Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post Reply
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Leon Crous »

Hello manne,
Ek sit hierdie op namens vriende.
Jagplekke is in Loxton en naby Leeugamka (Kalkfontein).
Nog lekker paar naweke oop (ongelukkig alles packet jagte):
3-7 Mei ; 10-14 Mei ; 17-21 Mei ; 24-28 Mei ; 1-4 Junie ; 7-11 Junie ; 14-18 Junie ; 21-25 Junie ; Alle naweke in Julie ; 9-13 Aug.
Pakkette lyk verskillend maar pryse per bok lyk so:
Springbok = R900
Blesbok = R1800
Gemsbok = R5500
SwartWB = R3800
Rooihartbees = R3200
Koedoe =R3800
Eland = R7500.

Dagfooie = R650 wat slaapplek ens, bakkies, ens insluit. Daar is wel nog slagkostes ekstra.

PM my dan stuur ek hul volledige uiteensetting na jou mail.
OF kontak hulle direk by:
Gert en Julia Hatting telnr -023 412 1637 of sel - 083 566 5887
Epos = hatting@telkomsa.net

Groete,
Leon.
Last edited by Leon Crous on Wed Apr 19, 2017 5:46 pm, edited 1 time in total.
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Leon Crous »

BUMP
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Pvdw »

Leon ek reageer nie graag negatief op iemand se post nie. Elke man kan vra wat hy wil want hy weet wat hy het en wat hy daarvoor soek.

Ek gesels met baie manne en is jamme om te hoor hoeveel het hul jagte gesny. Sommiges gaan glad nie jag nie. Uit en uit a.g.v. die ekonomie.

Hoekom ek dit vir jou sê is omdat die pryse hierbo sekerlik nie top Dollar is nie maar verseker nie aandag trek as iets spesiaal nie. Die Eland en koedoe is wel baie goed. Teen R 650/ dag en nog slagfooi daar bo op raak R900 vir springbok en R3800vir SWB maar rof.

Ek glo daar sal verseker êrens manne wees wat anders as ek voel maar baie manne sug net en los die geweer die jaar in die kluis.

Sterkte met die jagte en ek hoop regtig jull word wel vol geboek.
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Meteor »

Jammer dat ek dom vrae vra maar ek is n beginner en wil graag weet wat meen die volgende.

1) Wat is packet/pakket jag ?
2) Wat is n dagfooi gewoontlik voor? Ek sien daar staan blyplek en bakkie maar sluit dit gewoontlik ook goed soos die bakkie se petrol, braaihout of gebruik van n stoof en yskas ens in?
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Leon Crous »

Dankie Pvdw vir jou comments. Dis nie my plek/jag nie en ek sit dit net op vir vriende van my.
Soos jy noem, kan ek self ook nie teen daardie pryse jag nie. Maar ek ken ook die plek -geriewe is top-notch en ek glo dat die wat wel vd geleentheid gebruik wil maak, die totale ervaring baie sal geniet.
Net so terloops, daar het al baie manne my gekontak (en ook hulle direk) - en ek het die volledige info aan hulle deur gestuur.

Meteor - 'n Pakket beteken eenvoudig dat daar bv vir elke jaggroep 4 x Springbokke + 2 x SwartWB + 2 x Gemsbokke beskikbaar gemaak word.
Hierdie pakkette kan aangepas word soos wat dit die spesifieke groep/omstandighede pas. Praat maar met Gertjie.

Dagfooie - Bakkie beteken gewoontlik diesel ingesluit. Braaihout ook by Kalkfontein ingesluit. Yskaste ens is alles deel vd verblyf (baie netjies!) en by daggelde ingesluit.

Indien jy belangstel, stuur vir my jou epos adres en ek mail die volle info vir jou.
groete,
leon.
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Meteor »

Leon dankie vir die terugskryf, ek waardeer dit.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Laatslapers....jagte nog beskikbaar

Post by Sean3006 »

Hi Leon
Please send me all the info and dates still available.
seanj007@gmaildotcom
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Post Reply