Fox Pro

Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Fox Pro

Post by NicoSmit »

Ek het nou die dag 'n Fox Pro Wildfire gekoop en wil net gou hoor hoe kan ek die geskryf op die remote 'n bietjie groter kry ? Ek het die metode wat hulle in die handleiding gee geprobeer maar dan sien jy nie die hele naam nie is daar 'n ander manier om dit 'n bietjie groter te kry met my bril en al sukkel ek om die goed te lees
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Fox Pro

Post by Henry 7 »

Nico
Hier by ons sukkel die ouens hulle gatte af met die wildfire's--as jy die FoxPro program oopmaak en hy kry nie die device nie-gee hom terug-blykbaar iets met die memory cards te doen wat hulle van US moet invoer. Sê die eienaar van n groot wapenwinkel in Bloem wat n ou se wildfire verloor het die probleem is dat die ouens ander klanke wil opsit/bysit. Net my kop geskud toe ek dit hoor.
Henry
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Fox Pro

Post by Dawie Malan »

Hallo Nico

Ek het 'n Firestorm en het dieselfde probleem, veral as die remote begin dou opkry. Wat my bietjie gehelp het, was om die klanke in hoofletters te skryf en so op die roeper te installeer.

Groete

Dawie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Fox Pro

Post by cassie_calvinia »

hoekom wil jy die FoxPro program gebruik?
daar is 'n manier om die letters groter te maak. staan in die boekie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Fox Pro

Post by Cobus(Cobb) »

kry 'n x4 leesbril...soos ek nou gedoen het.
Annerplan is on vergrootglas aan remote vas te kry wat alles vergroot..

Soos ek verstaan kan remote groter maar dan sonder klank naam...net nommer

Of soos ek...wag vir die nuwe Inferno...lyk of sy remote mooi gaan loop..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Fox Pro

Post by johans »

cassie_calvinia wrote:hoekom wil jy die FoxPro program gebruik?
daar is 'n manier om die letters groter te maak. staan in die boekie
Ek het die metode wat hulle in die handleiding gee geprobeer maar dan sien jy nie die hele naam nie is daar 'n ander manier om dit 'n bietjie groter te kry met my bril en al sukkel ek om die goed te lees
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Fox Pro

Post by NicoSmit »

sal maar daai x4 leesbril by crazystore gaan koop
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Post Reply