Swak Knaldemper
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Swak Knaldemper
Ek het dit baie lank oorweeg voor ek vir my 'n knaldemper laat bou het. Na ure op die internet en baie besprekings met wapenhandelaars " Wat ook maar nie alles weet nie" het ek besluit om 'n knaldemper van Mkonto Manufacturing te bestel.
Het met Craig Clintworth die eienaar gepraat en hy het my verseker dat alhoewel sy knaldempers nie goedkoop is nie hulle uitstekend werk. Wel wat 'n teleurstelling. Ek het besluit op 'n reflex tiepe die wat oor die loop skuif het amper R3000 vir hom betaal.
Die dag toe ek hom kry is ek onmiddelik skietbaan toe. Kon nie 'n A3 papier op 25m raak skiet nie. Ja jy het reg gelees 'n A3 papier op 25m. Na 5 skote en 'n inspeksie op die KD het ek gesien ek skiet die kant van die KD raak. Ek is dieselfde dag terug na Mkonto toe. Hy het die KD gevat en my verseker dit is die eerste keer dat so iets gebeur hy sal hom regmaak. na Twee dae het hy my gebel en gese die KD is reg. Al wat hy gedoen het was die gat van die KD grootter te boor. terug op die baan kon ek te minste 'n tennisbal grootte groepering op 100m skiet. Ek was glad nie beindruk met die akuraatheid nie. Na 'n lang telefoongesprek was Graig sy raad dat ek nuwe ladings moet uitwerk vir die KD aangesien die loop se wibrasies anders is met die KD. Ek het baie geld en tyd spandeer maar kon nie die geweer kry om enige goeie groeperings te skiet met die KD nie. Nadat ek vir Craig die groeprings gewys het met en sonder die KD het hy gese daar moet fout wees met die KD en vir my n nuwe een gebou. Ek het die nuwe een ook probeer met dieselfde teleurstelende uitkoms.
Ek sit dus nou met 'n R3000 se KD wat ek glad nie vertrou nie. En volgens Graig werk sy KD as die klank en recoil verminder word en dit doen sy KD ,maar wat akuraatheid betref is Mkonto se KD uiters swak. Ek sal enige iemand wat dit oorweeg om 'n KD te laat bou baie sterk aanbeveel om nie van Mkonto gebruik te maak nie.

- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2461
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Swak Knaldemper
kry vir jou n terminator! hulle WERK baie goed! search dit op die forum om te sien wat se die ander manne!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Swak Knaldemper
Ek het Saterdag saam met die PTA-Oos
jagtersklub gaan skiet op die Piet Joubert
skietbaan, almal was dit eens dat die Terminator
'n wenner is.
Dit was scary om met die earmuffs op te skiet
en die knaldemper!

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Swak Knaldemper
gideon
Jammer om van jou teleurstelling te hoor, ek hoop Craig van sy KD terug en gee jou geld terug! DIt moet def. nie gebeur, wat jy ondervind. Koop dadelik n Terminator van Clarence af en kry gemoedsrus.
Ons wag nogsteeds om weer van Mkonto terugvoering te kry i.v.m die RSA topic wat hy begin het. Wonder of dit nie n tref en trap Ad was nie.
Hoop jy kom reg.
Groetnis

- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Swak Knaldemper
Gideon, jy moet miskien laat kyk of die draad reg gesny is op die loop ook. Dit kan ook veroorsaak dat die KD skeef opskroef en 'n ander KD gaan dit nie beter maak nie.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Swak Knaldemper
Gideon
Baie welkom op die forum en ek hoop jy gaan hom nog baie geniet.
Ja dit is baie sleg as jy sulke moeilikheid ondervind. Dit is n klomp geld wat n mens uitgee en sou graag resultate wou sien. Die man se dempers ken ek nie en hom ook nie, maar ek wonder net of die vervaardiger hom self gesny en opgesit het ook, as dit nie is nie kon daar dalk probleme met die skroefdraad ingekom het. Kyk as jy die demper afhaal of die draad op jou geweer nie seer het nie. N Ander probleem wat ek weet Clarence al vir my genoem het is dat mense nie die demper tot heel agter styf draai nie onthou dat op enige skroefdraad daar speling is en slegs die stewig vasdraai skakel dit uit. Onthou ook om die gat groter te sny is nie n oplossing nie ek sou eerder op n heel nuwe aangedring het aangesien die baffels skeef kan wees wat ook n groot faktor kon wees.
Ander sal ek ook maar soos die res aanbeveel jy kontak vir Clarence al is dit net vir sy raad oor wat verkeerd kan wees of nog beter een van sy dempers.
Blok.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Swak Knaldemper
Gideon welkom hier. Ek kan bevestig dat die TERMINATOR werk. Op my .303 skiet ek en beide seuns maklik onder 1'' op 100m maar dit gaan broekskeur om dit te doen sonder die TERMINATOR.
Die KD maak die geweer net soveel makker en meer hanteerbaar.
Die groeppe moet krimp of ten minste dieselfde bly.
Peet

Work to live, don"t live to work
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Swak Knaldemper
Hallo Blok.
Ek was gister weer op die baan en besluit om die kd nog 'n kans te gee. Ek draai daardie kd toe so styf vas as wat ek moontlik kan. Dit lyk asof daar 'n groot verbetering in akuraatheid is.
Ek kon op 200m 2skote skiet wat mekaar sny en dan so duim van daar af weer 2 skote wat mekaar amper sny. Ek vermoed as ek kalm kon bly sou die laaste twee skote nader aan die eerste twee kom ,maar ek was so opgewonde om te sien dat daar so groot verbetering is met die kd baie styf opgedraai.
Groete
Ek was gister weer op die baan en besluit om die kd nog 'n kans te gee. Ek draai daardie kd toe so styf vas as wat ek moontlik kan. Dit lyk asof daar 'n groot verbetering in akuraatheid is.
Ek kon op 200m 2skote skiet wat mekaar sny en dan so duim van daar af weer 2 skote wat mekaar amper sny. Ek vermoed as ek kalm kon bly sou die laaste twee skote nader aan die eerste twee kom ,maar ek was so opgewonde om te sien dat daar so groot verbetering is met die kd baie styf opgedraai.
Groete
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Swak Knaldemper
Gideon
Ek is baie bly dinge lyk of dit reg draai, dis klomp geld wat mens spandeer en ons weet almal hoe voel ons oor ons roere.
Blok
Ek is baie bly dinge lyk of dit reg draai, dis klomp geld wat mens spandeer en ons weet almal hoe voel ons oor ons roere.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Swak Knaldemper
Ek skiet self net met KD en het n terminator,het nog noooit n prob gehad nie
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Swak Knaldemper
Ek kan getuig dat die KD moet "true"as hy vasdraai. My laaste terminator het die swart verf (dink ek ) gemaak dat hy nie opline met die vasdraai nie. Oom Ben Strydom het die KD ook in die bank skoon gesny agter en dit maak dat daai KD absoluut opline.
probeer dit, ek sal dit in die vervolg met almal doen.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Swak Knaldemper
Gideon, een van die goette wat enige knaldemper jagter weet is on jou demper so styf as moontlik vas te draai. ek verstaan dalk jou laaste post verkeerd, maar dit lyk of jy dalk net vir Madoko n verskoning verskuldig is? of is ek verkeerd?gideon wrote: Hallo Blok.
Ek was gister weer op die baan en besluit om die kd nog 'n kans te gee. Ek draai daardie kd toe so styf vas as wat ek moontlik kan. Dit lyk asof daar 'n groot verbetering in akuraatheid is.
Ek kon op 200m 2skote skiet wat mekaar sny en dan so duim van daar af weer 2 skote wat mekaar amper sny. Ek vermoed as ek kalm kon bly sou die laaste twee skote nader aan die eerste twee kom ,maar ek was so opgewonde om te sien dat daar so groot verbetering is met die kd baie styf opgedraai.
Groete
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Swak Knaldemper
hallo christo.
Ek sal enige dag verskoning vra as ek dieselfde groepering kry as wat ek kry sonder die kd. Dit was een 4 skoot groepering wat nie te sleg was nie. Was egter nog nie wat die geweer sonder die kd doen nie. Sal nog 'n paar skiet en as n verskoning verskuldig is sal ek so maak.
Groete
Ek sal enige dag verskoning vra as ek dieselfde groepering kry as wat ek kry sonder die kd. Dit was een 4 skoot groepering wat nie te sleg was nie. Was egter nog nie wat die geweer sonder die kd doen nie. Sal nog 'n paar skiet en as n verskoning verskuldig is sal ek so maak.
Groete
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Swak Knaldemper
Dalk Jagbeheb wat daarop aandring? Maar, ek dink as jy al die toerusting eers in plek het jy gewoonlik weer van meet af moet begin. M gewere skiet maklik 12" laer met KD en ek moes oor inskiet, hou maar aan, jy sal hom regkry of verander na ander maak. Ek sien min, as enige, topskuts met KD'sgideon wrote: hallo christo.
Ek sal enige dag verskoning vra as ek dieselfde groepering kry as wat ek kry sonder die kd. Dit was een 4 skoot groepering wat nie te sleg was nie. Was egter nog nie wat die geweer sonder die kd doen nie. Sal nog 'n paar skiet en as n verskoning verskuldig is sal ek so maak.
Groete
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Swak Knaldemper
hi christo jy is reg, was jagbebep jammer daaroor.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Swak Knaldemper
kry maar die vervaardiger dat hy ook sy opinie hier gee, dan weet ons die gesprek was regverdig. as hy iets moet reg stel dan moet hy dit doen, en as die fout by jou was dan kan jy mos hier waar jy hom bepreek het ook hom gelyk gee. om foute te erken van verbruiker of van vervaardiger se kant is nie n skande nie.
geniet dit hier.
geniet dit hier.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Swak Knaldemper
Mooi gestel jagbehep
Ek s? altyd"Almal maak foute, gee my net kaans om reg te maak as ek gefouteer het" As ek dan nie wil help nie kan jy my maar gaan slegs? nes jy wil.
Kom ons hoop beide Gideon en Mkonto kan saam die ding oplos.
Peet
Ek s? altyd"Almal maak foute, gee my net kaans om reg te maak as ek gefouteer het" As ek dan nie wil help nie kan jy my maar gaan slegs? nes jy wil.
Kom ons hoop beide Gideon en Mkonto kan saam die ding oplos.
Peet
Work to live, don"t live to work
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Swak Knaldemper
Jagbehep.
Jy laat dit so bietjie klink asof ek net Mkonto se naam wil sleg maak sonder rede. Hou net in gedagte dat hierdie kd reeds hulle derde poging was. Dit se al klaar iets. Ek was nie by die huis so ek kon nie na die groeperings kyk en met feite antwoord nie.
Ek is bietjie dom met fotos oplaai anders sou ek vir jou foto's van die groeperings wat ek geskiet het oplaai. Ek glo die fotos sal beter verduidelik as wat ek kan met woorde. Anders kan jy vir my 'n eposadres stuur sal dan fotos so aanstuur
Intussen kan ek net die volgende vir jou se. Die 3 skoot groep wat ek sonder kd geskiet het, meet 22mm op 200m geskiet. Die 4 skoot een met die kd meet 45.4mm op 200m geskiet. "Enigste rede vir vierde skoot was die verbetering" Al wat ek vir blok gepost het was dat daar wel n verbetering is as ek die kd baie styf vasdraai en nie dat ek gelukkig is met die kd nie. Die groepering verdubbel nogsteeds van 22mm na 45.5mm as die kd op is. Dit beteken dat die kd my geweer se akuraatheid presies halfeer. Ek sal nie juis se dit is voldoende om al verskoning te begin vra nie.
Ek wil net se ek sal met die grooootse graaaagte onverskoning vra as ek kry wat aan my belowe is toe ek die KD bestel het. En dit is dat my akuraatheid nie negatief beinvloed sal word nie. Inteendeel is ek verseker dat die akuraatheid sal verbeter.
Jagbehep: kan ek so vra as jou geweer konstant onder 1duim op 200m skiet en jy sit 'n kd op"wat R3000 kos" wat maak dat jou geweer nou 2duim op 200m skiet sou jy gelukkig daarmee gewees het??

.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Swak Knaldemper
Gideon klink na 'n baie ongewensde situasie! Ek hoop jy kom reg. Ek het vir my 'n Terminator ook bestel solank.. darem amper klaar!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4242
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Swak Knaldemper
manne,dis jammer Gideon kan nie die fotos laai nie,ek was daar toe hy sy groepe skiet en wat hy vertel is die waarheid.
Ek het ook nie die idee gekry dat hy enige iemand wil beswadder of slegmaak nie,ek dink hy wil net dit waarvoor hy betaal het regkry.
Cobus

Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Swak Knaldemper
Gideon, so n ruk terug het die bekwame manne wat in beheer is van hierdie gerespekteerde forum besluit dat iemand eers n hele paar post moet doen voordat hy kan adverteer. hoekom? want ons kry baie manne wat net aansluit om iets te adverteer. sodra die artikel verkoop is dan hoor jy ook nooit weer van hom nie. netso kry jy baie nuwe manne wat dadelik n post begin waaroor hy kwaad is. sodra sy probleme opgelos is dan is hy skoonveld. in die proses is die forum maar eindelik net misbruik. nou hoe weet ek jy doen nie maar net dit nie? ek dink nie jy doen nie, maar hoe weet ek verseker? so, nou vra ek bloot om altwee kante te hoor omdat ek weet Madako is ook soms op die forum. is dit nou so vreeslik van my om almal se weergawe te mag hoor? hier is n hele paar manne op die forum(ek uitgesluit) wat baie weet van knaldempers, hoe meer inligting hulle het hoe beter is jou kans dat hulle, jou van raad sal kan voorsien. dis tog net prakties.
vergeet nou maar van my en sterkte met jou probleem. frustrasies met gewere maak n mens baie ongelukkig en ook baie kwaad.
geniet dit hier en hoop ons sien jou vir nog baie lank.
vergeet nou maar van my en sterkte met jou probleem. frustrasies met gewere maak n mens baie ongelukkig en ook baie kwaad.
geniet dit hier en hoop ons sien jou vir nog baie lank.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Swak Knaldemper
Makado en Mkonto ? dieselfde persoon ? 
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Swak Knaldemper
wil ek ook weet asb!?Christo wrote: Makado en Mkonto ? dieselfde persoon ?![]()
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Swak Knaldemper
NeeChristo wrote: Makado en Mkonto ? dieselfde persoon ?![]()
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Swak Knaldemper
Jagbehep moes perongeluk "Madako" getik het in plaas van "Mkonto".
Ek is oortuig hy het "MKONTO" bedoel!!
Ek wil ook baie graag "Mkonto" se reaksie/weergawe hoor, want dit klink vir my na 'n probleem wat relatief maklik uitgesorteer behoort te kan word?
Mkonto is 'n lid op die forum, maar ongelukkig blyk dit te wees dat hy nie meer so aktief betrokke is nie..

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...