Hallo,
Het iemand dalk vir my 'n lekker melk kos resep.
Dankie
Melk Kos
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Melk Kos
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Melk Kos
Rooster nou vat jy my darem lekker terug kind se dae toe. My ma het ons altyd netjies bederf hiermee in die winter. Ek sal uitvind vir jou oor haar resep...
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Melk Kos
Ek luister by die draadloos, melkkos bring baie goeie herinneringe van my oorlede ma.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Melk Kos
Hierdie is 'n RSG resep wat maklik werk - toets maar self!
Wissel die meel en eier mengsel na gelang van jou eie oordeel - dik of dunner melkkos
1 liter melk
1 koppie meelblom
1 eier
2 eetlepels suiker
Sout na smaak
Kaneelstokkies
Plaas meel, sout en suiker in ‘n mengbak en gooi eier by.
Meng die eier deur met twee messe wat jy soos twee swaarde oor mekaar kruis totdat dit klein bolletjies maak.
Kook solank melk en voeg kaneelstokkies by.
Klits die meel met handklitser in melk en laat prut stadig vir 20 minute.
Strooi kaneelpoeier bo-oor.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Melk Kos
4 Koppies melk
So driekwart koppie meel (werk by met halwe teelepel sout)
2 eetlepels sagte botter/marg
Vryf botter met vingers. (Vrouens weet blykbaar wat dit beteken?? Iets in die lyn van gooi botter in die bakkie meel en breek die botter op tussen die meel in. Eindig met so growwe sand-besigheid)
Kook melk
Verminder hitte op plaat.
Roer meelmengsel stadig in met vurk of handmenger (daai ou draad-besigheid waarmee jy as kind gespeel het..)
Kook tot gaar - so ongeveer 12 minute.
As te styf roer nog melk in.
Strooi kaneelsuiker oor en laat waai!
Variasies:
Kondensmelk gemeng met water kan ook gebruik word, dalk te soet vir party, strooi dan minder kaneelsuiker.
Gaar spagetti kan ook bygevoeg word met minder meel. (Ken dit nie regtig nie)
Geniet hom

Sjoe!!!!!! Dankie julle, ek gaan defnitief al die resepte sover probeer want almal klink lekker, veral nou met die winter wat so stadig nader kruip.
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Melk Kos
Net 'n nota. Moenie die meel mengsel een slag by gooi nie, doen dit stadig, anders maak dit groot klonte wat langer vat om gaar te word.Rooster1089 wrote:Sjoe!!!!!! Dankie julle, ek gaan defnitief al die resepte sover probeer want almal klink lekker, veral nou met die winter wat so stadig nader kruip.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Melk Kos
Ek hou meer van melksnysels. Gebruik selfde resep vir deeg as om vars pasta te maak.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.