Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Hartlike goeie môre....
Ek en 'n maat het vinnig besluit om 'n Kalahari draai te maak en met sonsopkoms Woensdag was ons bevoorreg om stewig te staan in die unieke rooi sand van die Kalahari. Min dinge lekkerder as koffie in 'n blikbeker wat die hand brand ...dis hierdie tye wat ek net voor my uitstaar en besef hoe bevoorreg ek is, die koffie wat brand is 'n lekker brand. Die skaduwees van die berg verander elke minuut soos wat die son oor die Kameelbome en Witgatte skyf. Ons het na die sinkplaat pad se geskut gekyk of die gewere op kol is en die twee brakkies op die bakkie was net so opgewonde soos ek.
Na so twintig minute se ry met die wind wat effens in ons gesig waai het ons so nege mooi gemsbokke in 'n groepie 'n gekry waar hulle die nag se koue afskut in die oggendson. Hulle was baie rustig en een bul het effens vorentoe gestap gekom om te kyk wat aangaan...hy was op 162m...net mooi die afstand wat ek van hou....die voorkant van sy bors was perfek na my gedraai en ek het geskiet vir die hart, op die swart naat in die middel van die bors...die skoot het geklap en sy neus was met die wegtrek op die grond met die nek lekker ingevou tussen die voorbene. Die kenmerkende stofwolke wat opslaan en die ander gemsbokke wat staan en terug kyk het my gerus gestel en die skoot was mooi net bo deur die hart.
Laat middag het ons weer 'n draai gemaak en 'n enkellopende bul gekry wat baie rustig was aan die voet van die berg...hy was bitter mooi en ek het effe verder as gewoonlik geskiet....die bok was mooi plank dwars en met die geweer lekker stil voor op die skietrak en 'n mieliesakkie onder die kolf het ek besluit om wel die skoot te skiet....die skoot het geklap en die bul het so vinnig soos wat 'n gemsbok kan wegtrek begin koers vat...die skoot het mooi geklap en die bok het verdwyn tussen die Witgatte met lang gras tussen in. Met die spoed wat hy weggetrek het , het ons besluit om die spoor effe vorentoe te probeer optel ......ons kon duidelik sien hy is nie verby waar ons gedink het hy sou gaan nie. Ek het terug gestap in die rigting van waar hy weggetrek het en so 50 meter voor my het ek die kenmerkende punt van die horing bo die gras gesien....die skoot was heelwat te hoog ...ek het effe kwaai opgemik maar beide longe was stukkend en hy het nie verder as 100m gehardloop nie. Darem maar 'n lekker gevoel as mens effe begin twyfel en dan die bok sien lê. Hiers paar fotos.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Fri Aug 17, 2018 10:00 am, edited 1 time in total.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreuk...
....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreuk...
...

- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Ai, pure lekkerte... Die Kalahari is darem spesiaal. Mooi gedaan en geluk.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Lekker man Ben, wat het daardie gemsbok bul uitgeslag?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Kalahari bly darem maar n mooi plek
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
mooi bulle sommer lekker jaloers.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Mooi fotos mooi bulle.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Mooi bokke daai, baie geluk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
As ek moet skat so 112kg karkasjoe rocket wrote:Lekker man Ben, wat het daardie gemsbok bul uitgeslag?
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Baie mooi bokke en fotos. Groot droom om nog in daai rooi sand te gaan jag.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Ben ek seg weer. Maak my jou stiefkind. Ek sal jou mooi help met die jagtery.
Geniet die natuur en dit wat dit vir ons gee.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Jaloers, soos elke keer as Ben skrywe!
Baie mooi gedoen
Baie mooi gedoen
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- .270 Man
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Jo Ben hy is n pratige bul hoeveel uit geslag toe.
Lyk altyd lekker saam met jou en ons bly net om die draai van mekaar.
Sent from my LM-G710 using Tapatalk

.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus

carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Pragtige diere en 'n man wat sy geweer ken al was die tweede skoot effens hoog! Baie geluk!