Aaaag watse snert wil die ou nou weer kwytraak......Jy het daai snert gekoop, skiet hom self.....bla, bla, bla
As John Wayne se dis "a great rifle"....dan is dit "a great rifle"
Ek was op paar geleenthede saam met 'n pel van my wat een het en gesien hoe die geweertjie jag. Enige ding tot op 150m val net daar en met baie min vleis skade.
Inteendeel, ons het 'n rooibok elk geskiet op ongeveer dieselfde afstand ek met my 308 en hy met die 45/70. my bok het nog 100m gehardloop syne net daar geval. My bok 2kg vleis weg gegooi, syne minder as helfte minder.
Lekker lig sommer uit skouer skiet.
EN... ek het nie so een nie en die gogga wil nie los nie, toe krap ek maar waar dit so juk.
Wel dis my storie en ek bly daarby.
Nou soek ek dice set , brass en punte(hornady's 300gn) vir hom.
En goedkoop rontes om loop in te skiet.
Weet iemand dalk waar ek gaan regkom?
Mooi dag ou grotes


