Page 1 of 2
12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:06 am
by Chris (vdB)
Dagse manne
Wil graag by julle manne hoor watse nommer 12G haelgeweer patrone gebruik julle vir die volgende voel soorte
Kolgaanse
Makoue
Eende
Tarentale
Ek gebruik normaal weg nr 3 en dan AAA vir verder skote waar die voels bietjie verder in panne of in damme sit, maar begin dink om nr 1 te probeer. Verder wil ek ook graag hoor watse maak julle verkies. Het vanoggend Kloppers in Bloemfontein gebel en hulle hou nou n' Rio maak aan, ek ken dit glad nie, het iemand van julle al van die patrone gebruik?
Dankie
Groete
Chris
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:25 am
by Supacow
Nr 6'e het die beste BC

Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:25 am
by Ranger
Kolgaanse #3 or #4
Makoue #2 or #3
Eende #4 or #5
Tarentale #4 or #5
Chris (vdB) wrote:Dagse manne
Wil graag by julle manne hoor watse nommer 12G haelgeweer patrone gebruik julle vir die volgende voel soorte
Kolgaanse
Makoue
Eende
Tarentale
Ek gebruik normaal weg nr 3 en dan AAA vir verder skote waar die voels bietjie verder in panne of in damme sit, maar begin dink om nr 1 te probeer. Verder wil ek ook graag hoor watse maak julle verkies. Het vanoggend Kloppers in Bloemfontein gebel en hulle hou nou n' Rio maak aan, ek ken dit glad nie, het iemand van julle al van die patrone gebruik?
Dankie
Groete
Chris
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:37 am
by Pappabeer
Rio is UEE. Niks fout daarmee nie.
Kolganse #4 of #5
Makoue #3, maar het al n paar met ligter hael laat val.
Tarentaal en eend #5
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:42 am
by Ashley
Stem saam met Papabeer; RIO is volop en werk goed.
My ondervinding strek nie verder as Tarentaal nie.... Nr 4 of 5 is reg
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 10:44 am
by Forester
Kolgans & Makou #3
Eende en tarentale #5
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 11:22 am
by Chris (vdB)
Dankie vir julle terugvoering, lyk vir my ek wil te grof gaan met #1. Sal bietjie #4 ook probeer
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 11:28 am
by Born2Late
Onthou hoe growwer die hael hoe minder korrels is daar en hoe groter maak die pattern oop wat jou n groter kans op n mis of n kwes gee, veral op langer afstande.
fyner hael het meer korrels wat meer bymekaar bly en n digter pattern gee.
Groete.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 11:31 am
by Rudi Fischer
5 vir Tarentaal en eende
3 vir die res
6 vir duiwe
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 11:32 am
by Stefan Fourie
Nie eendvoël of sy familie nie, maar waarmee sal julle 'n rooijakkals skiet?
12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 11:36 am
by Rudi Fischer
AAA of SSG
Maar dink meer AAA vir n probleem dier
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 12:49 pm
by Cilair
Hallo Rudi. Onshet hulle baie uit die helikopter uit geskiet. Almal wil te grof gaan. Nr3 werk baie lekker op ou vossie uit die lug uit
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 1:14 pm
by Geno
Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 3:31 pm
by Stefan Fourie
Dankie almal. Ons skiet ook uit microlight en gyro uit, te grof werk nie, daai toets doer in die begin al gedop. AAA is nog onnodig grof, dan sal ons hou by nr 3, dit klink soos 'n goeie middeweg.
Met 'n hael geweer wat lekker gechoke is sal tot nr 5 werk, maar dan sprei hy te min op kort afstand en op langer afstand skiet raak toegee 'n kuns.
Groete
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Aug 14, 2017 5:17 pm
by Chris (vdB)
Tot op watter afstand dink julle kan mens gaanse / makoue met #3 en #4 hael skiet, met n' O/U haelgeweer wat 30" loope het, waarvan alby loope full choke is. 35 tot 40 meter of wat dink julle?
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 8:03 am
by obasch
Chris,
Looplengte bepaal nie die afstand waarby jy voëls met redelike sekerheid behoort te skiet nie en choke in 'n mindere mate ook so, jou eie vermoe is na my mening die bepalende faktor. Skiet eerder op korter afstand met sekerheid as om lang twyfelagtige skote te waag.
Om jou nou verder deurmekaar te maak: Behalwe vir die kleiner haelgroottes is daar 'n verskil in grootte van Engelse hael nommers en Europese nommers. As algemene riglyn is Europese nommers groter as Engelse nommers. bv Europese #4 is ekwivalent aan Engelse #3.
My aanbeveling is dieselfde as Dewald (Pappabeer) s'n maar ek is gemaklik met 34g Britse #4 vir wildemakou en 28 tot 34g Britse #6 vir eende. Duiwe met 28g #7 tot 24g #7.5.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 8:23 am
by tripodmvr
Die aanbevelings bo is gemaak uit ondervinding - dit stem ooreen met my bevindinge. Een proviso wat ek wil byvoeg en dit is dat 'n tarentaal taaier is as wat mens dink. Veral waar hulle geskiet word met die oploop metode is 'n skoot van agter geneig om net die "landing gear" te laat sak en dan gaan die gekweste voël nog so verder 2-300 meter voor hy val. Dit is hier waar No. 4's net so ekstra versekering gee bo No. 5's.
Het al 'n paar wildemakoue sien val met No. 7's. Redenasie is dat die pattern verseker dat baie korrels tref en dan is kopskote op kort afstand die norm (Goeie skietwerk nodig - ek tel nie onder daardie groep nie). Die swaarder no. 3's is hier egter voorkeur om die dikker bene te kan breek.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 9:43 am
by Chris (vdB)
Baie dankie oom Tripod en obasch vir julle terugvoering, dit maak vir my mooi sin wat julle se
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 10:35 am
by Ashley
Geno wrote:Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.
Ek vra uit onkunde Geno, maar waarom sien ek nie die gebruik van Slugs by die groter wild nie?
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 11:18 am
by tripodmvr
Ashley wrote:Geno wrote:Ons skiet jakkalse met Nr.2 uit die chopper uit.
Rooibokke met AAA
Wildebeeste met SG en SSG.
Ek vra uit onkunde Geno, maar waarom sien ek nie die gebruik van Slugs by die groter wild nie?
Die loodkorrels wat versprei help as daar uit die onstabiele helikopter kopskote geskiet word.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Tue Aug 15, 2017 11:26 am
by johannvdg
Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:42 am
by Johan van Wyk
johannvdg wrote:Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Ek stem. Ek kan ook net byvoeg dat daar baie kolganse en makoue gekwes word deur ouens wat van te ver af op hulle skiet. Beide spesies is baie taai en wys nie altyd dadelik dat hulle raak geskiet is nie. Tarentale het baie dieselfde gewoonte.
In my opinie behoort mens nie verder as 30 meter of so op enige geveerde teiken te skiet nie en eerder mooi seker maak jy skiet raak. Ek weet dis nie altyd maklik om naby te kom nie maar ek dink dis wys om eerder te poog dat jy soveel korrels as moontlik in die pattern (en derhalwe die teiken) in kry eerder as om lang skote te waag.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:46 am
by tripodmvr
Johan van Wyk wrote:johannvdg wrote:Wat Oscar sê van die verskillende haelgroottes is waar, behalwe dat die Italianers gebruik maak van die Europese groottes vir die kleiner hael en die Engelse groottes vir die groter hael.
Ek is verskriklik geseënd, en skiet al die afgelope 20 jaar so ‘n paar voëltjies per jaar en gewoonlik ook in groter groepe, so ek kry die kans om redelik te observeer wat is die effek van haelkorrelgrootte op die prooi. Wat ek wel kan sê is dat afstand waarop ‘n mens skiet wel ‘n groot verskil maak op die effektiwiteit van kleiner korrels en so ook of ‘n mens inkomende en kruisende voëls skiet of voëls wat van jou af wegvlieg.
Ek sal nie ‘n haelkorrel kleiner as ‘n Engelse nommer 6 op enige van ons normale jagvoëls gebruik nie, uitgesluit duiwe en kwartels.
Hier is my aanbeveling, in Engelse groottes, op die spesies soos jy gevra het, plus ‘n paar bygegooi.
Kolganse #4
Makoue #1 of 2
Eende, fisante en patryse #5 of 6
Tarentale #4 of 5
Ek stem. Ek kan ook net byvoeg dat daar baie kolganse en makoue gekwes word deur ouens wat van te ver af op hulle skiet. Beide spesies is baie taai en wys nie altyd dadelik dat hulle raak geskiet is nie. Tarentale het baie dieselfde gewoonte.
In my opinie behoort mens nie verder as 30 meter of so op enige geveerde teiken te skiet nie en eerder mooi seker maak jy skiet raak. Ek weet dis nie altyd maklik om naby te kom nie maar ek dink dis wys om eerder te poog dat jy soveel korrels as moontlik in die pattern (en derhalwe die teiken) in kry eerder as om lang skote te waag.
Wou nou dieselfde kom beklemtoon. Tensy jy 'n Protea skut is wat elke dag so 100 skote is, bly liefs by die aanbeveling bo.
Re: 12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Apr 28, 2025 6:28 pm
by Arnold
Ek lees nou weer bietjie oor korrels en wonder toe sommer as 'n eerste eienaar winkel toe gaan om haelpatrone te koop wat sou julle voorstel?
As ek die boodskappe op die draad lees sou ek dink hy sal omtrent alles wat die normale man wil/kan skiet met #3, #5 en #7.5 patrone kan aanpak. Hiervan sou ek dan voorstel om meer van die kleiner korrels koop as die groter korrels.
Wat dink julle van so voorstel of, vir 'n begin, sou hy kon wegkom met #4 en #7.5?
12G Haelgeweer - Watter nr patroon gebruik jy?
Posted: Mon Apr 28, 2025 6:37 pm
by Rudi Fischer
Jy gaan deur baie meer deur 7.5 gaan.
7.5 kleie en duiwe.
Patrys en Fisant - No 6
As jy geleentheid het vir eende en tarrentale - No 5
Kolganse - No 3
Makoue - No3-No1
Hoe groter die voels, hoe kleiner die bag limit en geleentheid om hulle te skiet.