE gery met 'n tank diesel. 65l tank.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: SUV

Post by VdWalt »

Ek sal nie baie en baie slegte paaie met hom ry nie maar so once in a while, no problem.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: SUV

Post by henning »

Danie, het jy al gedink aan Volvo. SUV, AWD ongelooflike ry gerief met baie ekstras en van die veiligste op die pad.
As jy hom eers gery het sal jy besef waaroor dit gaan.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: SUV

Post by Giepie »

'n Kollega van my het sou twee maand terug 'n Mahindra xuv gekry. Is nogal beïndruk met dit.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: SUV

Post by Danie01 »

Henning ek het na volvo gekyk maar hul is dam in n heel ander prysklas.

Lamtjop, hoe is mazda se diens en hoeveel kos dit teenoor ander? Hoe vergelyk mazda se tweedehandse waarde met ander? Ek lees goeie reviews op internet oor cx5

VdWalt, ja my vriend ry ook diesel tiguan, goeie kar en ekonomies, maar klein boot, swak spaarwiel en diensplan en waarborg korter of minder as ander.

Om PW, nee ek het nie na hom gekyk nie en dink selfs die qashqai kan ook n goeie opsie wees?

N ander opsie is die kleiner klas suv soos ecosport, seker nie so luuks nie en groot nie maar meer ekonomies en ook veilig op pad net nie seker of dit goed gaan wees op langpad nie?
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: SUV

Post by ANDRIES »

Ek het 'n diesel Kuga in AWD.Fantastiese kar met 'n massiewe kattebak.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: SUV

Post by DWB »

Ons het nou so tussen my en my ouers al 5 X-Trails gehad (Het nogsteeds 2) en was nog met elk een beindruk!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SUV

Post by Carl »

Danie
Julle het 'n Subaru agentskap in Kimberley. Outback petrol of Diesel, ek dink die ouer model gaan nou afslag op hê. Of dan die 2015 een. :)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: SUV

Post by DanieDegenaar »

Ek sit self in daai bootjie. Ek moet se van almal waarna ek al gaan kyk het is die CX5 2.2 diesel wat nou uit is bo aan my wens lysie. Hy gee ook 5.7l/100km wat baie beter is as enige ander.

Maar my hart trek maar altyd bakkie se kant toe. As bakkie ry in jou bloed is gaan dit maar moeilik wees.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: SUV

Post by PWV »

DWB wrote:Ons het nou so tussen my en my ouers al 5 X-Trails gehad (Het nogsteeds 2) en was nog met elk een beindruk!
Deon, ek het 'n 2009-model diesel. Kry 14 km/l as ek nie oor 120 ry nie - met lugreëlaar aan.
As my skip kom, koop ek weer een!
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: SUV

Post by matewis »

Ry self X-trail, 2007 2.5 Petrol - Gaan hom ry tot hy nie meer kan nie. Weet daar kom 'n nuwe ontwerp uit wat groot verandering gaan wees. Ek hou egter van die huidige shape. Sal ook soos oom Pieter hierbo noem dan kyk na 'n 2l diesel om te help met die verbruik.

Ek sal hom voorstel, of 2.2 Ranger as jy bakkie wil gaan.

Geniet die shopping
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SUV

Post by Capt. Yoda »

Tussen daai sal ek die Kuga vat anders Peugeot 2008. Gaan sit in hom en jy sal nie weer na die ander kyk nie. Langpad kyk jy na so 18km/L en jy gaan baie baie lekker ry. Jy sal ook sien die Peugeot se diens plan, roadside en motor plan blaas die ander uit die water, jy gaan basies net tyres en petrol self betaal. Ek is nou besig om vir die vrou so 2008 te koop en vir my die 1L VTI vir werk, daai 2008 is regtig n bitter lekker en mooi motor.

http://resources.carsguide.com.au/styles/cg_hero_large/s3/dp/albums/album-4716/lg/Peugeot-2008-08.jpg

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/0/0e/Peugeot_2008_82_VTi_Allure_%E2%80%93_Frontansicht_(1),_18._Mai_2013,_M%C3%BCnster.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: SUV

Post by JTM »

No waar is die Toyota Fortuner in jou lys?
Jannie Welman
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SUV

Post by Capt. Yoda »

JTM wrote:No waar is die Toyota Fortuner in jou lys?

Hulle is nou so overpriced. As jy kyk wat jy kry met die Kuga wat seker R60 000 goedkoper is moet jy n harde Toyoya fan wees om een te koop.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: SUV

Post by Danie01 »

Kaptein, ek weet peugeot is goeie karre, maar het hul enige tweedehandse waarde in SA en is hul parte nie baie duur nie? Ek vra want ek weet nie, ek sal na hul ook gaan kyk.

JTM, die fortuneer was op my lys maar hy begin waar ek wil einde tov prys, dalk n goeie tweedehandse een sal nog werk

Niemand se iets oor die ecosport nie, ek weet dis n kleiner klas maar dalk tog n goedkoper opsie?

Dankie jul help al klaar baie.

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SUV

Post by Wouter Roets »

Kaptein

Hoe gaan mens daai Pooijooi inruil? Glo al opsie gaan wees om hom te weeg by n scrapyard. ;D Glo hulle sal ook net n persentasie uitbetaal aangesien plastiek maar n groot gedeelte gaan uitmaak.

Groetnis
Wout
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SUV

Post by Carl »

JTM wrote:No waar is die Toyota Fortuner in jou lys?
Klaar oppad na Mosambiek ++>:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SUV

Post by Wouter Roets »

Carl

Is die enigste een van die lot wat nie in Moz in die sand sal vassit nie. Of sal breek oppad soontoe nie. Of sal olie lek nie. Of die helfte minder kos as hy daar aankom nie.....

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SUV

Post by Capt. Yoda »

huuh Wout daai wa is geCARBON vir n sport feel! Groot ding is maar hul goeie petrol verbruik, hier in die stad ry ons bq langer aan 15km as wat jy van Spar af huis toe ry en ons ry nie so baie grondpad hier nie.ANDER mense se etolle hou ons paaie mooi!

Danie jong ja my vrou hou van die Europese goed maar ek het dam nog nie geld "verloor" op hulle nie.Parte sal ek jou nie regtig kan se nie want ek swaai hom maar voor sy 5 jaar plan verby is en het nog nie sulke peine met nuwe motors gehad nie.Naverkoop glo ek nie hy sal die VW, Toy en Ford kan klop nie so dit is seker maar ook iets om aan te dink.
Last edited by Capt. Yoda on Fri Apr 17, 2015 8:52 am, edited 2 times in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: SUV

Post by JTM »

Tweede hands kan jy goeie deals kry op Fortuners.

Ek weet nie hoe waar dit is nie , maar blykbaar mag jy nie 'n sleepstang aan 'n Ecosport sit nie en ou het juis 'n sleepwa nodig aangesien die pakplek maar min is.

Die Renault Duster lyk ook nie te sleg nie en dan bly daar nog die Diahatsu Terios ook oor en een van my ander gunstellinge is die Suzuki Vitara. Die Jimny mag dalk te klein wees en stadig.
Jannie Welman
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: SUV

Post by Umshwati Boy »

My ouers het 'n Tiguan, my skoonpa het 'n 2.2 Ford DC en my Swaer het 'n Rav 4. Die Rav het biejtie meer ruim, maar die afwerking van die VW is beter. Die Resale op Rav 4's is ook net so goed soos die Fortuner. Die Rav 4 is ook nog nuut, maar die Tiguan sal seker volgende jaar met 'n nuwe een vervang word. Die Ford is baie lekker om te ry, maar om Lang afstand, weet jy dat jy 'n bakkie ry. My advies; meer spasie, nog die nuwe model, en goedkoper - kry die RAV, of wag vir die Nuwe Tiguan in 2016.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
Post Reply