Page 1 of 1

buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Tue Jan 16, 2018 9:50 am
by william007
Goeie dag
Hier is so paar fotos wat ons so vining geneem het van die buffel bulle wat hier rond loop op waterval safaris. Vir prys lys kan julle mail stuur na William@botlierskopstudgame.co.za , outfitters is ook welkom. Ons het ook so van tyd tot tyd wild beskikbaar op kg pryse. Sal stuur sodra dit beskikbaar is.
Ons het ook Sable bulle, Roan bulle beskikbaar vir jag. As ook baie ander wild.
Ek hoop al die jagters het die jaar van 2018 n goeie jag en trofee jaar as ook die plaas eienaars.
Groete.

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Tue Jan 16, 2018 11:20 am
by Nella
Email gestuur

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Tue Jan 16, 2018 11:56 am
by william007
Dankie Nella het vir jou trug gestuur.

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Wed Jan 17, 2018 6:33 am
by Leon Crous
Wat vra jy vir daai 3rde bul .............. niks, hy sal jou opf...k :o :laugh:

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Wed Jan 17, 2018 7:49 am
by william007
Leon hulle is nie baie vriendelik nie, hulle hou nie van mense nie, glo my ons het al n paar keer biekie rond gehardloop, kans is goed dat hy n storm loop gaan doen as jy hom eye to eye.

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Wed Jan 17, 2018 9:00 am
by Carl
william007 wrote:Leon hulle is nie baie vriendelik nie, hulle hou nie van mense nie, glo my ons het al n paar keer biekie rond gehardloop, kans is goed dat hy n storm loop gaan doen as jy hom eye to eye.
William

Ek het eendag daar Springbokke gejag, toe van die manne nader stap vir 'n kop krap........





Ek het toe voldoen aan hul versoek, die mikstokke gebruik vanaf die laaste dik takke van 'n Kameeldoring. ;) Hulle het darem later dors geword of 'n koei geruik.

Re: buffel bulle te jag waterval safaris

Posted: Thu Jan 18, 2018 7:32 am
by william007
HA HA ja Carl hulle maak so. Wil altyd biekie kom kyk wat hier in hulle veld rond loop.