Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Op 20 Augustus 2009 by Kaapjag se bestuursvergadering is die Kaapjag Probleemdier Belangstellings Groep gestig.  Ek is opdrag gegee om die bolletjie aan die rol te sit terwyl Gustav Smit (Wildbewaring) ?n ogie gaan hou.

As daar lede is wat reeds die roep en skiet van rooijakkalse en rooikatte beoefen, lede wat belangstel en lede wat wil leer van roep en skiet is julle is welkom om my te kontak sodat ons ?n plek en tyd kan kry vir ons eerste byeenkoms. Ek besef dat Kaapjag lede wyd verspreid is en dit dalk problematies kan wees.

Ons beoog lesings en praatjies oor beheermetodes,  toerusting ens.  Om lede se kundigheid en bekwaamheid te toets word daar ook ?n teorie en skiettoetsie beplan. 

By die eerste byeenkoms wil ek graag ?n inleidende praatjie gee en kan ons die pad vorentoe beplan.  Die tipe jag is interessant en het klomp fasette om te bemeester,  heeltemal te veel om nou aan te raak.

Dis ongelukkig hoogs verslawend.

Wat ek van jou wil h? is:
Naam
Kaapjag lidnommer
Waar jy bly
Kontak besonderhede

Ek sal verkies as ek ge E-pos word sodat ek solank ?n lys van belangstellendes kan opstel.

My kontabesonderhede is:

E-pos  dvdv@lantic.net
Sel  083 381 7281
Landlyn 023 5511 190

Groete

Dawie van der Vyver
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Die groepie se belangstellendes raak nou vinnig meer nou dat die ouens die pamvletjie wat saam met die nuusbrief gekom het lees.  ;D  Kry nou elke nou en dan 'n E-mail met besonderhede.

D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Dawie,

wanneer is ons eerste meeting ???

Of maak jy nog die skaap vet  ;D

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

:o Daar's nou al amper 40 name oppie lys en hulle kom nog amekaar in.  Het nie gedink so daar sou so baie belangstelling wees nie.  "Help!! I've created a monster" !!! :'(

;D
tafjak

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by tafjak »

Dawie

Mooi man! Darie "Monster" gaan nog groot sports veroorsaak en die groenes nog op hul neuse laat kyk.

Jy het dit!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by JACQUES BOTHA »

MAAK GROOT DAWIE MAAK GROOT... DAAR IS TOG WAARHEID IN DIE KRAG VAN GETALLE.....
OF HOE?
STERKTE
JB
Shoot straight and tell the truth!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Belangstellendes se info "trickle" nog in :)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Nader nou die 60 merk 8)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

60 verby
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Rooies »

Dawie
Nou hoe lyk daai stickers op die bakkie??

groete
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi

"Forgive your enemies, but never forget their names."
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Rooies

Hulle is mooi ;)

Die belangstellendes se getal kruip nader na 70

Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Roepkursus aangebied deur Hendrik van Rensburg in die pyplyn,  details sal volg in nabye toekoms 8)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Roep Kursus 13 Maart 2010,  by Touwsrivier deur Hendrik van Rensburg ;D

Christo.....daar sal 'n vinnige bespreking/vergaderingtjie gehou word om pad vorentoe te bespreek.

Staan by vir meer detail wat sal volg binne die volgende week.

Dawie
Last edited by Dawie on Fri Feb 05, 2010 4:48 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Kaapjag Probleemdier Belangegroep

Roepkursus deur Hendrik van Rensburg ?????13 Maart 2010
Tyd ??..08h30
Waar?IBHADI GAME LODGE ? TOUWSRIVIER

Image

        Koste: R500 per lid    ???????. betaal asb kontant by kursus
            R600 per nie-lid
Dit sluit in notas deur Hendrik,  braai na kursus en  ?hotdogs? oor middag.

Sou jy wil oorslaap ?.In huis??R200.00 beddegoed word verskaf
                                ?.Tent  ?..  R 50.00 bring eie beddegoed en tent

Bring saam?.

Kaapjag Lidmaatskapkaart en Aktiwiteitskaart
Jou probleemdierjagtoerusting?bakkie, skietstoel, roepers, ligte,  GPS ens. sodat Hendrik kan kyk waar ons kan verbeter.
Geweer vir informele skietkompetisietjie
Warm klere en iets om aantekeninge op te maak.
Eie drinkgoed

RSVP asb voor 5 Maart 2010 by Dawie van der Vyver ?.  dvdv@lantic.net verkieslik of 0833817281
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Dawie,

Jy, kan my naam solank opsit.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Christo

Hy's op Dankie ;)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Ek wou die seuns saambring maar smaak my hulle eksamens begin Maandag/Dinsdag. Hulle sal maar moet leer.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Gerhard »

Dawie wrote: Kaapjag Probleemdier Belangegroep

Roepkursus deur Hendrik van Rensburg ?????13 Maart 2010
Tyd ??..08h30
Waar?IBHADI GAME LODGE ? TOUWSRIVIER

Image

        Koste: R500 per lid    ???????. betaal asb kontant by kursus
            R600 per nie-lid
Dit sluit in notas deur Hendrik,   braai na kursus en  ?hotdogs? oor middag.

Sou jy wil oorslaap ?.In huis??R200.00 beddegoed word verskaf
                                ?.Tent  ?..   R 50.00 bring eie beddegoed en tent

Bring saam?.

Kaapjag Lidmaatskapkaart en Aktiwiteitskaart
Jou probleemdierjagtoerusting?bakkie, skietstoel, roepers, ligte,  GPS ens. sodat Hendrik kan kyk waar ons kan verbeter.
Geweer vir informele skietkompetisietjie
Warm klere en iets om aantekeninge op te maak.
Eie drinkgoed

RSVP asb voor 5 Maart 2010 by Dawie van der Vyver ?.  dvdv@lantic.net verkieslik of 0833817281
Stuur groete vir Hendrik...

Hy verstaan nogal hoe om jakkals op sy dinges te kan gee...

MAAR

Hy verstaan beslus hoe om sy kennis en vaardighede oor te dra aan die mense wat sy kursus by woon...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
tafjak

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by tafjak »

Manne/Christo/Kojak

Vertel 'n bietjie! Waar's die kursusfoto? Nee jong, laat waai so bietjie. Gehoor daar was 'n dikspan manne.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Taffie

Ek het belowe om 'n stukkie te skryf. Ek wag nog net vir die foto's. Teen die naweek sal sekerlik gou genoeg wees vir die 2 vingers

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Ambessa »

Hallo Christo
Christo wrote:...die naweek sal sekerlik gou genoeg wees vir die 2 vingers
Twee - dan is een altyd in die pad. So try een of drie vingers.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Ambessa wrote:
Twee - dan is een altyd in die pad. So try een of drie vingers.
Is eintlik die tikkery met 2 vingers.  :-[
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Ambessa »

Hallo Christo
Christo wrote:
Ambessa wrote: Twee - dan is een altyd in die pad. So try een of drie vingers.
Is eintlik die tikkery met 2 vingers.  :-[
...so bedoel met die tik... ;)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Die fotos vat te lank om te kom so hier is ?n kort verslag oor die kursus aangebied deur Hendrik van Rensburg te Touwsrivier op 13 Maart 2010. As ek die fotos kry sal ek hulle ook plaas.

Kursus is gehou by die Ibhadi lodge wat behoort aan Chris baard. Hy is regtig ?n rustige gasheer en die geriewe was net wat kon verwag word van die Karoo. Die wildsplaas is sowat 20km(voel meer) vanaf die N1 met `n 6km tweespoor pad wat nooit wil ophou nie. By die hek en binne 1km het daar `n SS Jute en `n BMW gestaan wat dit glad nie sou maak tot by die lodge nie.

Daar was seker 30 ouens op die kursus van Kaapstad, Van Wyksvlei, Lainsburg, Paarl en sommige selfs Noord Kaap.Hendrik het hom goed gekwyt van sy taak. Sy benadering tot die kursus is effens anders as Heinrich s`n maar `n mens kan sien dat hulle op `n tyd stalmaats was.

Die volgorde van roep is om `n ?locator? te roep en as die jakkies antwoord dan met vleiskosse te werk. Tye van klankgebruike blyk ook nie absoluut te wees nie. Dit is ook `n voldwonne feit dat ons baie geleer het.

Middagete was Hotdogs ? genoeg dat almal `n paar keer kom teruggaan.

Die downside van die kursus was die wind. Sekerlik 40km+ gewaai vir die hele aand en tot in die oggendure. So geen prakties nie. Nogals jammer want ek dink dat Hendrik en Kojak goeie dinge sou gedoen het.

Die nagroep is toe maar opgegee en ons het lekker gekuier. Daar was genoeg vleis vir `n weermag. Selfs die manne wat middernag op was kon nog vleis eet.

Die laatmiddag is geskiet op `n gong van so 2? (50mm) op 200m. Kojak beplan dat dit deel moet wees van die minimum vereistes wat `n jakjagter aan moet voldoen om 4/5 skote raak te kan skiet op 200m. Vanaf `n tafel en met `n 30-06 en `n 4x40 scope het een man gewys dit kan gedoen word. Selfs ek het hom raakgeskiet gekry ( met 2de skoot ). Dawie, jou rame sal net moet sterker.

Daar was mooi gewere en goeie silencers gewees wat enige man se lus net vererger.

Dankie aan Dawie, Hendrik en Chris Baard. Ek is seker almal het dit geniet.

Dawie, ons kort nou `n kursus is slagysterbestuur en lyk my Niel is net die man.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by tafjak »

Christo

Dankie vir die storie. Hendrik is 'n man wat nie speel met jakkalse nie, die ou het hulle nogal vermoor op sy heydays.

Die laatmiddag is geskiet op `n gong van so 2? (50mm) op 200m. Kojak beplan dat dit deel moet wees van die minimum vereistes wat `n jakjagter aan moet voldoen om 4/5 skote raak te kan skiet op 200m
Goeie plan van Kojak, ek sou net meer hou van so 3duim plaatjie. Vanuit die skietstoele seker darem so 4duim plaat. :D
Post Reply