Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by junglejulian »

More Manne!

Ek moet my lidmaatskap by SAJWBV hernu einde volgende maand.ek is reeds lid vir die laaste 8 jaar.Koste beloop R770 per jaar met die tydskrif ingesluit.
Ek verkies om nie die boek in die pos of in digitale vorm te ontvang nie maar wil dit in die winkel maandliks koop as ek so voel.Die posdiens is onbetroubaar en soms kry ek nie my tydskrif nie.dan moet ek eers skakel om n vervang kopie te bestel.

Het nou reeds met die Sa Jagters se kantoor geskakel maar hul wil nie vir my die opsie gee om slegs ledegeld sonder die tydskrif te betaal nie.
Hoe nou gemaak? Ek oorweeg dit nou maar om te skuif na NSA of Vrystaat jagters.
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by JuanVE »

Wat vir my baie slegs is is dat my tydskrif maklik 'n week nadat dit op die rak by die winkels is eers in die pos aankom. Soms is 'n ou lus om die boek op die rak te koop. Dis maar 'n moeilike een!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Supacow »

Julian Vrystaat Jag se mense is wiele. Jy ken hul mos. User friendly en baie behulpsaam
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by matewis »

Wat kos die tydskrif deesdae in die winkels?
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by AntonF »

Hi matewis dit kos R34
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by junglejulian »

Dit is vir my sleg dat ek die tydskrif MOETneem.Ek geniet die boek baie meer vandat oom Koos redakteur is maar verkies nogsteeds ander tydskrifte.
Die koste vir die tydskrif aleen per jaar beloop R408.

Ek soek maar solank n ander opsie
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Johan Nel »

Julian,
Kry maar dalk eers die jaargelde van die ander organisasies voor jy wel besluit. Moontlik spaar jy in elk geval nie die kostes van die tydskrif by die ander organisasies nie,... dalk wel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by FCLoretz »

Ek dink nie Sa Jagters gaan jou tegemoet kom nie.

Onthou die boek word verkoop teen R34 vanaf die rak, dan maak die winkel by jy koop 'n wins asook die uitgewer van die boek.

Dus kos dit SA Jagters nie R408/jaar/lid soos wat hulle voorgee nie, maar veel minder omdat hulle die bokke teen kosprys + posgeld.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Koos Barnard »

Dag Junglejulian
Ai, ek wens ek het 'n oplossing vir jou gehad maar ongelukkig is my hande afgekap. En oor die posdiens kan ek ook maar net my kop skud - dis 'n probleem wat niemand kan oplos nie. Ek bly in Pretoria en omdat ek lid is van SA Jagters ontvang selfs ek 'n tydskrif in die pos. Soms is dit op tyd en soms baie laat.
Sterkte ek hoop jy kom reg.
Mooi loop
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Koos Barnard »

Frederick ek dink nie SA Jagters gee voor dat dit hulle R34 per uitgawe kos nie. Dit het ek nog nie gehoor nie. Ek dink almal is terdeë bewus daarvan dat die boek die vereniging goedkoper kos.
Mooi loop
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by junglejulian »

Die koste pla my nie.ledegeld aleen sonder tydskrif behoort R360 te wees wat heel in lyn of self beter is as ander instansies.ek sukkel net regtig met my tydskrifte.ek weet die posdiens is buite Sajag se beheer maar dan moet hul my toelaat om dit self te koop.ek kry elk geval die nodige inligting op vergaderings en op epos vanaf hul
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by FCLoretz »

Jy kan ook na NSA kyk vir lidmaatskap.

http://www.natshoot.co.za/page/membership

R342/jaar en een malige R200 aansluitings fooi.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
WSM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by WSM »

Goeiemiddag Julian

Ek wil nie n argument begin of verder redeneer hieroor nie, maar ek vra myself die vraag af wat jy vra, en dan loer ek na wat SAJWV my bied:

1) 12 Uitgawes Suid Afrikaanse Jagter tydskrif
2) Die opsie om teen n verlaagde koste op die Magnum tydskrif in te skryf
3) Publieke aanspreeklikheid assuransie van 20 miljoen vir skiet en jag insidente
4) Afslag op nuwe Ford & Hilux voertuie
5) Mybonus voordele met sekere aankope
6) Opleiding op takvlak vir toegewyde statusse, baanbeampte ens
7) Die feit dat hulle in hofsake namens 38,000 lede praat

Die lys van voordele en nadele (Niemand is perfek nie) kan seker nog lank aangaan, en ek sê ook glad nie hiermee dat n ander organisasie dit nie aan jou gaan kan bied nie, maar vir my word die stem sterker met elke lid wat bygevoeg word om ons wapens te behou en verregaande wetgewing te beveg sodat my nageslag ook die voorreg kan hê om te jag en lief te wees vir die sport en sy wapens.

Dit bring my terug by die oorspronklike vraag..
Gaan n tydskrif my rede wees om van SAJWV te bedank en n ander organisasie te gaan soek, nee stellig nie, maar dit bly jou besluit.

Net my 2c, mooi dag!
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by junglejulian »

Die ledegeld pla nie.helfde van die voordele is elk geval n verkoop foefie.ek kry Dieselfe afslag vir kontant ens.

Ek soek net die opsie om nie die boek te neem nie.
Ek dien self op die bestuur van Die Bloemfontein tak en was vir 3 jaar die opleidingsbeamte.Dit is net die gesukkel met n boek wat ek elk geval nie gereeld lees nie waarvoor ek elke jaar R400 voor moet betaal
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Armand Steenkamp »

Julian, ek het van SA jagters af geskuif NSA toe en is nie n dag spyt nie

Groetnis
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Wouter Roets »

Julian

Ek dink glad nie jy hoef jouself enigsins te verduidelik nie. As jy vir watter rede ook al daai opsie soek dan moet dit beskikbaar wees. As die boek n bonus was vir dieselfde prys as wat ander kompeterende instansies se ledegeld beloop het het jy mos nie n probleem gehad nie, maar jy betaal vir daai produk en dus voel ek dit moet jou keuse wees of jy hom wil he of nie.

Groetnis
Wouter
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by kudu375 »

junglejulian wrote:More Manne!

Ek moet my lidmaatskap by SAJWBV hernu einde volgende maand.ek is reeds lid vir die laaste 8 jaar.Koste beloop R770 per jaar met die tydskrif ingesluit.
Ek verkies om nie die boek in die pos of in digitale vorm te ontvang nie maar wil dit in die winkel maandliks koop as ek so voel.Die posdiens is onbetroubaar en soms kry ek nie my tydskrif nie.dan moet ek eers skakel om n vervang kopie te bestel.

Het nou reeds met die Sa Jagters se kantoor geskakel maar hul wil nie vir my die opsie gee om slegs ledegeld sonder die tydskrif te betaal nie.
Hoe nou gemaak? Ek oorweeg dit nou maar om te skuif na NSA of Vrystaat jagters.
Ek sal ook die opsie sonder tydskrif verkies

Mooi dag
Court Schilbach
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by PWV »

junglejulian wrote:More Manne!

Ek moet my lidmaatskap by SAJWBV hernu einde volgende maand.ek is reeds lid vir die laaste 8 jaar.Koste beloop R770 per jaar met die tydskrif ingesluit.
Ek verkies om nie die boek in die pos of in digitale vorm te ontvang nie maar wil dit in die winkel maandliks koop as ek so voel.Die posdiens is onbetroubaar en soms kry ek nie my tydskrif nie.dan moet ek eers skakel om n vervang kopie te bestel.

Het nou reeds met die Sa Jagters se kantoor geskakel maar hul wil nie vir my die opsie gee om slegs ledegeld sonder die tydskrif te betaal nie.
Hoe nou gemaak? Ek oorweeg dit nou maar om te skuif na NSA of Vrystaat jagters.
Julian, sluit aan by Kaapjag! 8)
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by win270 »

NSA lidmaatskapfooie is tans R300.00 plus BTW per jaar vir toegewyde jagter.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by Baasvark »

Supacow wrote:Julian Vrystaat Jag se mense is wiele. Jy ken hul mos. User friendly en baie behulpsaam
Jy kan dit weer se!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by GERT vd M »

FCLoretz wrote:Jy kan ook na NSA kyk vir lidmaatskap.

http://www.natshoot.co.za/page/membership

R342/jaar en een malige R200 aansluitings fooi.

Dit is nogal n opsie, veral vir ons manne wat aan die verkeerde kant van 60 is teen R262.20/jaar met geen aansluitings fooie nie. Ek is besig om met hulle te onderhandel want ek druk nie sommer my kop in n vlakvark gat nie. My eerlikke opinie is dat SAJWV se kostes te hoog is. Ek het verlede jaar n versoek aan hulle gerig om my ledegeld te verminder omdat ek ouer as 60 is en medies ongeskik verklaar is vir werk. Dit is sumier geweier en ek moes opdok en betaal!
Groete
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by GERT vd M »

Enige verdere komentaar op die onderwerp??
Groete
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by junglejulian »

Oom Gert

Ek het maar geskuif na NSA toe.Ek Skiet nie meer kompeterend nie so dit pla nie.Ek geniet die jag en en jakkalsjag nou baie meer.Ek sal wel nog bydrae tot die geveg teen die wapenwet.Ek hou net die daarvan om in n blik gedruk te word nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by tripodmvr »

Kyk die fiasko wat NSA vandag met die 200 patrone maksimum begin het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Post by JDKey »

tripodmvr wrote:Kyk die fiasko wat NSA vandag met die 200 patrone maksimum begin het.
Dis nie NSA nie dis die wet.
Post Reply