ATN X-Sight II

Post Reply
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Vir die manne (Francois en Geno) wat met die ATN X-Sight Skiet, ek het asseblief n paar vrae. Ek wil vir my ook een aanskaf.
Nag
1. Skiet julle met die ingeboude IR?
2. Wat is die afstand van die ingeboude IR?
3. Watse ekstra IR gebruik julle, indien julle een op het?
4. Die LF met die IR filter, is hy onsigbaar vir jakkalse?
5. Gebruik julle die battery pack of is die battery voldoende vir n nag se jag?
6. Is die 4-13x voldoende of sal julle aanbeveel die 5-20x?

Dag
1. Het julle al in die dag gejag met die Scope, Hoe goed is sy vergroting?

Ek sal dit baie waardeer as julle my kan antwoord. Francois, waar het jy joune gekry in Namibia?
Dankie
Suidwes
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Gernie »

.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Suidwes wrote:Vir die manne (Francois en Geno) wat met die ATN X-Sight Skiet, ek het asseblief n paar vrae. Ek wil vir my ook een aanskaf.
Nag
1. Skiet julle met die ingeboude IR?
2. Wat is die afstand van die ingeboude IR?
3. Watse ekstra IR gebruik julle, indien julle een op het?
4. Die LF met die IR filter, is hy onsigbaar vir jakkalse?
5. Gebruik julle die battery pack of is die battery voldoende vir n nag se jag?
6. Is die 4-13x voldoende of sal julle aanbeveel die 5-20x?

Dag
1. Het julle al in die dag gejag met die Scope, Hoe goed is sy vergroting?

Ek sal dit baie waardeer as julle my kan antwoord. Francois, waar het jy joune gekry in Namibia?
Dankie
Suidwes

Nag
1. Skiet julle met die ingeboude IR? Nee
2. Wat is die afstand van die ingeboude IR? Die scope het nie ingeboude IR nie. Hy moet IR van buite af kry om te werk.
3. Watse ekstra IR gebruik julle, indien julle een op het? LF170 met IR filter, en 'n Icarus Nova 5 illuminator.
4. Die LF met die IR filter, is hy onsigbaar vir jakkalse? Nee. Hulle sal hom sien, net soos hulle ander IR ook sal sien.
5. Gebruik julle die battery pack of is die battery voldoende vir n nag se jag? Battery pack hou 16-20 ure. Ek het sommer 'n USB port op my stoel monteer.

6. Is die 4-13x voldoende of sal julle aanbeveel die 5-20x?
Ek jag in erg bosserige areas, so die 3-14x is vir my voloende.

Dag
1. Het julle al in die dag gejag met die Scope, Hoe goed is sy vergroting? Werk lekker
Goed, beter, 6millimeter!
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: ATN X-Sight II

Post by dehacked »

Ek verbeel my Wors het van hulle gehad hier in whk. Pm my dan stuur ek nommer.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Dankie Geno,

Waardeer die terugvoering. Ek het FM en Wors se nommers, dankie Dehacked.

Groete
Suidwes
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Konrad308 »

Is daar nie n illuminator wat saam met die xsight kom nie?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Hy kom met een, maar die is net goed genoeg vir iets soos bosvark jag oor aas in my opinie.
Goed, beter, 6millimeter!
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Geno,

Ek het n .308 Voere. Watse Mounting system kan ek op hom sit vir die ATN sodat die teleskoop kan terugstel (Eye relief) indien nodig.

Dankie
Suidwes
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Jy gaan 'n extended rail moet opsit. Ek weet nie of jy vir jou aksie een sal kan kry nie.
Kan jy fotos hier opsit?
Goed, beter, 6millimeter!
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Hier is hoe die geweer mounts tans lyk.
Die extended rails wat ek sien, gee opsies vir vorentoe stel nie agtertoe nie, tensy ek nie reg kyk nie.
IMG_20170210_084550.jpg
IMG_20170210_084527.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Ok, lyk soos 'n M98 aksie van soorte.
Dalk kan iemand wat die goed ken bevestig?
Goed, beter, 6millimeter!
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Ja dit is n Voere 2155, K98 aksie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Ek sal hoor waar mens so 'n rail kan kry.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Riaan Kriel »

'n Stupid vraag dalk, skiet julle manne met die oog teen die rubber eyepiece van die ATN of is die oog so stukkie weg soos met gewone teleskoop?
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Riaan,

My X-sight kom eers middle Maart. Ek het egter n ATN Monocular, met hom moet jou oog teen die eyepiece wees. Ek glo met die teleskoop is dit dieselfde. As jou oog weg van hom is, gooi hy n gloed terug, wat jou gaan verraai en jy gaan nie optimum sig he nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Geno »

Ek het uitgevind. Daardie rail sal gebou moet word, en Izak kort die aksie vir dit. Kyk na R3k+

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Eish
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Witpietskiet »

Suidwes wrote:Eish
Koop vir jou n ordentlike geweer by en sit die ATN op hom, iets soos n 22-250 of 243......n mens jag nie jakkals met n 308 nie :laugh:

Groete,
Pieter
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Suidwes »

Ai Pieter,

My hart brand vir n nuwe geweer, maar die boerdery vat al die geld jong. My broer bring vir my die scope vanaf Amerika as geskenk.
Eendag as ek groot is, dan sal ek seker vir my n nuwe geweer koop.

Maar in verdediging, die .308 is bitter akkuraat en het darem al sy kant gebring in die jag en ongedierte getalle. Ek skiet 110gr punte, so hy is darem vinniger as normaal. My Pa het die geweer en n .22 vir 31.00 Rand gekoop in 1972....

Groete Daar vir die Mense
Suidwes
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Armand9 »

Watter program op jul rekenaars gebruik jul om die videos mee te redegeer. Of is sy formaat sommer reg as jy dit aflaai vanaf die ATN?
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: ATN X-Sight II

Post by Dewitt »

Armand stuur my jou selnom dan stuur ek jou file van hoe dit gedoen word

Dewitt
0828773300
Post Reply