Ek is maar 'n beginner herlaaier, en het lekker gesukkel toe 'n dop in my Lyman vollengte matrys vassit.
Die rede vir vassit was seker swak smering: Lees hier http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ok#p100128
Ek wil verduidelik hoe ek die dop met min moeite en gereedskap vewyder het. Die rim van die dop was klaar afgebreek.
Hier is wat ek gebruik het:
M8 draadsnyer (thread cutting tap)
6mm boor
M8 bout
sokke (15mm, 13mm en 10mm), die gat deut die sokke moet groot genoeg wees sodat 'm M8 bout daardeur pas. Die 13mm en 10mm het ek net gebruik as spasie houers agv. die lengte van my bout.
1. Maak die slagdoppie verwyderaar (decapping pin) moertjie los en trek dit sover moontlik terug sodat dit nie deur boor beskadig word nie.
2. Boor 6mm gat deur slagdoppie gat. Kyk mooi dat die boor nie te ver ingaan en die decapping pin beskadig nie.
3. Sny die gat M8 draad (tap), die dop is maar sag, werk versigtig.
4. Plaas die 15mm sok mooi oor die dop, en op die rand van die matrys. Die ander sokke was maar as spasiehouers (sterk wasters sal ook werk vir 'n korter bout) gebruik na gelang van die lengte bout wat ek gebruik het.
5. Die bout gaan nou deur die sokke en in die dop se gesnyde skroefdraad. Dit skop vas teen die boonste sok en die 15mm sok teen die martys. Met die vasdraai het my dop maklik uitgekom. Kyk mooi dat die bout nie te ver ingaan en die decapping pin beskadig nie.
6. Met die dop uit moet die decapping pin en uitsetter (expander??) nog verwyder word, eers die decapping pin, en dan moet die dop versigtig oopgesny word, om die expander te kan uit tik.
Ek besef dit klink ingewikkeld, maar dit het niks meer as 15 minute in my deurmekaar garage gevat nie. Ek is seker daar is beter maniere, so die met kennis kan gerus hier aanlas. Die enkele 15mm sok met 'n sterk waster en die regte lengte bout sou bv. beter gewerk het.
Groete
Johan
Dop wat vassit in FL matrys verwyder
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Dop wat vassit in FL matrys verwyder
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Tue Sep 05, 2017 12:29 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Dop wat vassit in FL matrys verwyder
J le Roux wrote:Ek is maar 'n beginner herlaaier, en het lekker gesukkel toe 'n dop in my Lyman vollengte matrys vassit.
Groete
Johan
Wel gedaan! Dit is die selfde beginsel waarop meeste " Stuck case removal sets" werk. Jou "case head " was nie afgebreek nie, slegs die rim.
Om "expander ball" uit te kry, kan jy vlamgat nog groter boor, of " case head" afsny.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Dop wat vassit in FL matrys verwyder
Dankie Gian, ek het die korreksie gemaak.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Dop wat vassit in FL matrys verwyder
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Dop wat vassit in FL matrys verwyder
Jou metode werk goed. Welgedaan.J le Roux wrote:
6. Met die dop uit moet die decapping pin en uitsetter (expander??) nog verwyder word, eers die decapping pin, en dan moet die dop versigtig oopgesny word, om die expander te kan uit tik.
N makliker manier vir stap 6 is om bloot n gaatjie 90 grade met die lang as van die dop te boor net bo waar die rim afgeskeur het. Plaas n dun draadjie of tou deur dit, bind vas aan n shellholder, skroef die matrys terug in jou press, haak die shellholder terug in die ram van die press, en trek die dop uit.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44