300 Win Mag
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
300 Win Mag
Middag 300wm Manne,
Bietjie hulp asb!? Ek het onlangs n 300wm gekoop en begin nou bietjie met ladings speel. Ek het eers hier op die forum rond gesoek vir bietjie data en het besluit om van Wouter se raad te volg.
Die geweer Specs:
RSA Enkelskoot
26" Pacnor super match loop
Ek het die volgende gelaai:
Winchester Doppe
CCI200 primer (primer te koud, kry dubbel ignition, moet ek na CCI250 toe gaan?)
185gr Berger Hunting VLD koeel
S385-71gn tot 73gn (0.5 intervalle)
Ek het met 3 van die 5 ladings onder 10mm groeperings gekry en is baie tevrede MAAR ek kry nie die spoed wat ek soek nie!
Het met die 73gn S385 net oor die 2700fps gekry, ek hoop vir nader aan 3000fps?
Wat stel julle voor, moet ek meer kruit gooi en kyk wat gebeur, daar was nog geen tekens van druk op 73gn nie?
En ja die CCI200 primers het ook nie die ding gedoen nie?
Dankie
Carel

Re: 300 Win Mag
Yes Ludwig, dankie vir jou moeite!
Die berger koeel is baie lank so my TPL is 92mm en is dan 2.5mm van die lande, ek het besluit om hulle te probeer omdat ek hoor dis n baie akkurate koeel en aangesien mens die 185gn in HUNTING ook kry toe dog ek dis n goeie kombinasie vir papier skiet EN jag.
Het gou geloer, dop kapasiteit is 91.6gn H2O.
Groete

Danie Lombard .243
Re: 300 Win Mag
Carel
Probeer gerus S365 kruit met Fereral 215 magnum primers, jy sal nie spyt wees met die S365 kruit nie. Ek kry baie goeie resultate met die kruit en primer kombinasie op .300 Win Mag.
Probeer gerus S365 kruit met Fereral 215 magnum primers, jy sal nie spyt wees met die S365 kruit nie. Ek kry baie goeie resultate met die kruit en primer kombinasie op .300 Win Mag.
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: 300 Win Mag
Thanks Ludwig, ek sal dit in gedagte hou en dalk maar na n ander jag koeel kyk.
Terug na die herlaai tafel toe... dit bly darem lekker!
Danie sal bietjie met daai kombinasie ook speel, het al gehoor die Federal primers is maar die beste. Is S365 oraait vir 180 greiners? As ek nie gewensde spoed kry uit die 180's nie sal ek bietjie die 150's ook aanpak?
Wat se die ander manne... wat is die 300wm se kos! Ek skiet 150gn in 30-06 en bang ek sit met twee roere wat omtrent dieselfde werk doen!
Die 300 is maar vir lang afstand jag so sy slaankrag daar doerrrrrrr agter is seker wat die verskil gaan maak!
Geniet hom
Lekke aand

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: 300 Win Mag
Carel,
ek is ook baie tevrede met S365 en CCI250 primers.
Gebruik slegs 155gr punte op my 300 - ook n RSA met n 26" Ferlach loop
Jannie
ek is ook baie tevrede met S365 en CCI250 primers.
Gebruik slegs 155gr punte op my 300 - ook n RSA met n 26" Ferlach loop
Jannie
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: 300 Win Mag
Yes Jannie, watse punte is dit en jag jy ook met hulle?
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: 300 Win Mag
Carel, dis met PMP se 155gr Palma match punte. Ek gebruik hom net so nou en dan vir jag en dan is dit maar altyd kop skote. Hulle is maar eintlik vir papier bokke bedoel.
Ek het nog nooit S385 gebruik nie omdat my 300 goeie groepe met die 365 gee van die begin af.
Ludwig, hoe maak die 385 met die ligter punte -150gr?
Ek het nog nooit S385 gebruik nie omdat my 300 goeie groepe met die 365 gee van die begin af.
Ludwig, hoe maak die 385 met die ligter punte -150gr?
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: 300 Win Mag
daai is n mooi groep, ek het al lekker klein groepe gekry met die S365.
Carel, jy moet maar toets en laat weet.
Ek skiet my 300 deesdae te min en het sommer netnou besluit ons moet bietjie gaan draai maak.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 300 Win Mag
Hallo Carel
Baie welkom van my kant af en ek hoop jy geniet hierdie forum gate uit!
Iets klink nie vir my reg as jy se jy trek al op 73gr S385 en jou spoed is net oor die 2700ft/sek. Ek sal voorstel jy verlaag die lading na 70gr en verander na die CCI250 primer en kyk dan wat maak hy. Daar is nie n groot verskil tussen S365 en S385 in die 300 nie. die maksimum spoed wat bereik word met albei is nie so ver van mekaar af as wat mens dit graag sou wou gehad het nie. In jou 26 duim loop verbrand S385 volkome wat nie die geval is in n 24 duim loop nie. S365 gee weer swakker dopvulling so nie een is werklik idiaal nie. Dit is maar n kompromie en die uiteindelike besluit sal deur jou spesifieke roer gemaak word. Indien jy 10mm groepe kry sal ek voorstel jy bly by S385 maar maak net daai verstellings op die primer en werk versigtig op na 2907ft/sek.
Stem heelhartig met Ludwig dat daai Berger Hunting nie geskik is vir die ons jagdoeleindes nie en veral nie met die 300 se spoed nie. Bele maar in n premuim koeel.
Jan S365 sal gewoonlik beter werk saam met 155gr koeels. Wat is jou geweer se twist en waarom so ligte koeels?
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: 300 Win Mag
More Wouter,
Dankie man het al n bietjie "slimmer" geword vandat ek die forum ontdek het.
Ja iets is vir my ook nie lekker met die spoed nie, het al met die Sierra Gamekings 180gr gelaai met S365 en CCI250 by die 2800fps gekry maar die groepperings was nie so goed soos met S385 nie. Sal maar die primers verander en opwerk tot ek by daai 2900 spoed uitkom.
Ek gooi n klip in die bos maar kan dit nie wees omdat ek Wincherster doppe gebruik nie? Dit is mos maar n dun dop met baie spasie, dalk bou ek nog nie genoeg druk op nie? Eks in elk geval opsoek na Norma doppe, sodra ek kry gaan ek verander en hopelik gaan dit dan beter.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 300 Win Mag
Ek kom nou bietjie hier van die gatkant af in, hoe lank skiet jy al die geweer?
Dit klink of jou freebore taamlik lank is en as jy laai met 'n groot jump kan dit ook jou spoed verlaag.

- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: 300 Win Mag
Carel, my 300 (Sako 85) skiet ook stadiger as wat die Somchem boekie aanbeveel.
Ek skiet tans 180gr nosler b-tip's in hom, 2950fps, 69gr S365, TPL 91mm. (1mm van groewe af) - geen drukprobleme, met Quickload ook gespeel.
Gelukkig is my magasyn lank genoeg om daai lang patroon te vat. Groepeer puik.

- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: 300 Win Mag
Ludwig/Wouter
Wanneer(hoeveelheid kruit S 365) sal julle aanbeveel om van die CCI 200 oor te gaan na die magnum primer in die 300wm?
Willem

Ludwig
Bly om te hoor jy praat van 72gr! Ek het saterdag gou 'n paar patrone oor die crony geskiet om te sien waar ek my node gaan slaan en het toe die eerste keer CCI 200 primers gebruik, ek is dan nou besig met eksperimenteer! Het met 74.4 S365 my node van 3100ft/s geslaan en het geen probleem ondervind met die primers nie!
Het 1 patroon per lading oor die crony na dieselfde teiken geskiet en het van 73.5 tot 75 gr met .3gr intervalle al 6 skote onder 'n duim op 100m gekry! So daar is potensiaal en ek gaan hou by die CCI200!

Arnold, daai is nou die $1 000 000 vraag!
Ek het die geweer 2de hands opgetel vir n goeie prys (as jy na die aksie en kolf kyk...loop weet mens nooit as jy 2de hands koop nie)
Hy is gebou deur dieselfde wapensmid wat my 243 gebou het en daarom het ek ook gedink dis n goeie koop aangesien my 243 n champ is! Ek het ook die idee gekry die keel/loop is bietjie weg gebrand toe ek sien hoe lank die kamerlengte is. Wel sover het ek goeie groeperings gekry so ek weet nie wanneer is n loop nou eintlik "uit" geskiet nie!? Moet ek dalk dink om die loop terug te sny vir n kleiner jump?
Help maar

300Winmag
Re: 300 Win Mag
Koeel gewig?WillemS wrote:
Het met 74.4 S365 my node van 3100ft/s geslaan en het geen probleem ondervind met die primers nie!
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: 300 Win Mag
Ludwig
As dit 180gr was sou dit nie ek wees wat hom geskiet het nie! Dit was met 168gr Noslers.
Willem
As dit 180gr was sou dit nie ek wees wat hom geskiet het nie! Dit was met 168gr Noslers.
Willem
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: 300 Win Mag
Wouter,
ek sien nou eers jy het gevra van die ligter punte.
My 300wm is op daai stadium aangeskaf vir baanskiet, die 155gr punte het n lekker plat trajek gegee teen n mooi prys en hulle gooi mooi op my loop.
Dit was n 308 plank geweer wat ek laat verander het, die loop is nog die oorspronlike Ferlach wat van die ligter punte hou.
Jannie
ek sien nou eers jy het gevra van die ligter punte.
My 300wm is op daai stadium aangeskaf vir baanskiet, die 155gr punte het n lekker plat trajek gegee teen n mooi prys en hulle gooi mooi op my loop.
Dit was n 308 plank geweer wat ek laat verander het, die loop is nog die oorspronlike Ferlach wat van die ligter punte hou.
Jannie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 300 Win Mag
Jan
Verstaan nou.
Groetnis
Wouter
Verstaan nou.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Remingtonfrans
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Sun Nov 27, 2011 6:04 pm
Re: 300 Win Mag
Dagse.
Wil graag met julle my lading wat werk deel. Kom reguit van QL af, dankie aan Ludwig vir die somme wat jy gemaak het! Hy gaan so.
Geweer : Remington Model 700
Loop lengte : 24 duim, 1:10 twist
Lading :
168 gr Nosler Custom Competition
Somchem S365
CCI200 large rifle primer
87.5mm COL (kan nie onthou wat was jump nie)
Wincheste doppe
Lading wat QL aanbeveel het was 70.6 gr vir 'n spoed van 2977 fps en met die eerste skoot deur die chrony was dit presies wat ek toe kry.
Beste groep was 'n 5 skoot groep oor 100 meter van 11.2mm.
En hy is dodelik op die sitbokke !!!;)
Soos altyd, wees versigtig, die lading het nie tekens van gevaarlike druk getoon nie, maar kan heel anders reageer in jou wapen!!!!

Dankie my tjom, ekt nie vergeet nie, ons sal iets moet reel oor Desember! Dit raak nou moeiliker want daai goed raak nou skerp, hulle ken daai swart spies wat ver byt!!
-
Equitas
Re: 300 Win Mag
Ek het 'n lekker kopkrapper vir julle! Ek het onlangs 'n HOWA 1500 in .300WinMAG bekom dws 24" fluted loop as ek reg is met 'n 1 in 10 twist. Ek skiet met WINCHESTER doppe CCI 250 magnum primers en S385. Totale TPL is 91,1mm Totale mag well lengte 87,0mm DWS TPL is max effektief 86,85mm . Ek skiet met Nosler Ballistic Tips 180gn.
Hier kom die moeilike deel.
1. S385 71,5gn TPL86,5 4 skote 1.2380FPS 2.2410FPS 3.2379FPS 4.2573FPS DWS AVE 2435,5FPS
2. S385 71,3gn TPL86,65 4 skote 1.2287FPS 2.2375FPS 3.2538FPS 4.2485FPS DWS AVE 2421,5FPS

Volgens Somchem behoort 'n 24 " loop met 'n 180gn Projektiel met S385 op 83,0mm TPL vir jou die volgende te gee Begin 68,5gn (2677FPS) en MAKS 73,5gn (2936FPS). Ek dink op hierdie stadium as die freebore met nog 3,85mm vergroot my loop nie baie lank gaan hou nie. Is dit 'n geval van ontbranding wat nie effektief plaas vind nie, en dink jy S365 sal hierdie regmaak. Kan dit miskien druk wees wat verloor word om rede die TPL langer is as die voorgestelde 83,0mm? Op die baan het 'n 30-06 my naam toffie gemaak, gits my .308 het 100fps stadiger geskiet met dieselfde 180gn punt. Wat se raad het julle manne? Help groot asb.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Win Mag
My kommentaar is bloot : Watter chrony en hoe opgestel?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Equitas
Re: 300 Win Mag
Chrony wat gebruik word is die F1 Master dis die 3de keer wat ek hom gebruik. Chrony was voor op skietbank gesit en ek het die light diffusers opgehad want dit was 'n bewolkte dag, ek het ook doodseker gemaak dat die loop nie oor die eerste sensor was nie maar ja die loop was baie naby aan die Chrony. Wat ek bedoel met Freebore is dat as ek die TPL verkort met 3.8mm om by die TPL uit te kom soos in die Somchem boekie gaan my jump to lands omtrent 5,1 mm wees. Wat ek al gehoor het is dat groot freebore beinvloed die begin van die lands negatief om rede dit met meer force ge engage word. DWS die keel van die loop word vinniger uitgeskiet.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 300 Win Mag
Hallo Equitas
Baie welkom hier op die forum, ek hoop jy gaan dit gate uit geniet.
Nommer een moet n chrony ten minste 3 meter weg wees van die geweer se loop en met n 300 wat n redelike muzzeleblast het kan jy dit maar 5m maak soos die vervaardiger aangee. Vir die akkuraadste lesings skiet so 12 uur op n wolklose dag.
Moet jou nie dood bekommer oor die vryboor nie baie 300 sit met daai probleem en gee nog goeie akkuraadheid en looplewe.