Signal jammers

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Signal jammers

Post by JJV »

Hallo
Ek bly bietjie aan die stertkant vd land Mahikeng noem hulle hom deesdae.
Vandag is einde vd maand ek vroeg weg by werk so 13:00 park ek in PicknPay se parkeerarea, dis malhuis kan skaars ry, klim uit met wegstap druk ek Hilux se sluitknoppie, niks gebeur nie, ek stop draai terug en druk weer, niks gebeur nie, begin aggresief rondkyk wie gee aandag aan my, woeps sluit bakkie, doen nodige aankope kom by bakkie, wil nie oopsluit nie, druk seker knoppie 5 keer, oorweeg om deur oop te sluit, woeps sluit bakkie oop, sleutel se battery is met vorige diens vervang so maand terug. Kom by huis alles werk perfek. Wees Wakker!! kyk, en luister of jou voertuig sluit as jy knoppie druk voor jy wegstap!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Signal jammers

Post by Harambe »

Ek maak altyd seker my kar se liggies flits as ek die knoppie druk. Die ding is amper afbetaal. As ek hom NOU verloor gaan ek huil.
Of so iets
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Signal jammers

Post by JPS »

JJV wrote:Hallo
Ek bly bietjie aan die stertkant vd land Mahikeng noem hulle hom deesdae.
Vandag is einde vd maand ek vroeg weg by werk so 13:00 park ek in PicknPay se parkeerarea, dis malhuis kan skaars ry, klim uit met wegstap druk ek Hilux se sluitknoppie, niks gebeur nie, ek stop draai terug en druk weer, niks gebeur nie, begin aggresief rondkyk wie gee aandag aan my, woeps sluit bakkie, doen nodige aankope kom by bakkie, wil nie oopsluit nie, druk seker knoppie 5 keer, oorweeg om deur oop te sluit, woeps sluit bakkie oop, sleutel se battery is met vorige diens vervang so maand terug. Kom by huis alles werk perfek. Wees Wakker!! kyk, en luister of jou voertuig sluit as jy knoppie druk voor jy wegstap!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ja nee,

Moet nie net luister of hy sluit nie. Maak seker hy is gelsuit en toets die deurhandvadael om seker te maak...
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Signal jammers

Post by Giepie »

By 'n plek in Pta waar ons voorheen gereeld gekom het, het ons altyd gesukkel met die karre se remotes. Jy moet reg by dit staan om dit te aktiveer. Daar is deesdae soveel radio seine waar mense is dat die kwaliteit verswak. Maak dus dood seker.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Signal jammers

Post by PWV »

JPS wrote:
JJV wrote:Hallo
Ek bly bietjie aan die stertkant vd land Mahikeng noem hulle hom deesdae.
Vandag is einde vd maand ek vroeg weg by werk so 13:00 park ek in PicknPay se parkeerarea, dis malhuis kan skaars ry, klim uit met wegstap druk ek Hilux se sluitknoppie, niks gebeur nie, ek stop draai terug en druk weer, niks gebeur nie, begin aggresief rondkyk wie gee aandag aan my, woeps sluit bakkie, doen nodige aankope kom by bakkie, wil nie oopsluit nie, druk seker knoppie 5 keer, oorweeg om deur oop te sluit, woeps sluit bakkie oop, sleutel se battery is met vorige diens vervang so maand terug. Kom by huis alles werk perfek. Wees Wakker!! kyk, en luister of jou voertuig sluit as jy knoppie druk voor jy wegstap!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ja nee,

Moet nie net luister of hy sluit nie. Maak seker hy is gelsuit en toets die deurhandvadael om seker te maak...
Luister en doen wat hy se!!!!!!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Signal jammers

Post by Pappabeer »

Doen jouself n guns en toets. Hou n knoppie op n gewone remote, bv jou hek of garage se Centuri motor remote in en kyk of jy jou kar kan sluit. Beide ons karre (Hilux en Rav) sluit nie as ek die hekmotor knoppie inhou nie. Liggies flits nogsteeds. Ek het dit ook met n Isuzu en n Honda CRV getoets, en hulle sluit ook nie.

Voel maar fisies of die deur gesluit het
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Signal jammers

Post by Basjan123 »

Baie belangrik die versekerings maatskappye betaal ook nie items uit wat met bg manier uit voertuie gesteel word nie, want daar was nie fisiese inbraak/toegang tot die items nie. Jy kry egter ekstra bybetalings op die items onder jou alle risiko afdeling wat dit dan insluit. Praat met jou makelaar hieroor, om lang trane te vermy....en ja voel ALTYD of jou deure gesluit is.
Post Reply