Imagine Comfortvan / Trailvan

User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by skollie »

Is daar dalk iemand wat eerstehandse kennis dra van die waens?
Wat is die nadele, indien enige?
Ek hou baie van die uitleg maar is nie seker hoe hulle rowwe paaie hanteer nie.

Ek is in die mark vir 'n off-road wa en kyk na die Imagine reeks waens.

Enige raad sal baie welkom wees
(ek kyk ook na die Bushlapa en Conqueror........)







Sent from my SM-G935F using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by JohanvB »

Da moet jy nie verder kyk nie.. Bushlapa!! Ons het die Vlooi, is net twee van ons..hy was by plekke in waar 'n bobbejaan nie met 'n kierie sal loop nie!!

Niks fout met die Imagine vans nie...is ook goed gebou en kan die punch vat... as jy gaan search op die http://www.4x4community.co.za forum..sal jy baie info oor hulle kry daar..

http://www.4x4community.co.za/forum/thr ... do=process
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by skollie »

Dankie JohanvB, die Vlooi is ook baie goed uitgelê, ons oorweeg hom ook, die Comfortvan hou my vrou nou weer die meeste van....... So ek moet haar nog ooreed........ Happy wife = happy life

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Nella »

N vriend van my het n imagine. ..sal sy arm draai om jou meer te vertel.
Just smile and wave boys >:D
Chrisbad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Thu May 03, 2018 7:30 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Chrisbad »

Jip, ek het die 2+2 Imagine. Het hom in +-2007 gekoop. Namibia, Zimbabwe, Mozambique, Botswana en S.A. platgetoer met hom. Great wa, is uiters stabiel as jy sleep, is stof en reën dig. Het die slegste van die slegte grondpaaie gery en hy val nie uitmekaar nie.
Sy uitleg was en is steeds 'n wenner. Het twee of drie klein goedjies verander na smaak.
Enigste negatiewe ding wat ek oor hom kan sê is sy gewig op die disselboom. Nogal aan die swaar kant. Het nie geweeg nie, maar skat hom so by die 100kg.
Sal ek hom weer koop? Definitief ja.

Laaste ding, naverkoopdiens is uitstekend, selfs na 10jaar plus.

Sent from my Redmi 4X using Tapatalk
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by skollie »

Baie dankie Chris, dit is waardevolle inligting

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Boesman10 »

Ek het een van die heel eerste Comfortvan's wat uitgekom het. Van die Kaap af gery Pretoria toe en hom by die fabriek gaan haal. Ek ry Landrover so het gevra dat hulle die selfde as breedte insit asook Landrover hubs vir die wiele sodat die wa in die voertuig se spoor loop en dat al my wiele met mekaar geruil kan word.

Ek het ook by fabriek 'n modifikasie laat aanbring en die gasplaat laat vervang met 'n werkstop en dan 'n gasstoof met 'n oond laat aanbring voor die yskas area. Vrou bak lekker pizza en muffins in die bos. Kan vir jou fotos stuur.

Ek het 2 sonpanele en bly vir baie lang tye sonder krag. Ek het geen klagte oor die wa nie. Jy kan gerus koop en by ons was dit ook die vrou wat die uitendeilike besluit geneem het oor die Comfortvan.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Hugo »

Kyk na die Mobi Lodge ook.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Andre308 »

Boesman10 wrote:Ek het een van die heel eerste Comfortvan's wat uitgekom het. Van die Kaap af gery Pretoria toe en hom by die fabriek gaan haal. Ek ry Landrover so het gevra dat hulle die selfde as breedte insit asook Landrover hubs vir die wiele sodat die wa in die voertuig se spoor loop en dat al my wiele met mekaar geruil kan word.

Ek het ook by fabriek 'n modifikasie laat aanbring en die gasplaat laat vervang met 'n werkstop en dan 'n gasstoof met 'n oond laat aanbring voor die yskas area. Vrou bak lekker pizza en muffins in die bos. Kan vir jou fotos stuur.

Ek het 2 sonpanele en bly vir baie lang tye sonder krag. Ek het geen klagte oor die wa nie. Jy kan gerus koop en by ons was dit ook die vrou wat die uitendeilike besluit geneem het oor die Comfortvan.
Jammer om te hoor jy ry n Land Rover
Image
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by skollie »

Hugo wrote:Kyk na die Mobi Lodge ook.
Ja, hy is vrek mooi (pêl van my het een) maar buite my budget en is 'n bietjie te groot

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by cassie_calvinia »

Het eendag iemand gehelp. kannie onthou watse wa nie.
maar wat my oog gevang het is dat die spaarwiel bracket, n extra hub is.
so as bearings iewers gaan, ruil jy net die hub om.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Skollie...

Ek is in selle boot... op die punt om deposit op Boswa neer te sit...

Bushlapa was amper by die wenstreep, en is nog voor op my lys maar eks besig om na Infanta 4x4 se karavane te kyk.

Enkulu 1 is n 2 slaper en kompak, goedkoper as Bushlapa
Enkulu 2 is n 2-4 slaper maar nogals lank.

google en youtube hulle videos, vir my persoonlik die mooiste boswa.

Sal sien wat gebeur as ek eers gaan kyk het... hulle in Swellendam.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Apie »

cassie_calvinia wrote:Het eendag iemand gehelp. kannie onthou watse wa nie.
maar wat my oog gevang het is dat die spaarwiel bracket, n extra hub is.
so as bearings iewers gaan, ruil jy net die hub om.
Comqueror Commander


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Blitzzz »

Vir my werk die Brakhah Ingonyama baie lekker. Ouer wa, maar niks roes of vrot nie en hy kom maar net saam daar waar die bakkie loop.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by JJV »

BSniperEM wrote:Skollie...

Ek is in selle boot... op die punt om deposit op Boswa neer te sit...

Bushlapa was amper by die wenstreep, en is nog voor op my lys maar eks besig om na Infanta 4x4 se karavane te kyk.

Enkulu 1 is n 2 slaper en kompak, goedkoper as Bushlapa
Enkulu 2 is n 2-4 slaper maar nogals lank.

google en youtube hulle videos, vir my persoonlik die mooiste boswa.

Sal sien wat gebeur as ek eers gaan kyk het... hulle in Swellendam.
Ek kyk ook na Infanta Enkulu 1 , jou bed is reeds reg en jy slaap in wa, al wat ek teen boslapa het is dat jy R250 000+ betaal om basies in ‘n oopslaan rooftop tent, onder seil te slaap. Dis net my persoonlike opinie. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Al probleem met Enkulu 1 is dat ek kort n kompak 4 slaaper... en die setup kan dit nie doen nie.

Ek stem dis perfek vir 2 mense.

Maar een ding kan ek jou se want ekt al n week met n Bushlapa gekamp, dis geen glorified rooftop/opslaan tent nie!!

Infanta moet iets tussen die 1 & 2 maak vir 4 mense, dit sal smart wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by JohanvB »

Mens moet darem seker appels met appels vergelyk...nou srlf gekyk na die Enkulu, kom nie naby die Bushlapa nie..Mobi Lodge is een moerse Fêncy wa...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Wouter Roets »

Manne

Wat prys die Imagine reeks? Ek kry nie pryse op hulle nie. Ek kyk ook nou al n ruk na so n boswa aangesien my vrou my belowe het sy sal my skei as ek een koop. n Mens kan mos maar net hoop, ne.

Groetnis
Wouter
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Wouter Roets wrote:Manne

Wat prys die Imagine reeks? Ek kry nie pryse op hulle nie. Ek kyk ook nou al n ruk na so n boswa aangesien my vrou my belowe het sy sal my skei as ek een koop. n Mens kan mos maar net hoop, ne.

Groetnis
Wouter
:laugh: :laugh:

Wouter ek mail net al die plekke vanaf hulle websites en het so my quotes gekry... dis die beste. Ek kry ongelukkig nie my quote nou op my pc nie... maar al daai loop so tussen 280k-330k afhangende van extras ens.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Sien nou die Trailvan bietjie goedkoper as mens net 2 is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Swede »

Ek wonder hoeveel kamp sal 'n ou moet in kry om daai pryse te regverdig. Dit staan die meeste van die jaar in die erf en is iets vir die oog vir die voetgangers.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Swede wrote:Ek wonder hoeveel kamp sal 'n ou moet in kry om daai pryse te regverdig. Dit staan die meeste van die jaar in die erf en is iets vir die oog vir die voetgangers.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Swede daai vraag is al baie gevra veral op 4x4 Community oor sulke Boswaens...

Net soos daai smart mes wat ek by jou gekoop het... mens wonder hoekom sal iemand 4k vir n jagmes betaal (jou prys was darem baie beter dankie) maar daai mes is iets ongelooflik, ekt hom op my laaste jag gebruik, kan dit nie beskryf.

Terug by Boswa... ek sien dit so...

I like it, I can afford it, I’m going to buy it”

Die lewe is te kort, anne mense mors meer as daai wa se geld op nonsense elke maand!

In ons geval is my vrou en dogters absoluut mal oor kamp, en ek werk net 6-7 maande van die jaar so ons kamp baie! En die karavaan is n 15 jaar minimum investment.

Dis maar net my opinie.

Aan skollie... Imagine maak smart boswaens, op die oueinde is die mark so groot en goed en daars baie om van te kies.

Eerste prys sal wees om n karavaan te huur vir so 4 nagte. Huur die top 2 op jou kortlys, jy sal gou sien watter een jy soek.

Cheers


Sent from my iPhone using Tapatalk
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Wouter Roets »

Dankie BsniperEM!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by tau »

Manne ek het sopas 17 dae 6200km in my Infanta gebly en is versot op hom, maar daar is darem baie netjiese waens daar buite deesdae.

Die wat ek na gekyk het en dink baie lekker is...EKoveldgear, Bushlapa, Infanta. Daar is nog, maar ek hou van hulle manier van werk en konstruksie.

Ek kan Infanta se waens hoog aanskryf ons het twee van die ouer Safari trailers en het toevallig Maandag by Noordoewer na die nuwe Enkulu 2 gekyk en hy is bitter netjies.

Die infanta is meestal aluminium en geweld nie gepop rivet nie. Die waens is stofdig en Oom JW is 'n praktiese man wat self baie toer en dan die waens heeltyd verbeter. Ek sal die Enkulu2 geniet, maar teen 420kg sonder water en kos sleep my wa te lekker.

Net so ou grappie
My swaer het by Ai-ais gaan suurlemoene soek. Na 'n 2 ure kom hy nugter terug sonder suurlemoene en vertel almal sê jammer geen suurlemoene, maar weet jy my wa slaan in 20 min op......
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Kallie404 »

Skollie……….ek sien nou eers jou plasing omdat ek juis nou weg was vir twee weke in Botswana en Zimbabwe met my Trailvan. Sal sodra ek n tydjie kry sal ek meer kom vertel.
Post Reply