Page 1 of 2

308 RDF lading

Posted: Thu Sep 21, 2017 8:29 pm
by emdebeer
Ek benodig bietjie hulp met my 308 lading asseblief. Ek het onlangs besluit om 175gr Nosler RDF punte te laai vir ver skiet. Volgens Somchem is 43gr S355 die maksimum lading vir 175gr punte. Die groepering lyk goed maar die spoed is te stadig...Enige voorstelle asseblief?
Besonderhede is as volg:
1. 308 Win
2. Nosler RDF 175gr
3. S355 Lot 11
4. Loop is 609mm lank
5. Dop lengte 50,97mm
6. Dop kapasiteit 54,2gr H2O
7. Huidige lading is 43,3gr
8. Huidige spoed is 2468 fps
9. TPL = 74mm
10 Max TPL = 75,9mm

Hier is nog n paar lesings vir kalibrasie doeleindes.
Met 41gr kry ek 2274fps
Met 41,5gr kry ek 2283fps
Met 42,5 gr lry ek 2414fps

Ek het nou ladings gesien wat wissel tussen 44,4gr en 47,4gr. Wat sê die slim ouens?

Baie dankie

Re: 308 RDF lading

Posted: Thu Sep 21, 2017 8:59 pm
by ruaanb
soos ek dit het is lot 11 bitter stadig

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Thu Sep 21, 2017 9:18 pm
by emdebeer
Ja, jy is heeltemal reg Ruaan.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 11:01 am
by PWV
Emdebeer, ek is seker die QL-manne sal vir jou laat weet dat jy bietjie meer kruit moet gooi.
Ek laai 47.6 gr S355 (Lot 11) vir 'n 168 gr koeel. Kry 2640 vt/s

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 11:55 am
by ruaanb
Ek het nie aanpassing vir chrony gemaak nie want ek weet nie watter chrony jy gebruik nie.

1ste node is 43.95gr est 2507 fps druk is 45673psi en dopvol is 106.3%.
2de node is 45.85gr est 2622 fps druk is 52692psi en dopvulling is 110.8%.

Gebruik op eie risiko!

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 12:42 pm
by emdebeer
PWV wrote:Emdebeer, ek is seker die QL-manne sal vir jou laat weet dat jy bietjie meer kruit moet gooi.
Ek laai 47.6 gr S355 (Lot 11) vir 'n 168 gr koeel. Kry 2640 vt/s
Baie dankie, dit klink ongeveer dieselfde as wat ander ouens gesê het. Ek voel nou meer gemaklik om bietjie die grense te ondersoek!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 12:48 pm
by emdebeer
ruaanb wrote:Ek het nie aanpassing vir chrony gemaak nie want ek weet nie watter chrony jy gebruik nie.

1ste node is 43.95gr est 2507 fps druk is 45673psi en dopvol is 106.3%.
2de node is 45.85gr est 2622 fps druk is 52692psi en dopvulling is 110.8%.

Gebruik op eie risiko!
Dankie Ruaan
Ek gebruik 'n LabRadar. Ek sal terugvoer gee na ek die naweek gaan skiet het. Die ladings wat ek opgesit het was met CCI Magnum primers. Pas dit in by jou berekeninge?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 12:51 pm
by ruaanb
emdebeer wrote:
ruaanb wrote:Ek het nie aanpassing vir chrony gemaak nie want ek weet nie watter chrony jy gebruik nie.

1ste node is 43.95gr est 2507 fps druk is 45673psi en dopvol is 106.3%.
2de node is 45.85gr est 2622 fps druk is 52692psi en dopvulling is 110.8%.

Gebruik op eie risiko!
Dankie Ruaan
Ek gebruik 'n LabRadar. Ek sal terugvoer gee na ek die naweek gaan skiet het. Die ladings wat ek opgesit het was met CCI Magnum primers. Pas dit in by jou berekeninge?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Die tipe primer word nie as sulks in ag geneem in QL nie. Die effek daarvan sien jy in die brandspoed asook spoed.

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 12:52 pm
by Arnold
Met S355 lot 11 wat so stadig is kan mens regtig kyk hoe vol jy die dop kan kry. Met 'n 180gr Nosler BT het ek al taamlike saamgeperste ladings geskiet maar spoed was steeds onaanvaarbaar laag.
Ek sal bietjie kyk na my ladings en dit later vir jou whatsapp.

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 12:52 pm
by ruaanb
Ek kan help tot Sondag toe en daarna is ek buite aksie vir 'n week.

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 1:07 pm
by emdebeer
Baie dankie julle. Ek waardeer julle moeite baie. Gebruik jy 'n droptube Arnold?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 2:09 pm
by LUAN
Die laaste lot s335 het n stadiger brandspoed miskien kan jy dit ook oorweeg.

Re: 308 RDF lading

Posted: Fri Sep 22, 2017 4:21 pm
by emdebeer
LUAN wrote:Die laaste lot s335 het n stadiger brandspoed miskien kan jy dit ook oorweeg.
Dankie Luan, dit is iets om te oorweeg.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 11:17 am
by emdebeer
Baie dankie vir almal se raad en hulp. Waardeer dit baie. Hier is die resultate na die naweek se speel. Ek dink ek gaan nog bietjie die 46gr opsie ondersoek. Interessant hoe naby jou voorspelling was Ruaan



Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 12:31 pm
by ruaanb
jy het baie goeie data gegee vir n begin kalibrasie. mooi geskiet sjoe.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 12:45 pm
by emdebeer
ruaanb wrote:jy het baie goeie data gegee vir n begin kalibrasie. mooi geskiet sjoe.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As ek jou weer kan pla asb Ruaan. As jy die data in QL inlees, hoe lyk die druk rondom die 46gr lading en waar verwag jy die volgende node? Ek verwag dat die groep weer gaan toemaak rondom 46.2 - 46.4 gr.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 1:49 pm
by PWV
Mooi geskiet, emdebeer! Moet nou nie windgat wees en beweer jy kan beter doen nie!!! ++>:

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 3:18 pm
by emdebeer
PWV wrote:Mooi geskiet, emdebeer! Moet nou nie windgat wees en beweer jy kan beter doen nie!!! ++>:
hahahahaha....ek weet ek kan nie beter doen nie maar ek weet die geweer brand om my te wys wat hy kan doen!

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 3:28 pm
by ruaanb
ek sal eers iewers volgende week kan kyk vir jou. ek is uitstedig en laptop is nie by my nie.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 3:38 pm
by emdebeer
ruaanb wrote:ek sal eers iewers volgende week kan kyk vir jou. ek is uitstedig en laptop is nie by my nie.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Dankie Ruaan, geen probleem nie. Wanneer jy kans kry, dankie man!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:53 pm
by Sangoma (IAN)

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:24 pm
by emdebeer
Sangoma (IAN) wrote:Hier ook bespreek

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=60081
Baie dankie Ian! Wat was jou finale gevolgtrekking toe?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 308 RDF lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 6:09 am
by Sangoma (IAN)
Ek het ongelukkig nog nie tyd gehad om hulle op langer afstande te toets nie.

Re: 308 RDF lading

Posted: Tue Oct 10, 2017 3:40 pm
by ruaanb
ek stuur 'n pm

Re: 308 RDF lading

Posted: Sat Nov 04, 2017 6:58 am
by roboman
U might want to try s341. It seems to be pretty smooth. The group shown was 486m with 175 red's.//uploads.tapatalk-cdn.com/20171104/48abb68c8a2b43ef0ae1d44676dc4c45.jpg

Sent from my SM-G955F using Tapatalk