Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hi Almal.
Ek soek bietjie jagplek vir n paar manne om springbok en so een of twee groter bokke te skiet.
Van die manne kom van Gauteng af en van ons kom van Vryburg af so as ons jagplek kan kry so 600km van Gauteng af Noord Kaap toe sal dit goed wees.
Ek het plekke soos Kimberley,Hertzogville, Koffiefontein in gedagte maar as jy dalk n plek ken in n ander rigting sal dit ook kan werk.Selfs Postmasburg sal vir ons werk.
Baie dankie vir julle hulp
Groete
Hein
Naand mede lede
Soos ek verstaan is die nommer wat ek van Francois gegee het bleikbaar nie reg nie. Dit is egter wat ek het. Kan op sy webtuiste gaan kyk by: plain-game.co.za Sy besigheid is Montaque Natuurreservaat. Baie wild op daai plaas.
Groete
Blackie
Blackie Swart wrote:Naand mede lede
Soos ek verstaan is die nommer wat ek van Francois gegee het bleikbaar nie reg nie. Dit is egter wat ek het. Kan op sy webtuiste gaan kyk by: plain-game.co.za Sy besigheid is Montaque Natuurreservaat. Baie wild op daai plaas.
Groete
Blackie
Blackie, Montagu PVT Reservaat, buite Boshof was Francois Squirra se plaas. Dit was beslis ook een van die beter plase waar ek al gejag het, en hy en sy vrou was van die mees gasvrye boere waar ek al gebly het. Dit was ook een van min plekke waar mens nog alleen kon jag, sonder 'n gids.
Gegewe die omstandighede in Suid Afrika, het hulle gesin egter emmigreer Kanada toe, waar hy tans boer. Die plaas is verkoop, en nie tans oop vir jag sovêr ek verstaan nie.