22-250 spoed: Ou vs Nuwe Somchem ladings
Posted: Thu May 07, 2015 4:02 pm
Manne, Middagsê...
Jammer dat ek dit weer moet opbring. Ek weet hier is 'n paar keer al gevra en gepraat oor die nuwe data in die somchem boekie, veral ten opsigte van die 22-250 se verlaagde maksimum spoed en ladings, maar ek kon nog nie regtig uitlsuitsel hier sien nie, en ek is lekker deurmekaar oor die saak.
My vraag: Ek sien die node spoed vir die 22-250 met 'n 55gr punt, is so rondom 3600vps (ek mag dalk verkeerd hier wees so help asb indien so). Die nuwe boekie se maks spoed is maar 3468vps op 'n 55gr punt. Kan 'n man steeds mik vir 3600vps ten spyte van die nuwe "voorgeskrewe" maks spoed? 3468vps is vir die 22-250 maar relatiewe lae spoed. Ek kan dit amper met my .243 kry vir 'n swaarder punt.
Is daar dalk iemand wat ondervinding het wat kan help hier? Ek verstaan een geweer hanteer druk en spoed ensovoorts beter as die volgende een, en ek kan ook volgens die boek laai, maar ek sal graag prakties wil hoor van die manne wat met die 22's skiet, met watse data werk julle deesdae?
Groete