Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hallo Julle, hier waar ek boer in die Kareeberge wes van Carnarvon het mens n groot behoefte om in die ysterklip rante te voet te gaan waar voertuig nie kan kom om met die Rooikatte kontak te maak, het iemand al kennis gemaak met die spotligte op die foto's, ek het die Led M14 en dis sterk genoeg om te mee te jag, maar het nie regtig ? dim funksie nie.
Groete Jannie
Jannie, ek boer suid van Carnarvon in Williston. Jou vraag is dus vir my ook relevant. Ek vra dus nog 'n stukkie by. Watter roeper gaan jy saamvat as jy die rooi klippe ingaan?
Jannie ek het nog net 1 keer die ND3 gebruik, dis nou die een wat jy wys se kleinboet, ek dink dis die een op die onderste foto langs die scope.
Een ding is ek van oortuig, die groen lig wys o? BAIE mooi uit en jakkie se o? lyk so groot soos pierings met die groen lig
Vir skiet v?rder as 80m het ek begin sukkel om jakkie se lyf mooi te sien, o? blink nog mooi maar ek kon lyf nie genoeg verlig om skoot te waag nie.
Ek sien die nuwe een is 120% skerper, weet nou nie hoeveel dit in die veld is nie maar as dit baie is kan hy dalk werk. Dink net jy gaan sukkel met identifikasie as o?/dier bietjie v?r staan.
Wat kos die lig deesdae? Ek het selfde een so ruk terug by VLT gesien vir net so rondom R3000.
Jannie my ou maat daardie ding het ek vir 'n paar aande probeer maar ek het dieselfde ondervind dat hy naby goed werk, maaar 80m is sy uiterste limit. Dardie foefie het gemaak dat ek amper my jakkie gemis het, het gelukkig my ander geweer met die lig op byderhand geahad.
Baie dankie vir die rade, wlm ek dra gewoonlik my Spitfire saam vir Rooikatte wat nie uitkom uit die berge nie, het ?n groot geloof in Klein Hasie Combo, ek soek met ?n Zartek Cree Q4 LED die ZA-470 lig en het ?n LED Lenser M14 op my .222 wat maklik dra, want ou kan lekker sweet uit spartel in die ysterklippe met jou hele kid in die nag. Pvdw al twee foto?s is uit New Zealand die een teen die kant van die teleskoop is die Eagletac T20C2 Cree XP-GR5 LED met verstellings 300/60/5 lumens @ R480 ingevoer en die groene is baie duur, R4500. Kleinpiet ek stem saam niks van die goed kom naby bv. ?n 12 volt Nightforce lig van die bakkie se battery af nie, maar ek moet bieg dis nogal ?n lekker uitdaging te voet in die berge veral op maanligaande, want in die skaduwee van ?n taaibos kan niks jou sien nie.
Groete Jannie
Die Eagletac T20C2 klink vir my die regte ding om 'n koedoe op die lusernland mee by te kom tot so 100 meters. Dink jy hy is goed daarvoor en waar kan dit gekoop word hier by ons. Wat se soort batterye gebruik dit.