Page 1 of 1
45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 7:26 am
by Pieter Gerber
Baie dink seker klaar.
Aaaag watse snert wil die ou nou weer kwytraak......Jy het daai snert gekoop, skiet hom self.....bla, bla, bla
As John Wayne se dis "a great rifle"....dan is dit "a great rifle"
Ek was op paar geleenthede saam met 'n pel van my wat een het en gesien hoe die geweertjie jag. Enige ding tot op 150m val net daar en met baie min vleis skade.
Inteendeel, ons het 'n rooibok elk geskiet op ongeveer dieselfde afstand ek met my 308 en hy met die 45/70. my bok het nog 100m gehardloop syne net daar geval. My bok 2kg vleis weg gegooi, syne minder as helfte minder.
Lekker lig sommer uit skouer skiet.
EN... ek het nie so een nie en die gogga wil nie los nie, toe krap ek maar waar dit so juk.
Wel dis my storie en ek bly daarby.
Nou soek ek dice set , brass en punte(hornady's 300gn) vir hom.
En goedkoop rontes om loop in te skiet.
Weet iemand dalk waar ek gaan regkom?
Mooi dag ou grotes
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 8:45 am
by Nico Harris
Pieter die moet onder die kettie afdelng geplaas word- ons praat oor alles wat stadigger as 400ft/s skiet onder daai afdeling.
Die "dice" set- Hang julle dit voor van die sling swivel af om die 45-70 meer "street cred" te gee? Spandeer eerder die geld op n goeie stel matryse(dies).
Laaste ding - jy moet stadig met die 308- hier is nog klomp ouens wat in die verlede leef en mal is oor hulle 308's- en natuurlik hoef hulle nie onder die kettie hofie te plaas nie want ek sien met die nuwe s355 kom hulle al by 800ft/s.
Pieter lekker naweek ou grote!
Ps- ek laat weet jou as ek komponente of dies sien erens.

Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 10:46 am
by Albert84
Ek skiet self met so kettie, meestal bosvarke op kort afstande en is baie tevrede
Humansdorp kooperasie het lee matryse, hornady doppe en 300gn hornady punte gehad so tydjie terug toe ek daar was. Peregrine maak n 260gn Hogmaster wat ek aangeskaf het maar nog nie kans gekry om te toets. Hoop jy kom reg
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 12:26 pm
by RugerBoy
Jy praat nou van een van die lekkerste bosveld kalibers. Soos met enige geweer en kaliber het elk maar sy eie idees en opinies.
Ek jag vir die laaste 2 jaar met n 45/70 en ja dat hy soos n kettie skiet is baie waar. Self as jy hom bietjie spoed gee.
Ek het reg gekom met dies en Hornady 350gr punte by Guns en Bows, praar met Marc. Ek het nog nie self Hornady doppe probeer nie maar soek vir jou liewer Winchester doppe. Die ouens se die Hornady doppe is bietjie korter. Ek het 3 pakke Winchester uitgeskiet om te begin.
Ek is baie gelukig met die 350gr RN Hornadys en hulle skiet n bars hou, myne loop so 2100fp/s uit my No. 1. Ek het al n paar BWB en klompie groot varke geskiet en soos oom Jo van VLT altyd gese het, hy is n Wildebees se baas.
Ek het ook n klompie 405 Gr Remington punte gelaai en sonder enige rede, sal ek bly by die 350gr, hulle is bietjie viniger en val heelwat minder. Ek het n klompie 350gr Claw's en kan nie dink hoekom hulle nie sal werk nie. Hulle is ook maklik om te kry en die prys is reg.
Laat weet as jy nog iets soek, Het jy n Ruger of n Marlin. Soos jy seker weet, wees maar versigtig met 45/70 ladings. Party laai hulle lekker warm

.
Groete
Andries
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 2:52 pm
by douw
My gat jeuk oor vir so een. Het sopas 'n rossi gesien op Facebook vir R7900.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 3:21 pm
by tripodmvr
Douw, die Rossi se aksie is nie baie sterk nie. Ruger No. 1 is die bul om na te soek.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 3:37 pm
by Pieter Gerber
Dankie julle
Rugerboy. Sal hulle Maandag bel.
Nico. Ek het lekker gelag vir jou komentaar.
Ek het n Merlin gekoop.
Ek Sal maar stadig wees met die poeier.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sat Sep 24, 2016 3:49 pm
by RugerBoy
Jy kan gerus vir Andre van Claw n ly gee, 0721462658. Weet Jacques van Hot Power skiet ook met een, hy het ook meeste van die tyd 300gr Hornadys.
Geniet hom!!
Re: 45/70 Gov.
Posted: Sun Sep 25, 2016 2:47 pm
by Drenalinjunkie
Ek skiet n 315gr GSC HV teen 2200fps uit my Ruger No1. Dis n awesome bosveld geweer!
Re: 45/70 Gov.
Posted: Mon Sep 26, 2016 9:55 am
by douw
Oom Marius.
Ek sal egter dalk eerder dan vir die Merlin gaan. Omrede die Ruger no1 Enkelskoot is.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Mon Sep 26, 2016 3:51 pm
by Kristof A
Albert84 wrote:Peregrine maak n 260gn Hogmaster wat ek aangeskaf het maar nog nie kans gekry om te toets. Hoop jy kom reg
Hi Albert84 en Pieter Gerber
Net vir julle en ander lesers se informasie. Ons maak nou ook n 300gr hog. Hy werk mooi in die 45-70 maar was eintlik bedoel vir die 458 2"
.458 Hog.gif
Hierdie is 300gr HOG op die 45-70 uit n Eland uit.
458 Hog Expand.gif
Re: 45/70 Gov.
Posted: Mon Sep 26, 2016 5:44 pm
by Pieter Gerber
Dankie maar Peregrine...
Ek weet nie of ek weer daardie roete sal gaan na my epside met hulle en my 6.5x55 nie.
Dis 'n storie vir 'n ander dag.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Mon Sep 26, 2016 9:05 pm
by Albert84
My Hogmasters is nie so gesny nie, neem aan ek het maar van die heel eerstes gekry?
Re: 45/70 Gov.
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:41 am
by Kristof A
Pieter Gerber wrote:Dankie maar Peregrine...
Ek weet nie of ek weer daardie roete sal gaan na my epside met hulle en my 6.5x55 nie.
Dis 'n storie vir 'n ander dag.
Hi Pieter,
Ek sal graag jou storie oor die 6.5x55 wil hoor as jy hom dalk met my sal deel. Jy kan my PM of n mail stuur na
kristof@peregrinebullet.com.
Re: 45/70 Gov.
Posted: Thu Sep 29, 2016 9:11 am
by Pieter Gerber
Kristof, regso. Sodra ek weer n tydjie het bel ek jou vir afspraak dan kom ek gou weer na julle toe.
Dankie
Mooi dag