Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Ek speel met n projekkie om n ou selfoon (iphone 4) te gebruik as kammera en my nuwe iphone 7 of ipad te gebruik as monitor oor n WiFi "personal hotspot" wat geen data gebruik nie.

Ek kan met die TeamViewer app op my skoot rekenaar aan my selfoon koppel en dan enige afstand van my selfoon af die kamera stroom op my selfoon so bekyk, maar dit kos data. My poging is om dit sonder selfoon data reg te kry met wifi.

Vir die wifi opsie kry ek dit reg om ongeveer 80m van die teiken af my een selfoon met die ander te laat praat en dan sien ek n perfekte beeld van die teiken. Dit werk baie lekker vir oop fisier skiet, ek dink hier veral aan die windbuks en .22 manne.

Nou wil ek dit verder vat en probeer om 500m - 1500m ver te gaan net met wifi extender. Dis hier waar ek bietjie vas haak. Ek sukkel om n repeater/extender in die hande te kry wat my twee selfone oor so n afstand met mekaar sal laat praat.

Ek weet daar is goed soos bullsye cam en Targetvision daar buite wat ongeveer R6000 kos wat gemaak is om presies dit te doen, maar ek soek iets vir onder R2000 of verniet (selfoon koste uitgesluit, want ek het mos n ou foon of tablet etc en my nuwe foon wat ek kan gebruik)

Is daar dalk iemand wat weet van n wifi oplossing vir my langafstand behoefte?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Aceofspades »

Ek weet nie hoe ver jy sal kan opvang nie, maar dit het vir my gewerk toe ek 'n appy en "internetless" was.

Ek het op 'n vriend se access point ingelog wat omtrent so 350m van my af was. Aan sy kant het ek 'n "pie tin antenna" gemaak en aan my kant 'n "cantenna" (pringles can antenna)

Dit is nie proffesioneel nie, maar dit reflekteer die sein in die regte rigting.

Jy kan natuurlik ook wild geld uithaal en allerhande parabolic antennas koop wat spesiaal gemaak is vir rigting en afstand.

Hier is IT manne hier op wat beter raad sal kan gee.

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by LoveHenties »

Kan jy nie 'n Wifi Router so rofweg halfpad neersit nie? Meeste werk in elk geval met 12V adapters, so 'n hek-motor battery sal die job doen.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Ek het ook gedink aan n wifi router, maar is nie seker hoe ver van die router af n iphone se wifi sal stuur nie. Dan soek ek nog n goeie router wat met batterye werk. Ek het my Huawei mini wifi router probeer, maar die sein is nie sterk genoeg om 100m ver te stuur en ontvang nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Rudie »

Hier was 'n man op die forum wat ek 'n systeem by gekoop het wat die ouens wat drones vlieg gebruik. Ek sal kyk of ek sy details kan opspoor. Ek het die kamera al tot op 800m gebruik en ek is seker hy sal verder as dit werk. Ek het so R 2500 vir die systeem betaal as ek reg onthou.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Ek het ook gedink aan n wifi router, maar is nie seker hoe ver van die router af n iphone se wifi sal stuur nie. Dan soek ek nog n goeie router wat met batterye werk. Ek het my Huawei mini wifi router probeer, maar die sein is nie sterk genoeg om 100m ver te stuur en ontvang nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by KalahariKlong »

Ek gebruik sommer Video call op WhatsApp. In die kamera foon sit jy vir jou 'n Cell C sim en jy laai n WhatsApp bundle vir R7.50.
Werk vir my heel aanvaarbaar en maklik.

Groete
KK
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Ek het ook gedink aan n wifi router, maar is nie seker hoe ver van die router af n iphone se wifi sal stuur nie. Dan soek ek nog n goeie router wat met batterye werk. Ek het my Huawei mini wifi router probeer, maar die sein is nie sterk genoeg om 100m ver te stuur en ontvang nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Capt. Yoda »

CorneA wrote:Ek het ook gedink aan n wifi router, maar is nie seker hoe ver van die router af n iphone se wifi sal stuur nie. Dan soek ek nog n goeie router wat met batterye werk. Ek het my Huawei mini wifi router probeer, maar die sein is nie sterk genoeg om 100m ver te stuur en ontvang nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Die router vir daai lang afstande gaan jou basies kos wat die bulletcam jou gaan kos, daar is ook n beperking op meeste routers wat jy oor die toonbank koop se "sein sterkte". Ek twyfel of jy naby 400m met n router sal kom.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Rudiejacobs »

KalahariKlong wrote:Ek gebruik sommer Video call op WhatsApp. In die kamera foon sit jy vir jou 'n Cell C sim en jy laai n WhatsApp bundle vir R7.50.
Werk vir my heel aanvaarbaar en maklik.

Groete
KK
Persoonlik dink ek hier le jou antwoord.
Rudie.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Bennie Bester »

Hallo Corne,
Ek het so n jaar terug met n soortgelyke projek gespeel. Ek gebruik n gewone sekuriteits kamera so 6m van die teikens af. Die kamera is gekoppel aan n Mikro Tik STX Lite2 wat die sein na my netbook stuur by die skietpunt. Die program op my netbook kan elke skoot opneem of n video neem van die "string"wat jy skiet by die skietpunt.
Ek gebruik 12V hekmotorbattery om die stelsel van krag te voorsien.
Dit neem n tydjie om alles op te stel, maar daarna is dit net n groot plesier, veral as daar redelik baie ladings is om te toets.
Die langste afstand waarop ek die stelsel getoets het was 1.4 km (LOS). Beeld is baie goed en dit is n groot hulpmiddel.
Dit gaan n paar rand kos en kan nie met WU kompeteer nie. Die Mikro Tik is plaaslik beskikbaar, maar jy kan vir die helfte van die prys op Ebay gekoop word.
Ek het lokaal gekoop en die ouens daar het vir my met die tegniese goedjies gehelp, want ek het geen kennis van die goed nie. Al wat ek weet is dit werk en ek het die skoolgeld betaal!!!!
Groete Bennie
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1382
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by snakker »

KalahariKlong wrote:Ek gebruik sommer Video call op WhatsApp. In die kamera foon sit jy vir jou 'n Cell C sim en jy laai n WhatsApp bundle vir R7.50.
Werk vir my heel aanvaarbaar en maklik.

Groete
KK
Hoe kry mens die foon by die teiken om outomaties die Whatsapp video call te antwoord asb? Ek weet Skype het so opsie, maar sien dit nie onder Android Whatsapp nie?
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Ek dink jy begin die video call as jy die foon by die teiken neersit, moet net nie perongeluk die video call op die ander kant af skakel as jy terug beweeg skietbank toe nie. Oefen dit by die huis.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Pinkes »

Ek gebruik ou iPhone by teiken met baby monitor app op. Jy kan dan net met jou foon wat by jou is die app oop maak(enige tyd) en kyk waar jou skote le. Jy kan ook heeltyd hom oop hou as jy wil. Kos net data maar gebruik ook nie baie nie.
User avatar
CorneA
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Sun May 17, 2015 3:54 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by CorneA »

Pinkes wrote:Ek gebruik ou iPhone by teiken met baby monitor app op. Jy kan dan net met jou foon wat by jou is die app oop maak(enige tyd) en kyk waar jou skote le. Jy kan ook heeltyd hom oop hou as jy wil. Kos net data maar gebruik ook nie baie nie.
Pinkes, watis die naam van daai baba monitor app? Ek wil hom uit toets.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink 2 keer, doen 1 keer
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Pinkes »

Baby monitor. Vat net die een met extended range. 3g weergawe as ek reg kan onthou.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Selfoon IP Kamera vir skietbaan

Post by Apie »

Pinkes wrote:Baby monitor. Vat net die een met extended range. 3g weergawe as ek reg kan onthou.
Snaaks jy so baie kennis oor baba monitors het.......

Sent from my D5803 using Tapatalk
Post Reply