Page 1 of 1

Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:23 am
by pieterventer87
Goeie dag aan almal.

Ek het vir my seun sy eerste geweer gekoop. 'n .223 Howa 1500 bull barrel. Hy is nou 6 jaar oud. Hy het baie mooi begin met die .22 en kan baie mooi groepe skiet. ( nou maak hy my mal om te begin jag)

Nou kom die vraag. Ek soek 'n teleskoop vir die geweer. Ek wil graag lae ringe vir die mannetjie op sit want ek is skrikkerig dat hy nie mooi deur die teleskoop gaan kan sien as ek hoër ringe op sit nie.

Nou. Ek het verskeie winkels gevra wat die beste is om te doen maar dis maar moeilik om 'n reguit antwoord te kry( Elke skut verskil)

Ek beplan vir n 40mm voor lens teleskoop. Die rede vir 'n 40mm teleskoop is dat ek bang is as ek 'n 50mm lens teleskoop op gaan sit met lae ringe, dat die teleskoop aan die loop gaan raak.

Watse ringe en teleskoop stel julle voor wat nie my bank gaan breek nie, en wat goed vir die man sal werk op die baan en in die jagveld?

Groete

Pieter

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:31 am
by joe rocket
Enige maak staal ringe sal werk. Kyk na Geno se Wildgame teleskope. Baie goeie glas teen n weggee prys. Al nadeel is hulle bell voor is 50mm. Dit is nie so erg nie. As jy meer wil spander kyk na die SWFA scopes wat Geno nou inbring.

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:44 am
by LoopSoosStroop
Vir daardie kaliber en toepassing, wat van 'n Nikon Prostaff 4-12x40?

Goedkoop, laag, helder, stel mooi.

Sit hom sommer in Warne lae ringe, sal seker goedkoopste wees. Alu ringe sal ook werk met die .223.

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:56 am
by Swede
LoopSoosStroop wrote:Vir daardie kaliber en toepassing, wat van 'n Nikon Prostaff 4-12x40?

Goedkoop, laag, helder, stel mooi.

Sit hom sommer in Warne lae ringe, sal seker goedkoopste wees. Alu ringe sal ook werk met die .223.
Goeie advies!!

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 12:46 pm
by Witpietskiet
Wil n klip in die bos gooi, is kolf lengte nie meer belangrik as die hoogte van die teleskoop nie?

Vra maar net.

Groete

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Wed Jul 19, 2017 1:08 pm
by Swede
Witpietskiet wrote:Wil n klip in die bos gooi, is kolf lengte nie meer belangrik as die hoogte van die teleskoop nie?

Vra maar net.

Groete
Ek persoonlik dink dat jy kan wegkom met LOP wat bietjie kort en nie perfek is nie, maar konstante cheek weld en die invalshoek van die oog in die scope die belangrikste is

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Thu Jul 20, 2017 9:49 am
by pieterventer87
Die LOP op die geweer is tans te lank ja, en ja dit maak vir my ook baie saak in persoon. Wat stel julle voor?

Ek het gister met n vriend gesels en hy het voor gestel dat ek die kolf kan laat boor en n verstelbare wang stut kan laat op sit. Maar dit los nog nie die LOP probleem op nie. Ek as kind het geleer skiet sonder om die kolf in my skouer te hê, tot ek oud genoeg was om die geweer reg vas te kon hou.

Met my broer se .22 sukkel die kinders glad nie want die kolf is lekker kort.

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Thu Jul 20, 2017 10:22 am
by Jake1
Vir n 224 se reikafstand stel ek 16 x vergroting voor of meer. Laat hy tarentale skiet op 100m plus, as hy hulle keer vir keer skiet op daai afstand is hy reg vir n bok. My laaitie kry nog "bokkoors" as ons lank vir die tarentale soek en hulle ewe skielik kry.... Die LOP op die 223 is vir my seuntjie ook n probleem en die silencer is te swaar vir hom.

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Thu Jul 20, 2017 10:25 am
by nols
pieterventer87 wrote:Die LOP op die geweer is tans te lank ja, en ja dit maak vir my ook baie saak in persoon. Wat stel julle voor?

Ek het gister met n vriend gesels en hy het voor gestel dat ek die kolf kan laat boor en n verstelbare wang stut kan laat op sit. Maar dit los nog nie die LOP probleem op nie. Ek as kind het geleer skiet sonder om die kolf in my skouer te hê, tot ek oud genoeg was om die geweer reg vas te kon hou.

Met my broer se .22 sukkel die kinders glad nie want die kolf is lekker kort.
Hi Pieter, ek het my standaard 223 howa met die ou plastic kolf vir my dogtertjie (nou 9jaar oud) en my vrou reg gemaak. Ek het die kolf seker so 6sentimeter korter gemaak en ek het een van daai carsten verstelbare wangstuke opgesit, dit werk baie lekker, toe koop ek maar vir my die 223 howa varminter! Image Image

Sent from my S30 using Tapatalk

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Thu Jul 20, 2017 11:18 am
by pieterventer87
Ekt nou bietjie rond gesoek en die wang stut gesien wat die probleem kan oplos vir die mannetjie se "cheek weld". So dan sal ek die medium hoogte ringe met 'n 50mm teleskoop kan op sit

https://www.google.co.za/imgres?imgurl= ... mrc&uact=8

Die vraag is nou net. Waar koop ek so ding? Ekt gesoek nou op die internet in SA maar ek kry net die een wat soos 'n rek materiaal is wat jy dan die sponsies in druk. Ek het destyds so iets gehad maar hy het nie so lekker vir my gewerk nie

En dan sal ek die kolf ook laat korter maak.

Re: Teleskoop en lae ringe vir my seun se Howa .223

Posted: Thu Jul 20, 2017 11:24 am
by nols
pieterventer87 wrote:Ekt nou bietjie rond gesoek en die wang stut gesien wat die probleem kan oplos vir die mannetjie se "cheek weld". So dan sal ek die medium hoogte ringe met 'n 50mm teleskoop kan op sit

https://www.google.co.za/imgres?imgurl= ... mrc&uact=8

Die vraag is nou net. Waar koop ek so ding? Ekt gesoek nou op die internet in SA maar ek kry net die een wat soos 'n rek materiaal is wat jy dan die sponsies in druk. Ek het destyds so iets gehad maar hy het nie so lekker vir my gewerk nie

En dan sal ek die kolf ook laat korter maak.
Ek dink jungle julian op die forum maak van daai verstelbare wangstuke!?

Sent from my S30 using Tapatalk