Page 1 of 2

Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 9:36 am
by Geno
Ek deel graag my nuutste DIY projek.
Kolf op Jaracal gekoop vir die steelbedrag van R2000.00
Toe hy hier aankom het dit gelyk of n bewer aan hom gekou het. Of dalk het hy paar Natal jakkalse probeer doodslaan wat gekwes was.. :laugh:
Hy was voorheen ge vernis en het seergekry in n skietstoel. Nie 'n probleem nie. Ek was lus vir 'n lekker projek.

https://i.imgur.com/97za94I.jpg
https://i.imgur.com/dZfIIcA.jpg
https://i.imgur.com/3CCNXKU.jpg
https://i.imgur.com/3KuBqVd.jpg
https://i.imgur.com/JLwSCEE.jpg
https://i.imgur.com/cigPoCZ.jpg

1ste stap was om die vernis af te kry. 'n Kombuiskasbouer in die Kaap het my raad gegee en ons het toe thinners gevat en al die vernis afgehaal. Daarna is my skuurmasjien ingespan om die res af te skuur. Ek het die bewerbyte met die dremel uitgehaal.

https://i.imgur.com/7n6Tr9S.jpg

Trueworx se skuurmasjiene het ook die fabrieks afwerking afgeskuur, toe is dit tyd vir n nuwe recoil pad. Die vorige bruin Bisley pad het my laat gril. Ek haat hulle!

https://i.imgur.com/PuaaxZK.jpg

Koop toe n swart Pachmayr Decelerator, en laat fit hom by n kolfbouer hier in die dorp.

https://i.imgur.com/4tU1ZnW.jpg
https://i.imgur.com/Jb5kNve.jpg
https://i.imgur.com/r5PTxu4.jpg
https://i.imgur.com/Gu2XCTh.jpg

Nog bietjie skuur, toe is dit Schaftol "Dark" se beurt om sy ding te doen. Na so 3 lae is hy reg na my mening en is dit n ander kolf!

https://i.imgur.com/uSSazvN.jpg
https://i.imgur.com/Oox654a.jpg
https://i.imgur.com/NC1WxYB.jpg
https://i.imgur.com/2XFNvkT.jpg

Totale insetkoste: Onder R3000.00
Ek het n plan met die kolf. Sal kom wys oor so week of2 ;)

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 9:43 am
by Ockert1992
Baie netjies Geno! Lyk sommer smart.

Lekker bargain wat jy daar opgetel het.

Groete
Ockert

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 9:46 am
by Springkudu
Flippen netjies, mooi man. Wys jou net wat mens eintlik kan doen met bietjie tyd en commitment.

Baie nice

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 9:59 am
by heywillie
Lyk beter as 'n nuwe kolf Geno !!!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:13 am
by Rudie
Lyk sommer spoggerig. Daai Varminter kolwe is seker van die gemakliste kolwe om mee te skiet.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:14 am
by Gawie(13mm)
Waar kan ek so 'n camo skuurmasjien kry? ;D

Dit lyk sommer skougehalte!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:15 am
by Jaco B
Netjies gedoen. Lyk sommer bakgat.

N goeie DIT werkie...do it together... >:+

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:25 am
by Geno
Dankie manne.

Gawie, baie dankie vir jou geduld met al my vrae ook!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 11:39 am
by Gian_dP
Goed gedoen!

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Fri Aug 03, 2018 2:58 pm
by Triple2
Baie mooi kolf nou
Daar sal seker nou nooit weer n bargain kolf op Jaracal wees nie!
D

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Sat Aug 04, 2018 12:37 pm
by Malan123
Ek is nou so suur, wens ek het nog 10 jakkalse dood gemoer met daai kolf >:+ . Baie netjies!!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 3:37 pm
by Geno
So lyk die kolf nou op 'n roer.
Die geweer is 'n Howa Varmint .243Ackley wat ek vir my Pa laat bou het as geskenk. Hy weet nog niks nie en sal in die week hoor hy kry 'n gun.

Cerakote in Tungsten en Safety Orange (my pa is 'n Vrystater, so die gun moet darm inpas!), Ackley werk, rail, sneller tune op 1lb en Devcon bedding is deur Trueworx gedoen.
Daar kom nou nog net 'n Wildgame 3-12x56 scope op in Warne Mountain Tech ringe en 'n Trueworx demper dan kan hy die bokke se koppe bars.

https://i.imgur.com/rfGjTZT.jpg

https://i.imgur.com/TCc8KdK.jpg

https://i.imgur.com/cBeFRV0.jpg

https://i.imgur.com/tjBdjqd.jpg

https://i.imgur.com/Ne5bCk5.jpg

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 4:17 pm
by SakoTrippel2
Aitsa! Baie Mooi en Netjiese werk. Haak Vrystaat!!!

Groete
Frans

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 5:41 pm
by Albertdwk
Hy sou mooi in my kluis op gelyk het, jammer eks nie jou pa nie!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 5:54 pm
by Arnold
Bakgat!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 6:00 pm
by Gian_dP
Baie smart! Seker hy gaan jare se plesier uit daai roer kry.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Mon Aug 13, 2018 6:49 pm
by junglejulian
Geno het nou n slim plan.
eintlik is dit sy laaitjie se geweer wat oupa solank gaan oppas.as hy dan eendag groot genoeg is sal hy hom by oupa erf en darem sentiment hê aan die geweer

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 1:07 pm
by Geno
Die oubaas het vandag sy geweer gekry en was baie gelukkig! Hy het gladnie so 'n verassing verwag nie!
Sy bynaam is ook op die loop gesit met 'n laser graveerder.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 1:17 pm
by Malan123
Baie netjies Geno. Daai roer het baie mooi uitgekom en my alweer 'n paar idees gegee...

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 1:48 pm
by ruaanb
respek en welgedaan Geno.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 1:54 pm
by Springkudu
Hou regtig baie van daai Tungsten kleur. Naam op loop ook baie spesiaal. Wel gedaan, dit is lekker as jy die sport met jou pa kan deel.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 3:24 pm
by heywillie
Wel gedaan Geno !!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 4:28 pm
by Swede
Mooi geweer!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Tue Aug 14, 2018 9:26 pm
by Joe13
Baie mooi Geno, dit het wragtig netjies uitgekom, jou skuurmasjien sê jy, hahaha.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Wed Aug 15, 2018 7:42 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:Die oubaas het vandag sy geweer gekry en was baie gelukkig! Hy het gladnie so 'n verassing verwag nie!
Sy bynaam is ook op die loop gesit met 'n laser graveerder.

Baie netjies Geno!