Page 1 of 1

Fox Pro

Posted: Sun Aug 23, 2015 5:00 pm
by NicoSmit
Ek het nou die dag 'n Fox Pro Wildfire gekoop en wil net gou hoor hoe kan ek die geskryf op die remote 'n bietjie groter kry ? Ek het die metode wat hulle in die handleiding gee geprobeer maar dan sien jy nie die hele naam nie is daar 'n ander manier om dit 'n bietjie groter te kry met my bril en al sukkel ek om die goed te lees

Re: Fox Pro

Posted: Mon Aug 24, 2015 6:05 am
by Henry 7
Nico
Hier by ons sukkel die ouens hulle gatte af met die wildfire's--as jy die FoxPro program oopmaak en hy kry nie die device nie-gee hom terug-blykbaar iets met die memory cards te doen wat hulle van US moet invoer. SĂȘ die eienaar van n groot wapenwinkel in Bloem wat n ou se wildfire verloor het die probleem is dat die ouens ander klanke wil opsit/bysit. Net my kop geskud toe ek dit hoor.
Henry

Re: Fox Pro

Posted: Mon Aug 24, 2015 8:15 am
by Dawie Malan
Hallo Nico

Ek het 'n Firestorm en het dieselfde probleem, veral as die remote begin dou opkry. Wat my bietjie gehelp het, was om die klanke in hoofletters te skryf en so op die roeper te installeer.

Groete

Dawie

Re: Fox Pro

Posted: Mon Aug 24, 2015 8:20 am
by cassie_calvinia
hoekom wil jy die FoxPro program gebruik?
daar is 'n manier om die letters groter te maak. staan in die boekie

Re: Fox Pro

Posted: Tue Aug 25, 2015 6:40 pm
by Cobus(Cobb)
kry 'n x4 leesbril...soos ek nou gedoen het.
Annerplan is on vergrootglas aan remote vas te kry wat alles vergroot..

Soos ek verstaan kan remote groter maar dan sonder klank naam...net nommer

Of soos ek...wag vir die nuwe Inferno...lyk of sy remote mooi gaan loop..

Re: Fox Pro

Posted: Tue Aug 25, 2015 6:59 pm
by johans
cassie_calvinia wrote:hoekom wil jy die FoxPro program gebruik?
daar is 'n manier om die letters groter te maak. staan in die boekie
Ek het die metode wat hulle in die handleiding gee geprobeer maar dan sien jy nie die hele naam nie is daar 'n ander manier om dit 'n bietjie groter te kry met my bril en al sukkel ek om die goed te lees

Re: Fox Pro

Posted: Tue Aug 25, 2015 8:35 pm
by NicoSmit
sal maar daai x4 leesbril by crazystore gaan koop