2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm

Middag manne, hoop julle geniet die.
Hier net na die 2de Januarie is ons weer terug plaas toe na n lekker vakansie by die see. Daar word toe vinnig besluit dat ek nie vir n maand lank op die plaas kan werk en nie tog tenminste een of twee bokke te laat bakkie ry nie. Vinnig bel ek toe maar my pa ( aangesien dit tog sy bokke is ), en in die gesprek noem hy toe dat daar so n ram troppie is wat hy eintlik wil laat uitskiet. Ek vat toe maar n kans en bied aan om die ramme te koop per kilogram afgeslag en n ooreenkoms word bereik.
Vriende word gebel en planne gemaak om te help met die taak. My groot vriend Symmington (Symmas) spring op die geleentheid en se hy bring sommer al sy roere saam. Joost ons ander vriend se hy bring ook sy roere saam maar kan eers later deur kom. Darius vra sommer al klaar vir verlof, en Korkie se hys daar tot sy klasse weer begin.
Dinge loop redelik glad en die dag arriveer toe die eerstes van ons groepie trawante by die plaas opdaag. Jandre en Symmas het klaar bloed getrek op die grondpad met die .22 nadat Jandre n blou aap op n gestroopde land sien sit het. Ons mors nie tyd nie en ry direk skietbaan toe, die afpak kan maar vir eers wag net die noodsaaklike kom uit die klein silwer Ford Figo uit naamlik naamlik Jag stewels, ammunisie, kamaste, die koolerboks en ook die gewere (die afpak het toe eers die volgende oggend gebeur). Op die skietbaan maak ons seker dat die roere skiet raak en so ook skiet ons die .30-06 in met sy nuwe knaldemper. Na die skietbaan sessie word die vuur aangesteek en n plan van aksie word bespreek rondom die gloeiende sekelbos kole terwyl daar boerbok tjoppies en wildswors gebraai word.
Dou voor dag is ons veld toe maar met groot teleurstelling kry ons nie die troppie nie. Ons draai maar toe om en begin te stap na die huis se kant toe minwetend wat vir ons voorlê. Ons het nie 400 meter gestap nie toe daar n mooi ram deur die swarthaak bosse verskyn, hy was heeltemal onbewus van ons gewees. En daar maak ek toe die rekening oop vir die jaar, 36 kilogram uitgeslag op 130 meter met .30-06 CZ 550 American 180 gr PMP blou boks.
Die bok gelaai en geslag besluit ons om weer n draai later te gaan ry want die hitte was drukkend. Later die middag vat ons toe die bakkie en soos wat ons in die hoofpad van die plaas indraai staan daar n mooi knypkop so duskant 200 meter. Jandre laat die ram toe val met die .222 Rem 50 gr.
Die daglig draai toe tot n einde met plaaswerk wat keer dat ons kan verder uitskiet. Net voor son onder daag Ronald op met die nag jag toerusting. Na n vroee aandete word die toerusting uitgepak en vat ons weer die pad rondom 7 uur. Daar val toe 11 mooi ramme deur die nag met die laaste ram wat net voor 5 die volgende oggend val asook n jakkals wat besig was om n trop rooibokke te bekruip.
Vir die res van die maand het ons nog so n klompie bokke geskiet. Ons finale getal bokke geskiet was 48. In daardie tyd het ek ook self my lisensie gekry vir my .308 win, en ek het hom goed ingewy met n vlakvark en n rooibok.
Vlakte Groete

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Darius se 1ste rooibok ram 120 m .30-06 PMP 180gr
Joost se ram 60m .308 win 150 gr Federal Premium
Symmas 100m .308 win 150 gr Federal Premium
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Eerste bloed met die nuwe gun 120m .308win 150gr Federal Premium
Rooibok 280m .308win 150gr Federal Premium
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Dankie Geno ! Jy moet maar volgende keer saamkom
Hier is nog so paar fotos :
My eerste Roer: .308win Tikka T3 Super Varmint met n Nightforce SHV 5-20X56 Ons het sommer die plaasbakkie gebruik Die blesbok was bietjie parmantig gewees terwyl ons besig was om beeste te spuit. Hy maak toe die voet fout om binne skietafstand te kom. Ek het hom gerange op 260m en Symmas met sy .222 Rem 55gr punte het hom toe n loodpil gevoer.
Hier is nog so paar fotos :
My eerste Roer: .308win Tikka T3 Super Varmint met n Nightforce SHV 5-20X56 Ons het sommer die plaasbakkie gebruik Die blesbok was bietjie parmantig gewees terwyl ons besig was om beeste te spuit. Hy maak toe die voet fout om binne skietafstand te kom. Ek het hom gerange op 260m en Symmas met sy .222 Rem 55gr punte het hom toe n loodpil gevoer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
So n laaste foto van die Sonsondergang op die Springbok Vlakte
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Baie Nice dankie vir die deel
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Jissie dit lyk nou sommer ekstra lekker. Dankie vir die deel.
- Tikka_25-06
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Baie mooi rooibokke daai! Gewig?
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Hulle het so gemiddeld tussen 34kg en 45kg uitgeslag met die swaarste bok wat 45 kg geweeg het. Die ligste bok was daardie jong knypkoppie en hy het 24kg uitgeslag. Die totale gewig vir die hele trippie was so 1.75 ton.
In retrospek was die n baie goeie leer ervaring. Die uitskiet stories is nie maklik nie al mag dit so voorkom, ek self het die hele storie defnitief onderskat. Maar dit is hoe n mens leer. Dis defnitief iets wat ek gaan aanpak en aandag daaraan gee, want dit is tog n baie lekker manier om ekstra sakgeld te verdien, en dit is belonend om te kan sien hoe jy as n skut verbeter in terme van spesie identifikasie en reaksie tyd. En om eerlik te wees, dis soos n nickerbol hard maar lekker.
In retrospek was die n baie goeie leer ervaring. Die uitskiet stories is nie maklik nie al mag dit so voorkom, ek self het die hele storie defnitief onderskat. Maar dit is hoe n mens leer. Dis defnitief iets wat ek gaan aanpak en aandag daaraan gee, want dit is tog n baie lekker manier om ekstra sakgeld te verdien, en dit is belonend om te kan sien hoe jy as n skut verbeter in terme van spesie identifikasie en reaksie tyd. En om eerlik te wees, dis soos n nickerbol hard maar lekker.
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Hallo..
Julle lyk na paar lekker pelle....baie mooi bokke wat julle geskiet het en baie mooi fotos...
Ek hou die meeste van die oop slotte ....hou so aan....
Groetnis

- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1698
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Netjies, ek is sommer jaloers! Jus ek het al Roedtan plat gejag...
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Willeboer
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am
Re: 2018 Jag en Uitskiet Roedtan en Marble Hall.
Baie netjies, hou van die pette op elke bok.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9