Koel Somersdag....
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Koel Somersdag....
Goeie dag...
'n Paar dae gelede was 'n koel dag oppad volgens die weerberig en ek en Myburgh het mekaar met dieselfde gedagte aangekyk toe ons dit hoor. Die maak van padkos en die slyp van messe bly vir ons lekker asof ons dit vir die eerste keer doen. Toe die son opkom was ons reeds op die plaas en toe ons die duin afsak het Myburgh my gesê so op 300m staan 'n afhoring gemsbok, ons het heelwat nader gegaan...die vorige aand het hy vir my gesê ek moet eerste skiet. Die afhoring bul was baie rustig en die skoot se knal en sy val was een. Ek het sommer vinnig nog 'n tweede bok geskiet en ons is terug huis toe om te gaan slag...die bokke se kondisie was besonders...
Ek kon die opgewondenheid in Myburgh se gedrag sien want hyt geweet laatmiddag is dit sy beurt. Ons het paar jong bokke gekry en hyt 'n baie mooi skoot geskiet op die blad...Ons het nou nog een bok gekort en laat die middag het 'n baie mooi bul aan die voet van die berg gestaan...heeltemal rustig . Myburgh het my ingelig daar is fyn takke in die skootvak en ek het besluit om als aan hom oor te laat met die besluit neem van wanneer hy wil skiet. Na omtrent 8 minute se wag en kyk deur die teleskoop het ek sy kenmerkende woorde gehoor : " Sit stil pa , ek gaan skiet". Ek kon nie wag nie en die skoot het geklap en ek kon hoor dit was 'n ordentlike raak skoot. Onmiddelik na die skoot het hy weer oorgehaal, maar hyt my dadelik gesê die bloed spuit so dik soos 'n potlood agter die blad uit. Die ou bul het so paar meter vorentoe geloop , omgekyk en geval. Doodse stilte het geheers en ek het gehoor die slot maak oop. Ek het my beste pel se blad geskut en ons het na die mooi bok gaan kyk. Die berg het ons verdwerg en 'n jakkals in die verte het aangekondig nog 'n dag in die Kalahari is verby.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Wed Oct 10, 2018 11:04 am, edited 2 times in total.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Koel Somersdag....
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Koel Somersdag....
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Koel Somersdag....
Mooi bokke, geluk Ben
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Koel Somersdag....
Ai man dis nou lekkerte. Mooi geskiet en baie geluk met die bokke.Ons moet bymekaar uitkom.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Koel Somersdag....
Lekker manne.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Koel Somersdag....
Mooi fotos, dankie daarvoor. As die veld so mooi lyk kan ek verstaan van vet bokke.
Daardie korthoring bul lyk amper nes 'n bastergemsbok (roan).

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Koel Somersdag....
Baie geluk Myburgh & Kie , dit dam lekker om te sien as 'n pa en sy lity so verhouding het , kan sommer hoor aan die praat daai 2 is soos kettie en klip , domestic servant met pienk crocs !!!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "

-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koel Somersdag....
Ben, moes jy nou eers die gemsbok se horings afskiet?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Koel Somersdag....
Baie mooi Ben.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Koel Somersdag....
mooi manne!
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Koel Somersdag....
Mooi gegooi.
Met n vleisie...
Met n vleisie...
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1182
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Koel Somersdag....
Soos altyd - mooi storie met mooi fotos !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Koel Somersdag....
Daar'sy nou is die Maandag nie meer blou nie! Dankie vir die mooi skryf en fotos.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution