Herlaai Tips

Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Hallo Almal

Hier is n paar van ons wat al n geruime tyd dit goed dink om n algemene herlaai post te wil begin. Ek gaan nou maar die ys breek en wegskop met die een. Enige vrae is welkom en enige persoon se insette is welkom. Hierdie post het geen spesifieke groep in gedagte nie en geen maar geen vraag is dom as dit by herlaai kom nie. Ons almal leer elke dag iets by as dit by hierdie wonderlike tydverdryf kom. So gooi die vrae van beginner tot gevorderd en ek is seker iemand sal met n antwoord vorendag kan kom.

My eerste wenk wat baie mense nie besef nie is dat maksimum lading eintlik nie uitgedruk moet word in die hoeveelheid kryt wat gegooi moet word nie maar wel in spoed wat die meeste van ons maar ken as voet per sekonde(ft/sek). Die hoeveelheid kryt wat in n herlaai boek of raad van n spesifieke persoon af kom was die hoeveelheid kryt in daardie spesifieke toetsloop van die herlaaiboek of geweer van die persoon af kom. En soos ons almal weet elke kamer verskil maar met mekaar. Jy kan met n groter kamer sit of met n dop laai wat se kapasiteit groter is en dit sal dan veroorsaak dat jy meer dryfmiddel sal moet laai om by dieselfde spoed uit te kom. Die omgekeerde tel ook vir n kleiner kamer/dopkapasiteit wat nou weer sal beteken dat jy daai spoed sal bereik met minder dryfmiddel as aangetoon.

Indien die spoed aangegee word uit bv. n 26duim loop en jou geweer is n 24 duim loop wat nou gemaak? Maklik vat net die spoed en deel dit deur die hoeveelheid dryfmiddel gebruik en vat dan daai getal en maal dit met jou looplengte om die maksimum spoed te kry vir jou looplengte. Dit is nie n absolute metode nie maar wel naby genoeg. Onthou asb hierdie wenk want daar word nie naby genoeg ag daarop geslaan nie. Met n paar kalibers wat se maksimum drukvlakke redelik hoog is soos bv 270 Win, 25-06 Rem ens. kan hierdie riglyn baie waardevol wees!

Groetnis en lekker laai
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Pvdw »

Wouter die is 'n puik plan van julle 8) 8)

Ek wil wel ook 'n eier l? hier en dit gaan oor veilig laai. Manne moet tog nie jou beste p?l se lekker raakskiet lading vat en dit net so dupliseer vir jou geweer nie :P :P :P Eerstend is sy geweer se kamer grooter as joune sin en hy gebruik Winchester doppe wat dunner as jou Sako doppe is, so jy sit met 'n kleiner kamer en kleiner dop kapasiteit. Dit kan en gaan sports veroorsaak in jou liefling skietyster. Dalk nie elke keer nie maar die een keer uit 1000 wat dit wel gebeur is te veel.

Begin by die veilige min. lading met jou eie wapen en werk op met 'n chrono as jy kan tot 'n veilige maks. vir JOU eie geweer.

Wouter het mooi hierbo genoem van die kamers wat so verkil.

Laai verantwoordelik en skiet veilig.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Indien die spoed aangegee word uit bv. n 26duim loop en jou geweer is n 24 duim loop wat nou gemaak? Maklik vat net die spoed en deel dit deur die hoeveelheid dryfmiddel gebruik en vat dan daai getal en maal dit met jou looplengte om die maksimum spoed te kry vir jou looplengte.
Wouter het jy nie hier 'n tikfout begaan nie?
Kan jy asb aan die hand van 'n voorbeeld verduidelik want dit maak nie vir my sin nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Arnoldus

Ek het nou gaan staan en droog maak met daai formule! Daar is ongelukkig nie n vinnige formule vir dit nie. In elk geval nie een waarvan ek weet behalwe natuurlik QL nie. Daar is soveel faktore wat dit kan beeinvloed. Weet nie wat ek gedink het toe ek dit geskryf het nie! ??? Seker maar die eerste dag by die werk na n lang ruk in die jagveld!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

Baas Wout

Relax, jy het eintlik 2 formules in een deur gegee.

Die eerste is die spoed per spesifieke lading wat jou VC gee. dus bv 43gr kryt met spoed van 2900ft/sec nou kan jy om en by bepaal as jy 44gr gaan laai wat jou spoed vir daardie spesifieke geweer is. 2900 gedeel deer 43 = 67.44 Nou vir 44gr behoort jou spoed om en by 2967ft/sec te wees.

Die tweede Formule is die loop lengte wat 'n spesifieke spoed behaal. Nou s? van die manne dat jy die spoed kan vat bv weer 2900 deur die lengte duime deel bv 24" en dan maal met die nuwe lengte bv26" en dan die nuwe spoed bepaal.
2900 gedeel deur 24 = 120.8 x 26 =3141. Die tweede formule stem ek glad nie mee saam nie, want 2 duim maak nie daai groot verskil nie
Hier het ek gevind daai wat jy gekry het 120.8 maal jy met 30% so in die geval 40ft/sec en dit tel jy by vir elke duim extra by die oorspronklike 2900ft/sec dus die 26" loop sal vir jou 2980ft/sec gee
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Hallo Dok

Dankie vir die uithelp ou maat! Ja-nee dit is ook maar die manier hoe ek VS of die SL faktor uitwerk. As dit kom by ft/sek vir elke duim wat bykom en wegval is daai formule nie sleg nie en kan n mens dit as n algemene maatstaaf toepas maar soos jy weet is daar n hele paar dinge soos tipe poeier en die looplengte wat die poeier benodig om algeheel te verbrand wat soms daai sommetjie lekker omver kan gooi. Ek sien baie keer wat QL voorspel wanneer nie al die poeier verbrand en die werklikheid soms n wesenlike verskil kan wees.

Kom Dok gooi ook bietjie n wenk vir die dag.

Kom ek gooi sommer nog een en hierdie keer sal ek probeer om kop te hou! ;D

As dit kom by akkuraadheid is die belangrikste aspek inivormigheid. Dit is maw om elke aspek van jou herlaaimetodes en komponente op dieselfde vlak te kry en dit te kan doepliseer. Dopkapasiteit(ons gebruik maar meestal die dopgewig as maatstaaf om dit te bepaal), doplengte, nekwanddikte, TPL(totale patroonlengte), ladinggewig van dryfmiddel en oplyning van koeel met dop(runout) is seker van die belangrikste aspekte as dit kom by goeie akkuraadheid. Daar is nog n paar ander maar bogenoemde is maar die basis van goeie herlaairesultate. Ons kan hierdie aspekte lekker bespreek in die toekoms.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Pvdw »

Wouter ek sien jy noem "run out."  Ek het al paar keer daarvan gelees maar het nog nooit gesien wat is teveel en wat is aanvaarbare "run out" nie. Ek weet dit word met 'n dial gauge gemeet maar waar op die koe?l word dit gemeet, op die punt of waar die dop en koe?l bymekaar kom?

As iemand 'n foto het van so meet tool plaas dit asb. vir ons ander manne, miskien bou van ons self een as dit nie te moeilik is nie 8) 8)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Gerhard »

Wouter, Dok...

Dis nou n lekke onderwerp die...

Verduidelik asb vir die manne wat is TPL, hoe mens dit kry vir elke geweer en hoekom wil mens die regte TPL kry vir elke geweer en wat gebeur as die TPL te lank of te kort is.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
300Winmag

Re: Herlaai Tips

Post by 300Winmag »

"Never assume"  Meet en weeg alles sodat jy seker is dit is reg. ( :-[ Ek het my GMX lading verlede week in Federal doppe gelaai om
die naweek te weer n paar skote te gaan skiet. Ek het nie die doppe geweeg nie. Hulle sal mos net so dun wees soos Rem. en beslis dunner
as Highland - wel toe nie - druk was nog ok maar het begin wys op primers. Daai doppe het toe net so min plek soos PMP doppe.)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Hallo Peet

Dit sal gaaf wees as een van ons geleerde vriende n foto kan plaas van n Run-out gauge. In kort is run out die hoeveelheid deviasie van die koeel met met die aksuslyn van die dop. Om n prentietjie daarvan in jou kop te kry vat n dop en trek n reguit lyn deur die middel van hom in sy lengte. Die lyn gaan ook deur die middel van die koeel en run out beteken hoeveel daai koeel verskil of afwyk van daai lyn.

Daar is n paar dinge wat dit kan veroorsaak. Die dop self kan skeef wees. Hy kan so van die vervaardiger kom of jou sizer die kon hom skeef gedruk het. Tweedens kan jou seating die koeel skeef ingedruk het. Derdens kan die koeel self skeef wees of van die fabriek af of in die seating proses.

Die mees aanvaarbaarste hoeveelheis is .002 duim wat toegelaat word maar die strewe is maar altyd nul. n Mens moet ook verstaan hoekom jy nie run out wil he in jou rondte nie. Wanneer die koeel met die ontbrandingsproses in die groewe van die loop in geforseer word is daai koeel skeef en nie perfek opgelyn met die loop nie. Hy is nie parralel met die loop nie en dit is n resep vir swak akkuraadheid. Die koeel stabiliseer nooit rerig in vlug nie.

Hoop hierdie verduidelikking help.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Geno »

Baas Wout,
Hier's hy:
Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Francois Marais »

Manne

Baie goeie topic, goeie inisiatief.....laat hy lank loop..

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Beyers »

Die tip klink on belangrik maar...
Maak jou dies aan die binnekant skoon -  gereeld.
Haal uitmekaar en was met thinners kyk dat hulle skoon is.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Hein M. »

Gerhard wrote: Wouter, Dok...

Dis nou n lekke onderwerp die...

Verduidelik asb vir die manne wat is TPL, hoe mens dit kry vir elke geweer en hoekom wil mens die regte TPL kry vir elke geweer en wat gebeur as die TPL te lank of te kort is.
TPL:  Totale Patroon Lengte

Elke geweer het 'n sweetspot ten opsigte van patroonlengte.  Dit moet met elke geweer uitgewerk word om optimale akkuraatheid te verkry.
Patrone wat te kort is:  Swak groepperings / drukprobleme in dop
Patrone wat te lank is:  Gevaarlike drukprobleme in geweerkamer aangesien die punte styf teen die lands druk.

Soos ek dit verstaan.

Oor elk van bostaande drie punte kan 'n boek geskryf word.  Ons hoor graag van die ander ouens!
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Herlaai Tips

Post by THOMAST »

Daai Sinclair Runout Gauge: Hy ?s, hy ?s!!
As ek ook iets kan byvoeg: wanneer jy nuwe doppe aankoop, sorteer hulle so: Ek sal al die doppe deur 'n sizer druk om enige onegalighede in die bek van die dop uit te skakel,  meet dan die nekwand dikte op 3-4 verkillende plekke met 'n buis mikrometer. Die klomp wat die kleinste variasie gee word bymekaar gehou. Onthou, dat wanneer 'n patroondop vervaardig word, die dop ge"draw" word vanuit 'n ronde stafie geelkoper allooi. Indien daai stafie nie 100% gesentreer is nie, sal die een kant van die dop dunner wees as die ander kant, en dit tel jy op deur die nekwand dikte te meet. 'n Dop waarvan die nekwand op een plek dunner is as op ander plekke beteken dat daai "swakheid" dwarsdeur die lengte van die patroondop loop en gaan vir jou baie hoofpyne gee.
Daarna gaan doen ek dopveerbereiding, dan meet ek die dop gewigte en sorteer daarvolgens.
'n Klomp moeite,maar wel die moeite werd in die lang termyn.
Kry vir jou meet intrumente, dit vat al die raaiwerk en veronderstellings weg: Vernier, mikrometer, buis mikrometer, case comparator (meet die skouer van die dop), seating depth gauge (meet op die ogive van die koe?l, beter as die punt van die koe?l). Ek het nog 'n instument waarop jy 'n spesiaal voorbereide dop opskroef, 'n koe?l van jou keuse daarin plaas, en dan word die hele gedoente in die kamer van jou geweer gedruk en die koe?l word dan vasgedruk teen die lande van die loop. Jy kan dan verstellings maak om op die ideale TPL af te kom.
http://www.6mmbr.com/catalog/item/1433308/977259.htm
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

Hein M. wrote:
Gerhard wrote: Wouter, Dok...

Dis nou n lekke onderwerp die...

Verduidelik asb vir die manne wat is TPL, hoe mens dit kry vir elke geweer en hoekom wil mens die regte TPL kry vir elke geweer en wat gebeur as die TPL te lank of te kort is.
TPL:  Totale Patroon Lengte

Elke geweer het 'n sweetspot ten opsigte van patroonlengte.  Dit moet met elke geweer uitgewerk word om optimale akkuraatheid te verkry.
Patrone wat te kort is:  Swak groepperings / drukprobleme in dop
Patrone wat te lank is:  Gevaarlike drukprobleme in geweerkamer aangesien die punte styf teen die lands druk.

Soos ek dit verstaan.

Oor elk van bostaande drie punte kan 'n boek geskryf word.  Ons hoor graag van die ander ouens!
Die storie van elke geweer het 'n sweetspot TPL is nie 'n hele waarheid nie. Die volle waarheid is elke geweer het 'n Sweetspot TPL met spesifieke kooel met 'n spesifieke lading.

Die kliniese korrekte term TPL moet van die basis van die dop tot by die Punt van die koeel gemeet word. Hierin is egter 'n probleem. Die koele se lengte veskil onder mekaar  met to 0.5mm. Nou hoe nou?

Dus meet ons die TPL met die comparrator device soos ander plek op die forum gewys is  van die OGIVE af. want die belangrikste aspek is om die afstand van vryboor tussen die lande en die koeel ogive konstant te hou.

Daar betsaan geen so ding van " MY geweer hou net van 0.5mm jump nie"  as jy dit dink moet jy maar terug gaan en oplet in die klas.

Als in herlaai gaan om 2 beginsels en spesifiek die 2 beginsels.
1) Opleining en konsentrisiteit soos Wouter ges? het
2) Timing - die optimale tyd wat die koeel in die loop spandeer.

Nou deur lading uit te werk met gewig kryt kom jy naby om die timing reg te kry. met die TPL te speel fine tune jy net.

Nou Max TPL is die totale patroon lengte wat aan die lande raak. Dit kan op verskye manier bepaal word.
1. Met skietstock waar jy die koeel liggies teen die lande vas druk en dan meet tot by die tromp, daarna dit aftrek van jou loop lengte wat jy gemeet het van teen die boltface af tot by die tromp.
2. Ek gebruik die manier. Ek size 'n dop (nek of full) dan sny ek keep oor die bek tot in die skouer en sit die koeel net net in, maak die slot stadig toe en stadig oop en meet dan die MAX TPL.
[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0145.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0148.jpg[/img]
Anders kry jou ook Max Magesyn TPL en dit is die TPL wat in jou kamer kan pas.

Wat is te lank of te kort. Eintlik enige iets wat nie die sweetspot is vir daardie geweer  met daardie spesifieke koeel en daardie spesifieke lading is nie.

Maar moet nooit jou TPL langer maak as die MAX TPL nie, tensy jy baie gevorderde herlaaier is kan jy tot 0.4mm in die lande in jam, maar jy moet weet presies hoe om jou lading aan te pas.
Te kort enige iets wat nie groepeer nie want jy is nie op die regte TPL vir die load nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

My tip is kort en kragtig.

Koop 'n Chrongraaf. Geen ou kan korrek herlaai sonder een nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Herlaai Tips

Post by BLOK »

En dan die belangrikste tip wat ek met julle kan deel net deur op te let in die klas,  ken vir Neels en Wouter hulle kan help met amper alles. Dankie julle manne ek geniet om al die tips te lees, as beginner herlaaier kan ek nie bydra nie maar ek leer geweldig baie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jaco Swart »

Neelsie.

Is ek verkeerd as ek se dat die TPL is die lengte wat in jou magasyn pas. As ek die ware TPL van my wapen meet , pas hy nie in die magasyn nie. Dus het ek gaan kyk wat pas in my magasyn en van daar af begin.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

Die TPL is net die totale patroon lengte en dit kan enige iets wees wat jy dit wil maak.
Max TPL is die max lengte wat die hele patroon is om net aan die lande te raak.
Max Magesyn TPL is die max lengte wat die hele patroon kan wees om in jou magesyn te pas.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

Jy kan enige TPL kies om by te begin.
Of dit nou Max TPL is, of Max Magesyn TPL, Of 'n TPL met 'n 0.5mm jump of 5mm jump. Dit bly jou keuse
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Arnold »

Jagtersdok wrote: Jy kan enige TPL kies om by te begin.
Of dit nou Max TPL is, of Max Magesyn TPL, Of 'n TPL met 'n 0.5mm jump of 5mm jump. Dit bly jou keuse
Wees net versigtig as jy begin om jou max TPL oorskryf ... dit is nou as jy koeels begin jam in die lands.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Arnold »

My bydrae handel 'n bietjie oor konsentrisiteit.

As jy jou koeels seat, moenie die hele koeel in een moment seat nie. Doen dit in bv. 4 pogings (miskien 'n 1mm op 'n slag). Laat sak elke keer die rondte en draai hom 90 grade in die press. Druk die koeel dan 'n bietjie dieper in (jy kan hier sommer op gevoel gaan).
Dit help baie vir konsentrisieteit as jy van die goedkoper dies gebruik.

Gepaard hiermee kan jy ook as jy jou doppe size, die doppe meer as een keer size en die dop elke keer 'n bietjie draai na 'n size. (dit is nou een volle beweging op 'n slag)
Weereens omdat ek goedkoop dies gebruik kry ek so reguiter doppe. (ja ek weet ek werk die brass so bietjie ekstra, so jy moet maar besluit of dit vir jou die moeite werd is.)


Dan moet jy probeer om 'n concentricity gauge in die hande te kry sodat jy vir jouself kan bepaal of hierdie werk en die moeite werd is.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Arnold »

As jy nie 'n powder funnel het nie kan jy sommer 'n stuk stywe papier in 'n "cone" vou/draai en so met 'n stukkie tape vasplak ... so kan mens 'n goedkoop een vinnig maak.
Post Reply