Ford
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Ford
My broer het die ander dag sy spotless 2.2 ford dubbel kajuit met net 70 000km op na die lokale ford agentskap geneem om te hoor wat kan kry op n inruil. Hy het amper n hartaanval gekry oor die waarde vermindering. Net vir my gesê nooit in sy lewe weer die blou ovaal nie.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Ford
Laat hy net verder soek. Ek het op Nelspruit baaaie beter inruil gekry as hier.savage(P Coetzer) wrote:My broer het die ander dag sy spotless 2.2 ford dubbel kajuit met net 70 000km op na die lokale ford agentskap geneem om te hoor wat kan kry op n inruil. Hy het amper n hartaanval gekry oor die waarde vermindering. Net vir my gesê nooit in sy lewe weer die blou ovaal nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Rem
- Sr. Member

- Posts: 418
- Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm
Re: Ford
Wat altyd in ag geneem moet word (en hierdie is by Toyota ook en enige ander voortuig handelaar) is dat inruil probeer die manne altyd so laag as moontlik te skiet sodat hul n groter winsmarge kan maak.
Verkoop liewers privaat of as jy moet, by n vertroulike (soos cape bakkie centre tiepe) 2handse handelaar.
Verkoop liewers privaat of as jy moet, by n vertroulike (soos cape bakkie centre tiepe) 2handse handelaar.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ford
Hulle betaal nie veel meer nie glo my. Dit nou gesien met my Bantam wat ek verkoop het. Rustig gewag tot daar 'n privaat kontant verkoper verby gekom het wat bereid was om bietjie meer te betaal vir 'n voertuig in uitstekende kondisie.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Ford
Kyk, ek is maar 'n Toyota aanhanger en gee die Ford drywers gereeld so bietjie opdraande. Maar ek weet van twee nuwe ford 2.2 DC bakkies hier rondom my wat sommer net uitsny terwyl hy nog ry en dan nie weer wil start nie. Half uur later dan start hy weer. Ek het die voorreg gehad om een die ander dag met my Hilux te sleep...lekker gewees!

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Ford
Ek het n 2.4 hilux en moet bieg dat ford baie veiliger is op n grondpad. Ek het ook die ou shape 3l ford en voel baie veiliger op n grondpad as met die hilux. Albei se banddruk is dieselfde.
Weet nie of daar nog manne is wat dit so ondervind nie?
Die 2.4 hilux trek dam lekker!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Weet nie of daar nog manne is wat dit so ondervind nie?
Die 2.4 hilux trek dam lekker!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Ford
Ek het darem nou al tussen 2 x 2.2 Fords so oor die 160 000km gery in die laaste 4 jaar.Danie01 wrote:Ek het n 2.4 hilux en moet bieg dat ford baie veiliger is op n grondpad. Ek het ook die ou shape 3l ford en voel baie veiliger op n grondpad as met die hilux. Albei se banddruk is dieselfde.
Weet nie of daar nog manne is wat dit so ondervind nie?
Die 2.4 hilux trek dam lekker!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Nou die dag moes ek gou my vriend se 2.8 Hilux SC met OME suspensie ry.
En ek het ook gekoes koes dat ek nie voel of ek gaan omval nie.
Dieselfde stuk pad wat ek 20 keer 'n dag ry het daai hilux my in laat vrees.
En ek het myself ook nou maar vertel ek sal volgende hilux koop...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ford
Manne
Kom ons wees nou maar eerlik en se dat Toyta en grondpaaie het nou maar vir eens nie n goeie verhouding met mekaar nie. Selfs my Land Cruiser 200 VXR se gat is maar bitter los op n stuk sinkplaat. Die enigste Toyota's wat iets werd is op n grondpad is die FJ Cruiser en Prado.
Ek moet ook bieg dat Toyota en Ford ewe veel olie op n grondpad mors. Ford terwyl hy ry en Toyota daar waar hy op sy dak le.
Groetnis
Wouter

- Askari
- Hero Member

- Posts: 727
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Ford
Ek het Februarie 'n nuwe 2.2 DC Ford gekoop. Nog net moeilikheid gehad met hom (elektronies). Die agteras is ook "offset" na regs gemonteer en volgens Ford moet dit so wees. Lyk baie onooglik met die regterwiel wat meer uitstaan buite die bakwerk as die linkerwiel. Wou so twee weke gelede van hom ontslae raak, maar sou te veel geld verloor. Ek sal beslis nooit weer 'n Ford Koop nie!
Gooi lood!!!!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Ford
Ek werk elke dag met suspensies.
die hilux is maar net sterker, waar 'n ford 'n 19 spanner vat, is hilux 'n 24.
waar hilux 'n 15 vat, vat ander 'n 13.
is maar net stewiger as ander ry gied gebou.
praat nie van trimmings, praat van suspensie, daar waar dit saak maak

HOU HOM DAAI DIKTE
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Ford
Ek het in 2012 'n 3.0 Fortuner nuut gekoop as jag-, visvang-, sleep- en gesinsvoertuig. Ten spyte van die slegte reputasie dat die goed sou omslaan, het ek nog nooit enige onstabiliteit, selfs op grondpaaie, ervaar nie. Dalk ry ek net versigtiger vanweë die reputasie wat almal aan die voertuig koppel. Een swaeltjie maak nie 'n somer nie, maar twee weke gelede het die voertuig 'n 240000 km diens gehad. Tot nou was daar hoegenaamd geen probleem van enige aard nie.
'n Vriend van my het 'n klompie 3.2 dubbekajuit Ford bakkies tot sy besigheid se vloot bygevoeg. Al wat ek sal sê is dat hy aangedui het hy sal nooit weer Fords koop nie. Sy platneus Kia bakkies en Toyotas gaan in vir dienste en die Fords vir ernstige herstelwerk. Daardie Fords is vir my vrek mooi. Dit is egter vir my soos 'n grasdakhuis - dit is baie mooi op 'n ander ou se erf.

Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Ford
Julle manne se eerste fout is om nuwe motors te koop. Ek het vier jaar gelede 'n 2007 Subaru Forester vir R110000 gekoop en R8000 betaal vir 'n twee jaar verlengde waarbog. Die kar verkoop tot vandag toe nog vir R110000 en daai verlengde waarborg het een of twee goedjies reggemaak wat gebreek het. En so gepraat van lekker ry op 'n grondpad...
Jy behoort dieselfde tipe ervaring te he as jy 'n 7 jaar oue bakkie gaan koop en hom mooi oppas.
Jy behoort dieselfde tipe ervaring te he as jy 'n 7 jaar oue bakkie gaan koop en hom mooi oppas.
Of so iets
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ford
Kan werk as die spottery van jou vriende jou nie te veel pla nie.Harambe wrote:Julle manne se eerste fout is om nuwe motors te koop. Ek het vier jaar gelede 'n 2007 Subaru Forester vir R110000 gekoop en R8000 betaal vir 'n twee jaar verlengde waarbog. Die kar verkoop tot vandag toe nog vir R110000 en daai verlengde waarborg het een of twee goedjies reggemaak wat gebreek het. En so gepraat van lekker ry op 'n grondpad...
Jy behoort dieselfde tipe ervaring te he as jy 'n 7 jaar oue bakkie gaan koop en hom mooi oppas.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ford
Dus soos om 'n "Pasola" te ry. Lekker as niemand kyk nie. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ford
Ja soos n Pasola en panty, alewig in jou pad as jy haastig is!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ford
Die probleem is dat jy 'n aanloop vat met albei en die "revs" moet opjaag anders dood die spulletjie onder jou.Wouter Roets wrote:Ja soos n Pasola en panty, alewig in jou pad as jy haastig is!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Ford
Wouter Roets wrote:Kan werk as die spottery van jou vriende jou nie te veel pla nie.Harambe wrote:Julle manne se eerste fout is om nuwe motors te koop. Ek het vier jaar gelede 'n 2007 Subaru Forester vir R110000 gekoop en R8000 betaal vir 'n twee jaar verlengde waarbog. Die kar verkoop tot vandag toe nog vir R110000 en daai verlengde waarborg het een of twee goedjies reggemaak wat gebreek het. En so gepraat van lekker ry op 'n grondpad...
Jy behoort dieselfde tipe ervaring te he as jy 'n 7 jaar oue bakkie gaan koop en hom mooi oppas.
Spot of nie, ek het nie 'n maandelikse paaiement nie. Weet jy hoeveel brannewyn kan 'n man met 'n kar paaiement koop?
Of so iets
- .270 Man
- Full Member

- Posts: 230
- Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm
Re: Ford
Waar is die fotos Hein22 sal like om dit te gesien hetHein22 wrote:Kyk, ek is maar 'n Toyota aanhanger en gee die Ford drywers gereeld so bietjie opdraande. Maar ek weet van twee nuwe ford 2.2 DC bakkies hier rondom my wat sommer net uitsny terwyl hy nog ry en dan nie weer wil start nie. Half uur later dan start hy weer. Ek het die voorreg gehad om een die ander dag met my Hilux te sleep...lekker gewees!![]()
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus

carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Ford
Behalwe vir ons Ford handelaar se diens, kan ek glad nie kla oor my 3.2l nie. Het nog nie 'n dag se probleme met hom gehad nie en glo my, ek ry hierdie van. My vrou ry die 2.4 Fortuner. Hy ry lekker, maar ek verkies my bakkie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ford
Boys
Een van ons Ford DC het nou net oor die drie maande gestaan by n handelaar voordat hy verkoop was. Moet darem byse ons het tussen trade en retail vir hom uiteindelik gekry. Maar ja as ek die eerste en die beste cover op hom gevat het destyds sou ons wragtig erg verloor het. Moet ook byse dat finansiering instansies die lewe vir baie mense moeilik maak, daar was n stuk van 12 mense wat in die tyd aansoek gedoen het op die bakkie.
Harambe die geheim in die lewe is om n nuwe kar te ry en soveel whiskey te kan koop as wat jy en jou pelle kan opdrink.
Jy se jy het nie n paaiment nie, maar jy sit seer sekerlik elke maand iets opsy vir wanneer die kar breek sowel as vir die dag wat jy hom moet vervang? Indien wel wat is dit dan anders as n paaiment? Nee wat my maat daar is goed soos gesonde skuld en n huis en kar paaiment val verseker in daai katagorie.
Groetnis
Wouter
Een van ons Ford DC het nou net oor die drie maande gestaan by n handelaar voordat hy verkoop was. Moet darem byse ons het tussen trade en retail vir hom uiteindelik gekry. Maar ja as ek die eerste en die beste cover op hom gevat het destyds sou ons wragtig erg verloor het. Moet ook byse dat finansiering instansies die lewe vir baie mense moeilik maak, daar was n stuk van 12 mense wat in die tyd aansoek gedoen het op die bakkie.
Harambe die geheim in die lewe is om n nuwe kar te ry en soveel whiskey te kan koop as wat jy en jou pelle kan opdrink.
Groetnis
Wouter
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ford
As n man vandag die nuwe 2.8 op n grondpad omgooi moet hy eerder loop want dan kan hy verseker nie bestuur nie.Wouter Roets wrote:Manne
Kom ons wees nou maar eerlik en se dat Toyta en grondpaaie het nou maar vir eens nie n goeie verhouding met mekaar nie. Selfs my Land Cruiser 200 VXR se gat is maar bitter los op n stuk sinkplaat. Die enigste Toyota's wat iets werd is op n grondpad is die FJ Cruiser en Prado.
Ek moet ook bieg dat Toyota en Ford ewe veel olie op n grondpad mors. Ford terwyl hy ry en Toyota daar waar hy op sy dak le.
Groetnis
Wouter
Sent from my iPhone using Tapatalk
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Ford
Eh...?Harambe wrote:...Die kar verkoop tot vandag toe nog vir R110000 ...
Ek het ook 'm 2007 XT en ek dink nie jy gaan daai sien nie, behalwe as hy belaglik spotless is met min km's.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering