450 Ackley Magnum
- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
450 Ackley Magnum
Hallo manne, wie van julle het al te doen gehad met die bo genoemde kaliber?
Ek het gister by 'n oom gekuier wat een besit.
Dit is 'n 375H&H dop wat uitgeblaas word na .458 toe.
Dit was nou vir my 'n eerste gewees.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Ek het een gebruik as company gun toe ek appy PH was in Tanzanie.
Ek was mal oor die geweer en kan aan niks negatief dink van hom nie.
Wouter het my egter al probeer verduidelik hoekom dit nie een van die beter Ackleys is nie, maar ek wil nie luister nie, so ek kan nie onthou hoekom nie. Daar was ook Johnnie Rooi betrokke in die gesprek wat geheueverlies verder aangehelp het. Ek dink tog ek sal eendag een besit!

Goed, beter, 6millimeter!
- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Geno kan jy onthou watse fabrikaat daardie een was wat jy gebruik het?
Die een wat ek gister gesien het is op 'n K98 gebou.
Die oom het self by LIW gewerk donkie jare terug. Die 450 kom van daar af.

Last edited by Edu on Thu Jun 01, 2017 8:47 pm, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 450 Ackley Magnum
Edu! Smaak my jy is erg vatbaar vir ñ geheukery

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Jis Deon.... Ek dink ek het n probleem....
-
Melckman
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Manne: as ek 'n dom vraag mag vra. As dit wel 'n .375H&H dop is wat uitgeblaas is na .458 toe, is dit nie net 'n .458Lott nie? Wat is anders aan die dop?
Ek sukkel om in te dink hoe baie skouer daar op die H&H dop gaan oorbly om te Ackley, as dit uitgeblaas is? Het julle dalk 'n foto van so 'n patroon?

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 450 Ackley Magnum
Die klein skouer is presies hoekom Wouter dink die Ackley is nie so great nie. Maar in my kop as jy 2250 fps met 500gr koeel kan kry met laer druk hoekom nie? Jy kan definitief nie die 450 Rigby se specs in haal nie. Maar doppe is cheap om te fireform. Dink jou grootse pyn gaan die dies wees.
-
Melckman
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Jammer as ek nou die draad heeltemal hi-jack (skree maar as ek 'n nuwe onderwerp moet begin), maar hoe vergelyk die 450 Ackley dan met die Lott en veral die 3" .458 Express van Koos Badenhorst?
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 450 Ackley Magnum
Lott is straighwall taper dop, express is die 375 dop se volle lengte sonder om te trim. Die 450 Ackley het klein nek.
-
Melckman
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Dankie Frederik, ek het hom so. Ek verwys eintlik na die werksverrigting. Die Express behoort dieselfde voordele te he as die Ackley, maar sonder die gesukkel met die dies.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 450 Ackley Magnum
Jong ek sal nie weet nie maar mense wat lott skiet en die 3" sé hulle raak kwaai vir 'n skouer. Terwyl dit wil voor kom of 'n skouer soos die Rigbys die byt weg vat. Persoonlik dink ek dit het meer te doen met kolf wat pas.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Manne
Die 375 H&H se doplengte is 72.62 mm. Die 458 Lott se doplengte is 71.12mm Dopkapasiteit is enige iets tussen 104-107gr afhangende van die maak brass. Hy is straight walled maw hy het nie n skouer nie. Die 450 Watts se doplengte is 72.49mm en dopkapasiteit is so 108gr. Hy is ook straight walled. Die 450 Express se doplengte is 75.95mm en dopkapasiteit is so 117gr. Hy is ook straight walled. Die 450 Ackley Improved se doplengte is 72.06mm en dopkapasiteit is so 109gr en hy het n 26 grade skouer. Neklengte is 9.75mm wat onder kaliber is.
So tussen al hierdie rondtes is die 458 Exprees die enigste een wat noemenswaardige dopkapasiteits voordeel bo die Lott het. Die Watts en die Ackley se verhoogde dopkapasiteit gee weinige balistiese voordeel met die klein kapasiteits verhogings. Die ander probleem is dat jy n vervaardiger moet kry om vir jou spesiaal langer doppe te maak. Daar is nie veel vervaardigers wat bereid is om dit te doen nie en as jy iemand kry om dit te doen kos dit jou heelwat. As jy gewone 375 H&H doppe uitblaas dan verkort hulle en sit jy klaar met n dop wat korter is as die 71.44mm. Hierdie is die rede hoekom die Lott se doplengte so bietjie korter is. So al die ander rondtes gaan jy mee sukkel om by hulle doplengtes uit te kom van verwerkte 375 brass. PMP verskaf 3" doppe(75.75mm) maar hulle dopkapasiteit is heelwat kleiner so jy verloor al klaar daar.
Hierdie is die rede hoekom daar weinig voordeel is in die Watts of die Ackley bo die Lott. Jy moet ten minste hier na die 115gr dopkapasiteit toe gaan om balsties werklik iets met ons poeiers te wen. Met die 458 Express moet jy ook n 96.5mm TPL in jou geweer kan aakommodeer en min magnum aksies kry dit reg sonder om veranderings aan die magesynkas en loading port te doen.
Met my liefde vir Ackleys het ek dit sterk oorweeg om my 458 Lott te verander na 450 Ackley, maar daar was net nie veel voordele daaraan nie. Selfs PO Ackley het erken dit was sy swakste ontwerp was. Ek hardloop huidig n 95mm TLP op my Lott wat in elk geval die beskikbare interne kapasiteit verhoog en hom balisties op dieselfde voet plaas as die Watts of die Ackley met baie minder drama oor beskikbaarheid van Brass, die-sets en grenspos drama oor regte gestampde doppe.
As jy 2300ft/sek plus op n 458 500gr koeel wil hardloop sonder drukprobleme kry vir jou n 450 Rigby en klaar.
Groetnis
Wouter

Wouter, gooi bietjie jou huidige ladings en spoed asb net vir interesantheid asook jou loop lengte.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Freek
Ek skiet n Barnes 450gr TSX teen 2250ft/sek met S335 en n Rhino 500gr Solid met S355 teen 2200ft/sek uit n 23 duim loop. TPL is in beide gevalle 95mm wat meer is as die standaard van 91.44mm vir die rondte. Beide is basies net onder maksimum druk vir die rondte. Ek het die gebruik van S355 in die 458 Lott breedvoerig op n ander draad hier op die forum bespreek vir die wat belang stel.
Groetnis
Wout
Ek skiet n Barnes 450gr TSX teen 2250ft/sek met S335 en n Rhino 500gr Solid met S355 teen 2200ft/sek uit n 23 duim loop. TPL is in beide gevalle 95mm wat meer is as die standaard van 91.44mm vir die rondte. Beide is basies net onder maksimum druk vir die rondte. Ek het die gebruik van S355 in die 458 Lott breedvoerig op n ander draad hier op die forum bespreek vir die wat belang stel.
Groetnis
Wout
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 450 Ackley Magnum
Dankie Wouter!
-
Melckman
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Dankie Wouter. Baie interessant.
- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
Re: 450 Ackley Magnum
Dankie vir al daardie inligting
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: 450 Ackley Magnum
Frederik, 'n skouer kan nie byt wegvat nie, 'n geweer weet nie wat gaan daar binne aan nie, net dat soveel gram dryfmiddel 'n koeel van soveel gram so vining versnel. Dan versnel die geweer agtertoe, en jou skouer moet hom stop!
Soos die digter destyds gese het; dis al