So kom kuier een van my pelle by my uit die states...die Free States met die hoop om dalk 'n eland te kan skiet. Sy vrou dink natuurlik daar is geen additionele motief agter die kuier nie. So kom Erhard ook gou oor vir 'n bier net voor ons draai wil ry om te kyk of ons nie Elande kan gewaar nie. Die 4 manne klim toe gou in die bakkie en daar ry ons. 500m verder gewaar ons 'n trop bobbejane op so 500m. Erhard kap 'n skoot, net net verby sy kop. Ek dink daai kees hardloop nou nog, blerrie goeie skoot so vinnig op daai afstand met 'n ander man se geweer.
Ons ry toe verder, maar kry niks elande nie, my plaas is maar klein. Staan en praat nonsens daar bo teen die berg, toe bied Erhard aan dat Dixon gou 'n bok by hom kan kom skiet. Die man se gesig het boekdele vertel op daai oomblik en natuurlik onmiddelik tref ons gou die nodige reelings.
So rukkie later ry ons gou die 20km na Erhard se plaas toe, stop die bakkies en Erhard klim in. Ons het letterlik 150m verder gery, toe gewaar ons 'n trop van so 50 Elande. Dixon vat die nuwe Maxbox wat ek sopas by Geno gekoop het (daai ding werk soos 'n bom), le mooi aan en die 300 sing. Pragtige skoot, net waar die kop en die nek bymekaar kom. Ek dog dis eers mis oor ek na 'n heel ander bok staan en kyk het.
Dixon koni glo wat nou net gebeur het nie en die bokkoors slaan hom to so 5 sekondes na sy skoot eers. Daai man se hele lyf bewe soos 'n jack russel wat opgewonde raak.
So is nog 'n man se droom waar gemaak in die kamberg, te danke aan goeie pelle en gasvryheid. Ek dink daai man bewe nou nog, maar na al die laai en slag sal hy 2 keer volgende keer dink voor hy eland skiet in Natal se Drakensberge.
Drome word weer waar in die Kamberg
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Drome word weer waar in die Kamberg
baie geluk,
Ek verstaan egter nie? Julle het dan duidelik nie Erhardt se goue reel gevolg van if you aint got / see a ...... dont pull the trigger daar in die berge nie
Ek verstaan egter nie? Julle het dan duidelik nie Erhardt se goue reel gevolg van if you aint got / see a ...... dont pull the trigger daar in die berge nie
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Drome word weer waar in die Kamberg
Last edited by Malan123 on Mon Apr 30, 2018 8:21 am, edited 1 time in total.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Drome word weer waar in die Kamberg
Dis common sense manne. "If you don't have a tractor don't pull the trigger"
Tractor kan met vele ander vervang word soos n Unimog met high-up of n front-end loader. Excavator en back-actor sal ook die job kan doen...
Pick your fights
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Tractor kan met vele ander vervang word soos n Unimog met high-up of n front-end loader. Excavator en back-actor sal ook die job kan doen...
Pick your fights
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Drome word weer waar in die Kamberg
Ja ja. 'n Winch hardloop ook mooi. Die naweek moes ons hom maar self laai, nou is my rug half moertoe.