Ek het onlangs vir my 'n Ruger Hawkeye All Weather gekoop in 300WM. Ek het na 'n baie lang besluit om die Vortex Viper 6.5-20x50 met die Mildot kruishaar op te sit en van toe af vra baie ouens my wat ek van hom dink en of dit goeie waarde vir geld bied...! Wel kom ek begin by die begin... ek is nie regtig vol nonsense as dit kom by sulke goed nie. My teleskoop hoef nie mooi te lyk nie en hy hoef ook nie regtig by my geweer te pas nie, maar hierdie kerel is regtig 'n baie aantreklike teleskoop en hy funksioneer ongelooflik lekker in die jagveld. Op die skietbaan werk hy net so lekker, die verstelknoppe het 'n klein ''spring'' in wat jou toelaat om jou teleskoop in te stel en dan lig jy eenvoudig net die verstel knop op en draai hom terug na 0 toe. Vir die ouens wat teiken skiet wat daarvan hou om die afstande in te bel op hulle telescope werk dit uitstekend en vir manne soos ek wat bv. Sierra koeels op die skietbaan gebruik en Accubonds in die jagveld is dit net so voordelig. Ek het my ladingontwikkeling gedoen met die Sierras en my teleskoop gezero, daardie waardes het ek neergeskryf op 'n stukkie papier wat ek altyd by my hou. Na ek my ladings ontwikkel het met die Accubonds het ek presies dieselfde gedoen, maar toe het ek net die knoppie opgetel en terug gedraai na 0 toe, so as ek gaan jag weet ek my teleskoop moet op 0 wees en as ek op die skietbaan gaan skiet bel ek net die waardes is vir die Sierras vir 'n zero op 200m wat elkekeer presies skiet waar hy die laaste keer geskiet het.
LIG DEURLATING:
In hierdie gebied vat die Vortex defnitief die eerste plek. Volgens Vortex laat die Viper 95% lig deur op alle vergrotings, waar ander fabrikate spesifiseer dat hulle teleskope tot en met 95% lig kan deurlaat. Ek het so paarmaande terug 'n rooibok in die nag gaan jag met 'n vlouerige lig in digte bos. Eers het ek gedink dit gaan moeilik wees maar tot my verbasing het die Viper meer as genoeg lig deurgelaat en ek kon 'n baie mooi skoot plaas op die bok, al kretiek wat ek hier het is die feit dat die mildot kruishaar baie dun is maar as jy mooi korrel sal jy defnitief die skoot kan maak.
ANDER ASPEKTE:
Die eye relief is so effens aan die kort kan as jy my vra, maar soos ek genome het is hierdie teleskoop op my 300WM gemonteer en selfs op 20x vergroting het die teleskoop my nog nooit 'n vuishou op die oogbank gegee nie
GOEIE RAAD:
Dit is baie voordelig om te kyk na die nuwe kruisdrade op die mark soos die sogenaamde BDC kruisdrade, MILDOT en MOA kruisdrade. Dit haal die skat werk uit op langer afstyande en die MILDOT en MOA kruisdrade stel jou in staat om afstand te skat en te kompenseer vir die koeel se trajek. Daarom se ek dat dit baie voordelig kan wees om jou kruisdraad te leer ken op al die vergrotings om afstand te kan skat en om te kompenseer vir trajek.
Vir meer inligting oor Vortex se teleskope gaan na www.vortexoptics.com
Daar is nog baie ander aspekte waaraan ek kon raak, maar ek wil ook nie 'n koerant vir julle skryf nie, maar hierdie is regtig 'n teleskoop om te oorweeg.

