Woensdag- mid- week Kalahari wegbreek...
Posted: Fri Aug 17, 2018 9:53 am
Hartlike goeie môre....
Ek en 'n maat het vinnig besluit om 'n Kalahari draai te maak en met sonsopkoms Woensdag was ons bevoorreg om stewig te staan in die unieke rooi sand van die Kalahari. Min dinge lekkerder as koffie in 'n blikbeker wat die hand brand ...dis hierdie tye wat ek net voor my uitstaar en besef hoe bevoorreg ek is, die koffie wat brand is 'n lekker brand. Die skaduwees van die berg verander elke minuut soos wat die son oor die Kameelbome en Witgatte skyf. Ons het na die sinkplaat pad se geskut gekyk of die gewere op kol is en die twee brakkies op die bakkie was net so opgewonde soos ek.
Na so twintig minute se ry met die wind wat effens in ons gesig waai het ons so nege mooi gemsbokke in 'n groepie 'n gekry waar hulle die nag se koue afskut in die oggendson. Hulle was baie rustig en een bul het effens vorentoe gestap gekom om te kyk wat aangaan...hy was op 162m...net mooi die afstand wat ek van hou....die voorkant van sy bors was perfek na my gedraai en ek het geskiet vir die hart, op die swart naat in die middel van die bors...die skoot het geklap en sy neus was met die wegtrek op die grond met die nek lekker ingevou tussen die voorbene. Die kenmerkende stofwolke wat opslaan en die ander gemsbokke wat staan en terug kyk het my gerus gestel en die skoot was mooi net bo deur die hart.
Laat middag het ons weer 'n draai gemaak en 'n enkellopende bul gekry wat baie rustig was aan die voet van die berg...hy was bitter mooi en ek het effe verder as gewoonlik geskiet....die bok was mooi plank dwars en met die geweer lekker stil voor op die skietrak en 'n mieliesakkie onder die kolf het ek besluit om wel die skoot te skiet....die skoot het geklap en die bul het so vinnig soos wat 'n gemsbok kan wegtrek begin koers vat...die skoot het mooi geklap en die bok het verdwyn tussen die Witgatte met lang gras tussen in. Met die spoed wat hy weggetrek het , het ons besluit om die spoor effe vorentoe te probeer optel ......ons kon duidelik sien hy is nie verby waar ons gedink het hy sou gaan nie. Ek het terug gestap in die rigting van waar hy weggetrek het en so 50 meter voor my het ek die kenmerkende punt van die horing bo die gras gesien....die skoot was heelwat te hoog ...ek het effe kwaai opgemik maar beide longe was stukkend en hy het nie verder as 100m gehardloop nie. Darem maar 'n lekker gevoel as mens effe begin twyfel en dan die bok sien lê. Hiers paar fotos.
Groetnis