Manne, Middagsê...
Jammer dat ek dit weer moet opbring. Ek weet hier is 'n paar keer al gevra en gepraat oor die nuwe data in die somchem boekie, veral ten opsigte van die 22-250 se verlaagde maksimum spoed en ladings, maar ek kon nog nie regtig uitlsuitsel hier sien nie, en ek is lekker deurmekaar oor die saak.
My vraag: Ek sien die node spoed vir die 22-250 met 'n 55gr punt, is so rondom 3600vps (ek mag dalk verkeerd hier wees so help asb indien so). Die nuwe boekie se maks spoed is maar 3468vps op 'n 55gr punt. Kan 'n man steeds mik vir 3600vps ten spyte van die nuwe "voorgeskrewe" maks spoed? 3468vps is vir die 22-250 maar relatiewe lae spoed. Ek kan dit amper met my .243 kry vir 'n swaarder punt.
Is daar dalk iemand wat ondervinding het wat kan help hier? Ek verstaan een geweer hanteer druk en spoed ensovoorts beter as die volgende een, en ek kan ook volgens die boek laai, maar ek sal graag prakties wil hoor van die manne wat met die 22's skiet, met watse data werk julle deesdae?
Groete
22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Net ter vergelyking, ek laai 34.0gr S335/55gr Blitzkings/3500 vt/s vir my Howa 22-250. Sy's super akkuraat en wys geen tekens van hoë druk.
Gooi lood!!!!
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Ja, ten spyte van die verbetering (of nie) in moderne dryfmiddels is die 34 gr S335 lading baie moeilik om te klop.
Ek en my goeie vriend Gideon gebruik al 34 gr vanaf 1982 (dit was toe nog MR2) en dit is so akkuraat ek probeer nie eers iets anders nie. Die spoed is nie baie hoog nie (ek moet erken ek weet nie wat is hierdie node goeters nie!), maar loop lewe is uitstekend. Trajek hier op die hoeveld: twee duim hoog op 100; dan 1.5 duim hoog op 200; dan 3 duim laag op 300! Dis met 52 Hornady match (kry mens dit nog?) Wat ek kan se, is dat ongediertes niks van hierdie kombinasie hou nie...

Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Platjak ek laai 35gr S335 agter n 55gr BT. Stap 3690ft/s. Bitter akkuraat. Roer is n Remington VLS met 26" loop. Oom Kassie bg lading voorgestel.
Hoop dit help.
Met n vleisie...
Hoop dit help.
Met n vleisie...
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Hoë spoed is nie alles nie, maar akkuraatheid teen laer spoed is alles werd.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Laai 34.7gr S335 agter 50gr Blitz King.
26" Pac-nor loop, 18mm op die kroon, 1:12 twist. Ruger M77 11. Skiet 4 skoot 15mm groepering, heeldag
26" Pac-nor loop, 18mm op die kroon, 1:12 twist. Ruger M77 11. Skiet 4 skoot 15mm groepering, heeldag
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: 22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Die Somchem boekie is maar verwarend veral vir manne wat nie met 'n chrony laai nie. Maks s335 is 31,2gn wat volgens die boekie vir jou 3468vps gee.
My data lyk as volg: TPL - 60.0mm. Hornady 55gn v-max.
31.1gn - 3261, 3265, 3244vps
32.0gn - 3339, 3359, 3337vps
33.0gn - 3458, 3434, 3450vps
My node spoed volgens QL se data, is so rondom 3500vps teen 33,6gn s 335.
Met ander woorde, as ek gestop het by die boekie se maks, was ek nog ver van die maks spoed volgens die boekie se aanwysings. Wys jou maar net weer hoe belangrik is 'n chrony...laai vir spoed en nie na 'n vaste lading. Aan die teenoorgestelde, Ek sien party manne se 22-250's gee al 3600vps teen 31.2gn - s335, so om te herlaai sonder 'n chrony is diep gevaarlik eintlik.
Dankie vir julle reply's.
Lekker dag en lekker jag