Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het baie wild gejag met Nosler Partitions, 7x57 (160 gr) en .300 win mag (180 en 220gr) en het nooit 'n probleem ondervind nie. Soms verloor die koe?l wel die voorste kern maar ek het nooit een gekry wat nie voldoende gepenetreer het nie en ook nooit een wat nie oopgemaak het nie.
Met die 7mm het ek van springbok tot koedoe en met die .300 van springbok tot eland geskiet. Nosler Partitions gee goeie penetrasie EN 'n goeie wondkanaal. In my opinie is dit een van die heel beste jagkoe?ls.
My ervaring met die Nosler Partition is dieselfde as ThinusS se ervaring. John Nosler het hierdie koeel in 1948 begin bemark, en is dus al beskikbaar vir 63 jaar! Dit se iets van die kwaliteit van die koeel. Ek het die volgende NP koeels al gebruik vir jag:
7 x 57: 150 gr en 175 gr
8 x 57: 200 gr
375 H&H Mag: 260 gr
6,5 x 58: 140 gr
My 6,5 is 'n A tipe Oberndorf Mauser vervaardig in 1930. Ek het hierdie jaar 'n rooibokkie en varkie met die 140 gr NP geklop. Altwee skote op die blad, regdeur. Die koeel was voor 45 gr S365 en 'n CCI 200 primer in 'n Winchester dop gevorm van 30-06 na 6,5 x 58. Trompsnelheid is 2750 vt/sek volgens my Chrony.
Die NP koeel gee nie die indrukwekkenste "Mushrooms" of die hoogste gewigsretensie nie. Daardie titel gaan aan ander "Johnny come lately" koeels. Die NP koeel was wel een van die eerstes van die sogenaamde "premium" jagkoeel revolusie. Skiet net raak met die NP koeel daar waar dit saak maak en jou bok is dood. Jy kan ook nie 'n bok dooier as dood skiet nie.
Die NP koeel is nie goedkoop nie, en duurder as Nosler se Accubond. Sal graag by Drenalinjunkie wil hoor hoekom "nooit weer nie"?
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Dankie vir die replies - lyk my ek sal maar 'n pakkie moet koop en probeer. As ek 140gr Accubonds
kry sal ek hulle ook probeer. (Verskoning om te skiet en jag)
Gee hulle gerus 'n probeer, ek het lank op my .338 die 250gr Nosler Partition geskiet en het uitstekende resultate gekry, nooit een ge recover nie en wondkanaal was altyd mooi groot.
Ek gebruik 85gr Partition in my 243 en is baie gelukkig met hulle. Gee goeie akkuraatheid en penetreer gewoonlik dwarsdeur springbokke, ribbokke, takbokke, blesbokke, ens met goeie effek. Vir my is hulle betroubaar ek akkuraat en sal ek dit eerste aanbeveel vir iemand wat 'n goeie algemene jagkoeel (punt - watookal) soek. Die hele lood kwessie is natuurlik 'n vraagstuk op sy eie en van die redes vir die ontwikkeling van die monometaal punte. Ek is 'n stoere NP man maar toets nou monometaal punte juis vir hierdie rede......
Ek het ook vir jare in verskeie kalibers met NP gejag. Ons moet wel vir John Nosler baie bedank vir die feit dat hy die bal aan die rol gesit het met sy ontwerp. Die probleem deesdae is dat die bal nou al n heel ent verder gerol het as die NP en n mens sien dit deur die ontwerp van die E Tip en Accubond van Nosler af. NP is n duur konstruksie om te vervaardig en in meeste gevalle oorskrei of ewenaar hulle pryse byvoorbeeld Barnes TSX wat in my opinie die NP ver voor is. Vleisskade is gewoonlik hoog met die NP veral as die koeel se gat bietjie warm gemaak word maar oor penetrasie en doodmaakvermoe kan mens nie kla nie. Gewigretensie is gewoonlik nie laer as 60% nie maar ook nie sommer veel hoer nie wat in my boeke hom nie kwalifiseer as n werklike premuim koeel nie.
Daar is deesdae heelwat beter en selfs goedkoper opsies as die NP selfs in hulle eie reekse. Ek sal defnetief eerder Accubonds gebruik teenoor NP vanwee die aansienlike goedkoper prys en vergelykbare werksverrigting, E Tips gaan natuurlik die eerste keuse wees in Nosler. Op dieselfde klas kan jy Hornady se Interbonds(gelykstaande aan Accubonds) en GMX(gelykstaande aan E Tips) beproef. Nog n opsie sal iets soos Barnes TSX/Frontier se Spartan/Rhino en moet net nie laat ek hulle vergeet nie GS Custum ook oorweeg. Ek gaan nie Swift aanbeveel nie want hulle pryse regverdig nie die produk nie.
Ek was bang vir vleisskade by die NP oor ek geweet het sy voorste deel redelik sag is.
Ek hou van die GMX (Nosler maak nie 6.5 Etip nie ek hou nie van Barnes nie) so ek het gou by
VLT n bestelling ingesit vir GMX. Hulle het nog nooit 6.5 GMX bestel nie.
Dit sal ook seker 'n rukkie vat om hier te kom van oor die see af.
So nou is dit maar wag en kyk - koeels sal seker voor my lisensie hier wees ...
Moet nie ons plaaslike manne weggooi nie. Indien jy nie van Barnes hou nie gaan jy seker ook nie van Frontier hou nie maar Rhino's is geensins te versmaai nie. Ek is te bang om te se dat GS Custom se produk ook dalk in die Barnes/Frontier kategorie kan val so ek sal die betrokke persone die kans gun om jou te kom oortuig.
Die 6.5 se reputasie in die jagveld is opgedoen met swaar vir kaliber koeels maar soos ons almal weet is dit nie nodig met hedendaagse monometaal koeels nie vanwee die groter gewigsbehoud van die ontwerp tesame met die hoer spoed bereik vir goeie penetrasie.
Ek wou maar weg bly van die Molly coating af, maar my eerste bwb het
ek met 140gr Rhino met die Sweed geskiet.
Die vingers van die koeel het afgebreek maar die koei het nogsteeds
nie ver gegaan nie.
So ja - ek dink die keuses is baie. Ek het net aan die NP gedink omdat ek hulle
nog nooit gebruik nie, en nou lyk my ek sal ook maar nie.
Daai 120gr GMX gaan ook nog lekker vinnig ook loop.
3 skote met nosler partitions en 3 failures... Nee wat daar is beter. Was in my 7x64 met 140gr partitions teen 2950... Daai dag het my R6000 gekos vir NIKS!!! Die twee wildebeeste het hulle n week later gekry. Die skote was perfek maar die koels het heeltemal gedisintegreer. Het ook n rooibok daai dag geskiet en na n moerse gesoek gekry... Die partition het getumble en die stuk wat herwin was het die lood core agter by die jacket uitgestoot.Gewig retensie was so 20%
Drenalinjunkie wrote:
Het ook n rooibok daai dag geskiet en na n moerse gesoek gekry... Die partition het getumble en die stuk wat herwin was het die lood core agter by die jacket uitgestoot.Gewig retensie was so 20%
Dankie vir al die hulp. VLT kry vir ons GMX en ek sal by die vriendelike manne van S&O en Zimbi hoor of hulle
nie vir ons 140gr Interbonds wil kry nie.
My ondervinding met NP was heel anders. Ek het nog nooit 'n probleem met disintegrasie gehad nie selfs teen 'n trompsnelheid van 3200vps.
Ek koop veel eerder 'n NP as 'n "bonded" koeel waarvan ek ook al gebruik het. Het al 'n bonded koeel gehad wat 2200vps maar net so 30% - 60% gewig retensie gehad het (9,3x74mm) op 'n waterbok oor 100m. Vir daardie punt is dit ok maar goed die dubbel kan hom nie harder stoot nie.......
Dalk is dit die heel beste plan (en genoeg rede om sommer baie punte te toets en te jag) om 'n reeks van die koeels [punte] te toets en te kyk hoe dit werk in jou 6,5 en ook hoe hulle penetreer en bymekaar hou. As ek 'n 6,5 gehad het sou ek jou paar NP koeels [punte] gegee het om 'n toets mee te doen.
Net weer iets om in gedagte te hou. Wanneer daar n koeel in n kaliber(bv 6.5mm) vervaardig/ontwerp word het die vervaardiger gewoonlik n spesifieke kaliber(6.5x55mm) ingedagte en pas dan die wanddukte daarvolgens aan om te korreleer met vewagte inpaksnelhede van die koeel. Wanneer daai koeel nou geskiet word in bv n 6.5 WSM dan kan n mens nogal redelik teleurgesteld wees met die verrigting. Ek het dit gehad met my 375 H&H Ackley Improved met 260 Nosler Partitions. Die 2900ft/sek waarteen die koeel geskiet is was ook net te veel vir die Nosler. Hy is gebou om teen n maksimum van 2700ft/sek te funksioneer en nie teen daai spoed nie. Ontsaglike vleisskade en lae gewigretensie was in die orde van die dag. Hou net bietjie hierdie ingedagte met koeelseleksie.
JoevR wrote:
Ek het die volgende NP koeels al gebruik vir jag:
7 x 57: 150 gr en 175 gr
8 x 57: 200 gr
375 H&H Mag: 260 gr
6,5 x 58: 140 gr
Ek het bietjie in my data gaan rond krap vir die spoed waarteen ek met die NP's gejag het:
7 x 57: 150 gr en 175 gr: 2650 vt/sek en 2400 vt/sek
8 x 57: 200 gr: 2500 vt/sek
375 H&H Mag: 260 gr: 2700 vt/sek
6,5 x 58: 140 gr: 2750 vt sek
Ek stem saam met Wouter, die NP's funksioneer goed met 'n trompsnelheid van by die +/-2700 vt/sek. Die NP is verseker nie die beste koeel as jy die ligste een van 'n kaliber vat, hom so vinnig as moontlik laai en dit dan op relatief kort afstande gebruik om mee te jag nie.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag