Menere,
Net so vir interresantheid: ek het onlangs Ian Nyschens se laaste dubbel, 'n Alex Henry .450 NE boxlock, te siene gekry. Die geweer is in `n versameling hier in Pretoria saam met so paar dosyn ander watertand roere (o.a. nog baie ander mooi vintage dubbels en genoeg van daai ander goeters wat die Boere gewoonlik vreeslik opgewonde maak -Mausers) en het so tydjie terug in SA aangekom nadat die huidige eienaar dit by `n bekende Zim PH gekoop het.
Oubaas Nyschens het duidelik geweet hoe om `n dubbel HARD te skiet! Daar is nie veel van die groewe oor nie (al daai Kynoch staalmantel solids en warm kordiet deur die jare) en die kolf lyk of `n trop perde daaroor gegallop het.
Nog steeds, ek vermoed die roer sou interresante stories kon vertel as hy kon gepraat het! Asek reg onthou is dit die dubbel waarmee Ian Nyschens die trop kwaai olifantkoeie wat hom wou dood trap in die Zambezi vallei uitgesorteer het.
Ek probeer reel om die geweer op `n stadium mooi te gaan afneem. Kom ons kyk wat gebeur.
Ian Nyschens se laaste dubbel
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Ian Nyschens se laaste dubbel
Sjoe Johan, dit sal nou wonderlik wees.
En soos jy sê, as daai roer kon stories vertel?
En soos jy sê, as daai roer kon stories vertel?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"