Nog n DIY tumbler
Posted: Thu Jul 20, 2017 10:41 pm
Al die gepraat en manne se pogings om wet stainless media tumblers te bou het gemaak dat ek ook my navorsing gaan doen het. Die resultate en die feit dat dit soveel vinniger was het my dadelik laat besluit dat ek ook een MOET hê. Die pryse het my egter afgeskrik en ek hetbesluit om eerder self een te probeer maak....
Na ek lank rond gekrap het op internet, YouTube en in my garage vir idees het ek besef dat almal wat een bou met ten minste 1 of meer van die probleme sit om te oorkom:
1) as die drom direk aangedryf word is die koppelling tussen die motor en die drom n probleem. Die drom moet nog kan seel en moet verwyder kan word om doppe maklik in en uit te kry.
2) indien die drom nie direk aangedryf word nie moet die drom nie gly of die dryf-as nie.
3) iets moet in die drom gebou word om die doppe te skommel om te verseker dat almal mooi skoon gewas word.
Dit het my die idee gegee om die een te bou wat nie met een van die probleme sukkel nie(hy dalk n paar van sy eie..
)

Ek het gewerk met wat ek het en die garage deur motor is nie ideaal vir die werk nie, aangesien hy nie gemaak is vir lank loop nie, en na n ruk begin warm word. So as ek baie doppe(swaar) was doen ek dit in 2x20min sessies. Die staal het my onder R300 rand gekos en ek het 3 uit dit gebou vir my en 2 vriende. As mens wil hê hy moet harder werk as wat myne doen moet mens net kyk om die aandrywing bietjie te verander vir n sterker motor of n ratverhouding met n vinniger motor, maar vir wat ek doen is hy 100%.
Soos julle kan sien gebruik ek n 5l waterbottel as n drom. Indien die bottel lyk of hy begin skuur vervang ek hom sommer(en as jy nie water koop in bottels nie, kos die bottels R8 by crazy plastics). Jy kan dan basies gate boor vir enige hoekige bottel. Voordeel is dan dat die vorm van die bottel die skommel werk doen. Ek het wing nuts op 2 van die threaded rods gebruik om maklik die bottel te kan insit en uithaal. Daar is ook ander gate opsies geboor as ek n ander of kleiner bottel wil gebruik vir minder doppe.
Moet sê hy maak my lewe verseker makliker sonder om die bank te breek.. en my doppe kom mooi skoon uit!