Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
-
pieterventer87
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Nov 30, 2015 1:28 pm

Goeie dag aan almal.
Ek het vir my seun sy eerste geweer gekoop. 'n .223 Howa 1500 bull barrel. Hy is nou 6 jaar oud. Hy het baie mooi begin met die .22 en kan baie mooi groepe skiet. ( nou maak hy my mal om te begin jag)
Nou kom die vraag. Ek soek 'n teleskoop vir die geweer. Ek wil graag lae ringe vir die mannetjie op sit want ek is skrikkerig dat hy nie mooi deur die teleskoop gaan kan sien as ek hoër ringe op sit nie.
Nou. Ek het verskeie winkels gevra wat die beste is om te doen maar dis maar moeilik om 'n reguit antwoord te kry( Elke skut verskil)
Ek beplan vir n 40mm voor lens teleskoop. Die rede vir 'n 40mm teleskoop is dat ek bang is as ek 'n 50mm lens teleskoop op gaan sit met lae ringe, dat die teleskoop aan die loop gaan raak.
Watse ringe en teleskoop stel julle voor wat nie my bank gaan breek nie, en wat goed vir die man sal werk op die baan en in die jagveld?
Groete
Pieter

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Enige maak staal ringe sal werk. Kyk na Geno se Wildgame teleskope. Baie goeie glas teen n weggee prys. Al nadeel is hulle bell voor is 50mm. Dit is nie so erg nie. As jy meer wil spander kyk na die SWFA scopes wat Geno nou inbring.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1846
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Vir daardie kaliber en toepassing, wat van 'n Nikon Prostaff 4-12x40?
Goedkoop, laag, helder, stel mooi.
Sit hom sommer in Warne lae ringe, sal seker goedkoopste wees. Alu ringe sal ook werk met die .223.

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Goeie advies!!LoopSoosStroop wrote:Vir daardie kaliber en toepassing, wat van 'n Nikon Prostaff 4-12x40?
Goedkoop, laag, helder, stel mooi.
Sit hom sommer in Warne lae ringe, sal seker goedkoopste wees. Alu ringe sal ook werk met die .223.
And as thy days, so shall thy strength be
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Wil n klip in die bos gooi, is kolf lengte nie meer belangrik as die hoogte van die teleskoop nie?
Vra maar net.
Groete
Vra maar net.
Groete
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Ek persoonlik dink dat jy kan wegkom met LOP wat bietjie kort en nie perfek is nie, maar konstante cheek weld en die invalshoek van die oog in die scope die belangrikste isWitpietskiet wrote:Wil n klip in die bos gooi, is kolf lengte nie meer belangrik as die hoogte van die teleskoop nie?
Vra maar net.
Groete
And as thy days, so shall thy strength be
-
pieterventer87
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Nov 30, 2015 1:28 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Die LOP op die geweer is tans te lank ja, en ja dit maak vir my ook baie saak in persoon. Wat stel julle voor?
Ek het gister met n vriend gesels en hy het voor gestel dat ek die kolf kan laat boor en n verstelbare wang stut kan laat op sit. Maar dit los nog nie die LOP probleem op nie. Ek as kind het geleer skiet sonder om die kolf in my skouer te hê, tot ek oud genoeg was om die geweer reg vas te kon hou.
Met my broer se .22 sukkel die kinders glad nie want die kolf is lekker kort.

- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Vir n 224 se reikafstand stel ek 16 x vergroting voor of meer. Laat hy tarentale skiet op 100m plus, as hy hulle keer vir keer skiet op daai afstand is hy reg vir n bok. My laaitie kry nog "bokkoors" as ons lank vir die tarentale soek en hulle ewe skielik kry.... Die LOP op die 223 is vir my seuntjie ook n probleem en die silencer is te swaar vir hom.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
nols
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Hi Pieter, ek het my standaard 223 howa met die ou plastic kolf vir my dogtertjie (nou 9jaar oud) en my vrou reg gemaak. Ek het die kolf seker so 6sentimeter korter gemaak en ek het een van daai carsten verstelbare wangstuke opgesit, dit werk baie lekker, toe koop ek maar vir my die 223 howa varminter!pieterventer87 wrote:Die LOP op die geweer is tans te lank ja, en ja dit maak vir my ook baie saak in persoon. Wat stel julle voor?
Ek het gister met n vriend gesels en hy het voor gestel dat ek die kolf kan laat boor en n verstelbare wang stut kan laat op sit. Maar dit los nog nie die LOP probleem op nie. Ek as kind het geleer skiet sonder om die kolf in my skouer te hê, tot ek oud genoeg was om die geweer reg vas te kon hou.
Met my broer se .22 sukkel die kinders glad nie want die kolf is lekker kort.
Sent from my S30 using Tapatalk
-
pieterventer87
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Nov 30, 2015 1:28 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Ekt nou bietjie rond gesoek en die wang stut gesien wat die probleem kan oplos vir die mannetjie se "cheek weld". So dan sal ek die medium hoogte ringe met 'n 50mm teleskoop kan op sit
https://www.google.co.za/imgres?imgurl= ... mrc&uact=8
Die vraag is nou net. Waar koop ek so ding? Ekt gesoek nou op die internet in SA maar ek kry net die een wat soos 'n rek materiaal is wat jy dan die sponsies in druk. Ek het destyds so iets gehad maar hy het nie so lekker vir my gewerk nie
En dan sal ek die kolf ook laat korter maak.
https://www.google.co.za/imgres?imgurl= ... mrc&uact=8
Die vraag is nou net. Waar koop ek so ding? Ekt gesoek nou op die internet in SA maar ek kry net die een wat soos 'n rek materiaal is wat jy dan die sponsies in druk. Ek het destyds so iets gehad maar hy het nie so lekker vir my gewerk nie
En dan sal ek die kolf ook laat korter maak.
-
nols
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm
Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223
Ek dink jungle julian op die forum maak van daai verstelbare wangstuke!?pieterventer87 wrote:Ekt nou bietjie rond gesoek en die wang stut gesien wat die probleem kan oplos vir die mannetjie se "cheek weld". So dan sal ek die medium hoogte ringe met 'n 50mm teleskoop kan op sit