Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post Reply

Wat is jou gemiddelde staantyd tot eerte Jakkals inkom, gegewe hy kom wel in?

0-5min
1
3%
5-10min
1
3%
10-30min
14
39%
30-60min
15
42%
60min +
5
14%
 
Total votes: 36

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Aanvaar a.s.b die gemiddelde reg deur die jaar (jong tot volwasse) asook gemengde omstandighede.
Ek persoonlik staan nie baie lank op een plek nie (behalwe indien iets antwoord), en is meer toegespits om groot area te dek d.m.w ry en lig.
Aangesien ek nog nie 'n stoel het nie, kan 'n mens ook meer effektief die voertuig rig indien op hulle afkom.
Het baie sukses al so gehad. Daar's ook 'n kleiner kans dat jy by hulle gaan verby ry indien nog binne staanplek roep radius a.g.v lewendige o?.
Miskien is ek heel verkeerd.... Dit is ook 'n geval dat ek geen identifikasie van kerngebied gedoen het nie.
Help maar reg indien julle so voel.
Ja3
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by JACQUES BOTHA »

DAAR IS IEWERS N PUNT ONDER DIEPSTE GEHEIME EN EEN IS GEDULD...
JY SAL BESLIS JAKKALSE SKIET MET JOU METODE VAN RY EN SKIET....
DAAR IS SELF OUENS WAT DIT VOLTYDS DOEN WAT DIE TEGNIEK GEBRUIK OM GELD TE MAAK IN DIE VORM VAN KM GERY OP DIE PLAAS... 
EK KRITISEER NIE JOU METODE NIE. MAAR JY SAL N HELE PAAR LIGSKU EN SKELM JAKKALSE AGTERLAAT WAT EK OOK AL GEDOEN HET ....AS JY IN DIE AREA IS WAAR JAKKALSE PROBLEME VEROORSAAK KAN DIE TYD MAKLIK 85 MINUTE RAAK... SELFS LANGER.. N LEEK SOOS EK SAL AANBEVEEL DAT JY NIE SOMMER KORTER AS 30 MINUTE STAAN NIE.. BEHALWE AS JY HULLE HOOR EN HULLE IS ONDER JOU VIND....ENS...MAAR EK SE WEER DIS MY SIENING EN RAAD EN DIS NIE DIE ALFHA EN OMEGA NIE, MAAR DIS MAAR HOE EK OPERATE......AS EK UITGAAN...SOMS
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Yalair »

Ek staan nooit minder as 30-40 min nie. Het al baie gekry dat jakkie nie antwoord nie, maar wel inkom. soos Jacques se geduuuuuuuuuuuuuuuuuuuld help baja.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Christo »

Yalair wrote: Jacques se geduuuuuuuuuuuuuuuuuuuld help baja.
Dit is iets wat ek ernstig 'n tekort aan het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Dankie Jakes
Ek gaan vanaand langer staan aangesien ek ook weet waar die hotspotte is.
Is ook maar bang die boer raak aan die slaap..
Waardeer die insette.
Groete
Ja3
tafjak

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by tafjak »

Ek en Tomcat het nou so 7-9dae saam gejag en het in die omgewing 20+ jakkalse en katte geskiet. Ek kan aan een jakkals dink wat onder 60min ingeroep is. Die groot voordeel is dat 7 katte ook geskiet is en 6 van hulle is ingeroep. Staan maar die rukkie ekstra en dit sal betaal. Ons gesels gereeld en kom tot die slotsom dat 60min omtrent die minimum tyd is om op 'n staanplek te spandeer.

Taffie
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Taffie
Julle is inderdaad twee ernstige sportsmanne, en verstaan hoe werk die winkel. Baie geluk met die sukses.
Nou net weer gisteraand gesien... soos jy ook al ?rens dit laat val het.
Ou vlekkie stel jou nooit teleur nie.. so ook no15 op Volume 6. Ai, doen ek nou bemarking of nie?
Baie groete
Ja3
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by boeta »

Taffie

Van daai 60 min roep julle net di eerste 20 min of langer en hoe lank nadat laaste klank geroep is sit en wag julle nog.

Ja3 praat jy van 15 op heinrich se cd

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Ja Boeta. Groot Vlakhaas Combo.
grte
Ja3
boeta wrote:
Ja3 praat jy van 15 op heinrich se cd

Boeta
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by boeta »

ja3

Dan het ons ni di selfde cds ni myne is klein jakkals 2

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Boeta
Dis op die nuwe cd van Heinrich, Volume 6.
grte
Ja3
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by boeta »

Ja3

Ek sal dan plan moet maak vi di een

grt
boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Ja3 »

Boeta
Die Combo werk oulik. Alreeds wagperiodes in asook bietjie variasie, en dus raak dit nie so maklik eentonig nie.
Twee lekker vlekkies op. 3a en Vlekkie E. Kort net Mooihuil en Jakkals Fees, dan is dit Greatest Hits.
R220 posgeld ingesluit. Ek het dit omgeskakel na mp3's teen 320kbps bitrate vir beste kwaliteit vir my Foxpro xr6.
Beindruk met die kwaliteit en slaankrag van die vlekkies o.a.
Ja3
Izak02

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Izak02 »

My ondervinding is die laaste tyd, wat ek daarna begin oplet het, dat ek skiet binne 15min of so nie omtrent 45min. Nie sommer ander tydsduur nie, daarom sit ek gemiddeld so 1h30 op `n plek, as ek weet hulle is daar, voor ek skuif.
Groete Izak
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by Chris101 »

Ek weet nou al geduld is die wagwoord.
Gee julle vir die hele 60 min net kos of sal julle so na 40 min n roep ook probeer.
Knou die gediertes AF.
tafjak

Re: Gemiddelde Staantyd vir Eerste Jakkals

Post by tafjak »

Chris101

Gaan kyk by "Lede Alleen" het Hein die "moeilike tyd" uitgetippel en dit werk werklik. Kom ook agter dat baie katte in hierdie tyd geskiet word deur 'n klomp manne en ek raai dit is omdat lank kos geroep word voordat jakkalsroepe gebruik word.

Taffie
Last edited by tafjak on Sat May 30, 2009 4:48 pm, edited 1 time in total.
Post Reply