Help: Caller to rent

Post Reply
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Help: Caller to rent

Post by Friedland »

Hi ouens,

Ek het n stukkie grond in Nam en die jakkalse raak al so hans dat hulle helder oor dag al die skape pla terwyl daar n wagter is. As daar n boer met n roer is, is hulle natuurlik net weg.

Ek kom nie gereeld op die plaas nie en waneer ek daar is wil ek so veel as moontlik doen. Ek wil in Aug weer vir n lang naweek gaan en wil dan my hand prober om te roep. uit die aard van die saak sal ek nie graag al die geld vir n roeper wil betaal net om te vind dit werk nie vir my nie.

Is daar enige van julle manne wat van 19 tot 24 Aug se kant vir my n roeper wil verhuur?

Baie dankie
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Help: Caller to rent

Post by Smitstertjies »

Beste is maar om die proffesionele ouens in te kry om die job te doen. Dit gaan jou baie geld op die langtermyn spaar.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Help: Caller to rent

Post by Geno »

Kontak vir Francois Marais dat hy die goed vir jou doodskiet.
francois@jaracal.com

Jy gaan jouself baie geld en kopseer spaar.
Goed, beter, 6millimeter!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Help: Caller to rent

Post by Friedland »

Lyk my almal is maar bra negatief oor my wat self prober n jakkals skiet.

Die plaas is 80km vanaf Maltahohe oppad Sossuvlei toe. So wie gebruik ek in daai area?
En wat is die kostes gewoonlik verbonde aan so iets?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Help: Caller to rent

Post by Cobus(Cobb) »

Friedland wrote:Lyk my almal is maar bra negatief oor my wat self prober n jakkals skiet.
Dis soos jy wat sê jy gaan plaas toe om boorgat te sink,,,,kan iemand vir jou graaf en kruiwa leen..jy gaan seker jou gat gedoen kry,,,maar daar Pros wat dit reg doen.

Enige ou kan 'n jakkals skiet, maar dis nie daai dooi jakkals wat jou skade gaan gee nie, dis die ander wat jy agterlos, slim en geleerd wat jou gaan kos.
Die manne hier issie negatief teenoor jou nie, hulle gee net die beste advies..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Help: Caller to rent

Post by Pvdw »

Lyk my almal is maar bra negatief oor my wat self prober n jakkals skiet.
Friedland die manne is nie negatief nie, hulle weet net waarvan hulle praat.

Daar is 2 maniere om die ding te doen, die regte manier of die verkeerde manier.

Regte manier is om 'n pro te betaal om dit te doen of dan 2dens vir jou om als in te sit en self te begin met kursus en regte toerusting.

Die is ongelukkig nie 'n kom ek probeer oor naweke met geleende tools die probleem oplos situasie nie. Die know how van jakkals roep en skiet is belangrikker as die roeper.

Hier is 'n man op die forum wat saam met my en Geno en Blok ons 1ste kursus gedoen het om sy eie jakke op sy plaas te moor. Daai man het ure, weke en maade spandeer aan die probleem en na 2 jaar se als insit het hy die jakke op sy plaas eers begin wen.

Wat ek jou wil sê is net dat die jakke probleem nie oornag verskyn het nie en dit gaan ook nie oor 1 naweek met geleende/gehuurde roepper verdwyn nie. Doen die regte ding of los dit.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Help: Caller to rent

Post by Jassie »

Wie's dit Peet ?????

Hmm ... Seker darem nie ek nie ek sukkel nou nog! :):

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Help: Caller to rent

Post by Friedland »

Yes dankie kerels.

Dis dan juis hoekom ek nou gevra het vir kontak besonderhede vir die pro's en toe kry ek n verder uitskel sessie. Ouch.

Laat weet asb as iemand weet wie ek in daai omgewing kan gebruik.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Help: Caller to rent

Post by ruaanb »

Geno wrote:Kontak vir Francois Marais dat hy die goed vir jou doodskiet.
francois@jaracal.com

Jy gaan jouself baie geld en kopseer spaar.
Hier het Geno die kontak details opgesit. Francois is gebaseer in Nambië.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Help: Caller to rent

Post by Friedland »

Dankie Francois/ RuaanB.

Groete
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Help: Caller to rent

Post by Jean Marais »

Friedland wrote:
Dis dan juis hoekom ek nou gevra het vir kontak besonderhede vir die pro's en toe kry ek n verder uitskel sessie. Ouch.
Hallo Friedland.

Dis jammer as jy voel dat jy "uitgeskel" is. Ek dink egter nie so nie. Jy't kom raad vra, en raad gekry, goeie raad. Ekself is nie 'n probleemdier jagter nie, maar een ding weet ek verseker, en dis dat jakkalse 'n al groterwordende probleem word omdat te veel ouens dink hulle kan die probleem self oplos. Naweekouens. Ouens wat hier en daar iets gaan oplees het, en dan self wil probeer. Selfs die manne wat dit professioneel doen, loop soms 'n bloutjie, waartydens 'n jakkie slim gemaak word. Die proses om so 'n jakkie weer in te roep en dood te skiet is blykbaar nogal 'n langtemyn projekkie soos ek dinge verstaan.

Neem goeie advies, wat ek nou glo jy gaan doen, en kry manne in wat die ding verstaan. Dit behoort jou jakkals probleem heelwat vinniger uit te sorteer as wat jy self sou kon doen.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Help: Caller to rent

Post by Smitstertjies »

Hi Friedland, ons probeer regtig goeie raad gee. Vat dit in daai gees. Kom ek vertel jou my storie.

Ons het so stukkie grond wat ons ook net naweke gebruik. Springbokke, blesbokke en rooihartbeeste op.Vir die eerste 5 jaar het ons sommer so vir die sports die jakkalse in die aande geskiet. Wel, in daai eerste 5 jaar was ons aanwas op daai bokke NUL gewees. Jakkalse het hulle gevreet by die dosyne.

Toe kry ons die pros in. Wel, ons troppie het die laaste 2 jaar mooi aanwas getoon.

NS , ek is jaloers op enige man wat grond in NAM besit >:D
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply