Page 1 of 1
Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Jun 09, 2011 9:32 am
by jammies
Dagse.
Ek het ongelukkig nie meer gemsbok of springbok jagplek in Kalahari beskikbaar vir 2013 nie.
Lekker jag.
Groete.
Jammies.
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Jun 09, 2011 9:39 am
by Dawid
Jou ge PM Jammies
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Jun 09, 2011 10:12 am
by Taylor
Klink goed, het jou n pm gestuur.
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Tue Jan 03, 2012 10:47 am
by Frikkie die Rot
Jou ge PM, laat weet asb!
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Sat Jan 07, 2012 2:35 pm
by Bushwack
Jammies,
Waar in die Noord Kaap is jy?
Ek gaan die eerste week in April Kathu toe en n mens sal sweer mense is heilig op hulle gemsbokke en springbokke.
Ek stel baie belang.
Groete
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Wed Jan 18, 2012 3:11 pm
by Renier
Hi
Kan ek asb. meer inligting kry bv. ligging, spesies en pryse
Vriendelike groete
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Wed Jan 18, 2012 3:28 pm
by BLOK
Baie welkom hier op die forum,dit is n baie lekker plak en ek glo hier sal jy baie goeie inligting en hulp krymaar sal jy asb so gaaf wees om jouself eers mooi aan ons te kom voorstel en meer van jouself vertel en n paar posts maak voor jy advertensies beginne plaas. Deur dit te doen sal die manne jou net beter terugvoering gee en saam jou kan gesels. Sit sommer ook die pryse en jagplek inligting by jou post dan kan almal sommer mooi sien en jou die moeite spaar vir onnodig opvolging.
Weereens baie welkom en geniet die forum
Groete
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Wed Jan 18, 2012 3:35 pm
by Witpietskiet
Ek sien Jammies het nog net 2 keer gepost van hy aangesluit het "Date Registered: January 29, 2011, 11:58:29"
So ek hoop julle manne kom reg wat jagplek soek by hom.
Mooi loop
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Wed Feb 27, 2013 4:39 pm
by BLOK
Sien hierdie was weer n tipiese geval van hit & run. Mods kan seker maar sommer die post verwyder

Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Feb 28, 2013 8:22 am
by Rooies
BLOK wrote:Sien hierdie was weer n tipiese geval van hit & run. Mods kan seker maar sommer die post verwyder

Blok
Nog n adverteerder wat wil kom oes, lyk my die kalahari en die suide van Nam is vervuil van die gemse en springbokke soos die manne

hulle kom adverteer.
Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Feb 28, 2013 8:28 am
by PWV
Witpietskiet wrote:Ek sien Jammies het nog net 2 keer gepost van hy aangesluit het "Date Registered: January 29, 2011, 11:58:29"
So ek hoop julle manne kom reg wat jagplek soek by hom.
Mooi loop
Jammies is 'n man van min woorde!

Re: Jaggeleenthede Noordkaap
Posted: Thu Feb 28, 2013 9:13 am
by FHM
Manne as dit by jaggeleenthede kom en die verskaffer is n "
man van min woorde" dan moet mens maar eerder n jagter met "
min moed" wees... Elke jaar is daar getuienis van jagters wat oop-oe in n

'
ding'

ingestap het en hulle hele jag ontsuur het daardeur.
Kyk maar die
jakkals mooi uit die gat voordat jy n jag op n vreemde plek sonder goeie verwysings van betroubare bronne vasmaak...
