12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 690
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Chris (vdB) »

Dagse manne

Wil graag by julle manne hoor watse nommer 12G haelgeweer patrone gebruik julle vir die volgende voel soorte

Kolgaanse
Makoue
Eende
Tarentale

Ek gebruik normaal weg nr 3 en dan AAA vir verder skote waar die voels bietjie verder in panne of in damme sit, maar begin dink om nr 1 te probeer. Verder wil ek ook graag hoor watse maak julle verkies. Het vanoggend Kloppers in Bloemfontein gebel en hulle hou nou n' Rio maak aan, ek ken dit glad nie, het iemand van julle al van die patrone gebruik?

Dankie

Groete
Chris
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2018
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Supacow »

Nr 6'e het die beste BC ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 823
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Location: Stormberg, Eastern Cape

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Ranger »

Kolgaanse #3 or #4
Makoue #2 or #3
Eende #4 or #5
Tarentale #4 or #5
Chris (vdB) wrote:Dagse manne

Wil graag by julle manne hoor watse nommer 12G haelgeweer patrone gebruik julle vir die volgende voel soorte

Kolgaanse
Makoue
Eende
Tarentale

Ek gebruik normaal weg nr 3 en dan AAA vir verder skote waar die voels bietjie verder in panne of in damme sit, maar begin dink om nr 1 te probeer. Verder wil ek ook graag hoor watse maak julle verkies. Het vanoggend Kloppers in Bloemfontein gebel en hulle hou nou n' Rio maak aan, ek ken dit glad nie, het iemand van julle al van die patrone gebruik?

Dankie

Groete
Chris
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor
Tikka Varmint 300WSM
Beretta SP1
CZ 457 Varmint .22LR
Mahely .22LR
CZ Shadow 2
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3083
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Pappabeer »

Rio is UEE. Niks fout daarmee nie.

Kolganse #4 of #5
Makoue #3, maar het al n paar met ligter hael laat val.
Tarentaal en eend #5
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Location: Pretoria Oos

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Ashley »

Stem saam met Papabeer; RIO is volop en werk goed.

My ondervinding strek nie verder as Tarentaal nie.... Nr 4 of 5 is reg
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Location: Paarl

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Forester »

Kolgans & Makou #3
Eende en tarentale #5
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 690
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Chris (vdB) »

Dankie vir julle terugvoering, lyk vir my ek wil te grof gaan met #1. Sal bietjie #4 ook probeer
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Location: witbank

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Born2Late »

Onthou hoe growwer die hael hoe minder korrels is daar en hoe groter maak die pattern oop wat jou n groter kans op n mis of n kwes gee, veral op langer afstande.
fyner hael het meer korrels wat meer bymekaar bly en n digter pattern gee.
Groete.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1570
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Rudi Fischer »

5 vir Tarentaal en eende
3 vir die res
6 vir duiwe
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Location: Keetmanshoop, Namibië

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Stefan Fourie »

Nie eendvoël of sy familie nie, maar waarmee sal julle 'n rooijakkals skiet?
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1570
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Rudi Fischer »

AAA of SSG
Maar dink meer AAA vir n probleem dier
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Cilair
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Sun Jan 15, 2017 9:27 pm

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Cilair »

Hallo Rudi. Onshet hulle baie uit die helikopter uit geskiet. Almal wil te grof gaan. Nr3 werk baie lekker op ou vossie uit die lug uit


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13278
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Geno »

Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Location: Keetmanshoop, Namibië

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Stefan Fourie »

Dankie almal. Ons skiet ook uit microlight en gyro uit, te grof werk nie, daai toets doer in die begin al gedop. AAA is nog onnodig grof, dan sal ons hou by nr 3, dit klink soos 'n goeie middeweg.
Met 'n hael geweer wat lekker gechoke is sal tot nr 5 werk, maar dan sprei hy te min op kort afstand en op langer afstand skiet raak toegee 'n kuns.
Groete
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 690
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Chris (vdB) »

Tot op watter afstand dink julle kan mens gaanse / makoue met #3 en #4 hael skiet, met n' O/U haelgeweer wat 30" loope het, waarvan alby loope full choke is. 35 tot 40 meter of wat dink julle?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Location: Pretoria

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by obasch »

Chris,
Looplengte bepaal nie die afstand waarby jy voëls met redelike sekerheid behoort te skiet nie en choke in 'n mindere mate ook so, jou eie vermoe is na my mening die bepalende faktor. Skiet eerder op korter afstand met sekerheid as om lang twyfelagtige skote te waag.

Om jou nou verder deurmekaar te maak: Behalwe vir die kleiner haelgroottes is daar 'n verskil in grootte van Engelse hael nommers en Europese nommers. As algemene riglyn is Europese nommers groter as Engelse nommers. bv Europese #4 is ekwivalent aan Engelse #3.

My aanbeveling is dieselfde as Dewald (Pappabeer) s'n maar ek is gemaklik met 34g Britse #4 vir wildemakou en 28 tot 34g Britse #6 vir eende. Duiwe met 28g #7 tot 24g #7.5.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20418
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by tripodmvr »

Die aanbevelings bo is gemaak uit ondervinding - dit stem ooreen met my bevindinge. Een proviso wat ek wil byvoeg en dit is dat 'n tarentaal taaier is as wat mens dink. Veral waar hulle geskiet word met die oploop metode is 'n skoot van agter geneig om net die "landing gear" te laat sak en dan gaan die gekweste voël nog so verder 2-300 meter voor hy val. Dit is hier waar No. 4's net so ekstra versekering gee bo No. 5's.

Het al 'n paar wildemakoue sien val met No. 7's. Redenasie is dat die pattern verseker dat baie korrels tref en dan is kopskote op kort afstand die norm (Goeie skietwerk nodig - ek tel nie onder daardie groep nie). Die swaarder no. 3's is hier egter voorkeur om die dikker bene te kan breek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 690
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Chris (vdB) »

Baie dankie oom Tripod en obasch vir julle terugvoering, dit maak vir my mooi sin wat julle se
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Location: Pretoria Oos

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Ashley »

Geno wrote:Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.

Ek vra uit onkunde Geno, maar waarom sien ek nie die gebruik van Slugs by die groter wild nie?
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20418
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by tripodmvr »

Ashley wrote:
Geno wrote:Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.

Ek vra uit onkunde Geno, maar waarom sien ek nie die gebruik van Slugs by die groter wild nie?
Die loodkorrels wat versprei help as daar uit die onstabiele helikopter kopskote geskiet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by johannvdg »

Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 600
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Location: Geelong, Victoria

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by Johan van Wyk »

johannvdg wrote:Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Ek stem. Ek kan ook net byvoeg dat daar baie kolganse en makoue gekwes word deur ouens wat van te ver af op hulle skiet. Beide spesies is baie taai en wys nie altyd dadelik dat hulle raak geskiet is nie. Tarentale het baie dieselfde gewoonte.

In my opinie behoort mens nie verder as 30 meter of so op enige geveerde teiken te skiet nie en eerder mooi seker maak jy skiet raak. Ek weet dis nie altyd maklik om naby te kom nie maar ek dink dis wys om eerder te poog dat jy soveel korrels as moontlik in die pattern (en derhalwe die teiken) in kry eerder as om lang skote te waag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 20418
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?

Post by tripodmvr »

Johan van Wyk wrote:
johannvdg wrote:Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Ek stem. Ek kan ook net byvoeg dat daar baie kolganse en makoue gekwes word deur ouens wat van te ver af op hulle skiet. Beide spesies is baie taai en wys nie altyd dadelik dat hulle raak geskiet is nie. Tarentale het baie dieselfde gewoonte.

In my opinie behoort mens nie verder as 30 meter of so op enige geveerde teiken te skiet nie en eerder mooi seker maak jy skiet raak. Ek weet dis nie altyd maklik om naby te kom nie maar ek dink dis wys om eerder te poog dat jy soveel korrels as moontlik in die pattern (en derhalwe die teiken) in kry eerder as om lang skote te waag.
Wou nou dieselfde kom beklemtoon. Tensy jy 'n Protea skut is wat elke dag so 100 skote is, bly liefs by die aanbeveling bo.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Bird Hunting”