Vuurspuit

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Vuurspuit

Post by Friedland »

Middag julle. Ek wil n vuurspuit vir my bakkie kry. Wat verkies julle tussen die lae druk en hoe druk spuite. En hoekom?

Dankie vir die raad

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Vuurspuit

Post by Philip J »

Elkeen het maar sy plekkie, maar in my opinie is die lae druk spuit die beter roep.
Lae druk, gebruik meer water, maar dit maak meer nat as die hoë druk spuite. Ideaal moet jy beide hê. Hoë druk loop voor en blus die ergste vlamme en die lae druk kom agterna en maak al die smeulende polle dood, maar hy kan wel ook die aanvoer werk doen. Ek het al gekry dat die fyn sproei van die hoë druk spuit, nie so deurnat maak nie, veral as die gras baie ruig was. Met die regte spuitstuk op, is die reikafstand van die lae druk ook beter. Veral as die wind erg stoot.Verder het die lae druk pomp baie minder fieterjasies en fiemies as die hoë druk spuite waarmee ek al gewerk het.
Dis maar my beskeie mening
Sterkte met die besluit.
Groetnis
Philip
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Vuurspuit

Post by Friedland »

Dis n goeie mening. Baie dankie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: Vuurspuit

Post by Dawid S »

Friedland, ek glo dat die spuite verskillend op verskillende veld minder en meer effektief sal wees. Op die graslande in die Noordwes is die hoe druk die gewildste. Jy kom baie verder met die hoe druk. Daar word die lae druk verpes want hulle is baie gouer leeg. Die lae druk kan hom self vol maak van uit 'n sement dam. Met die lae druk ry jy sommer by die bakkie se venster uit spuit as die veld dit toelaat. Maar soos bo gese dit is belangrik om minstens twee spuite agter mekaar te he en een in reserwe on oor te neem. Goed ge-organiseerde spanne doen baie meer as 'n rondjaagende bondel. My mening is dat hoe druk dubbeld soveel as lae druk.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Vuurspuit

Post by Friedland »

Dankie julle

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Post Reply